Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/86 bl. 3
  • Doen pligsgetrou herbesoeke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doen pligsgetrou herbesoeke
  • Ons Koninkryksbediening—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WEES POSITIEF
  • Doen jy jou herbesoeke?
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Maak seker dat jy teruggaan
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Tydens herbesoeke
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Herbesoeke lei tot Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1986
km 2/86 bl. 3

Doen pligsgetrou herbesoeke

1 Verlede jaar is 902,702 Bybels, boeke en boekies in Suid-Afrika geplaas. Meer as 3,837,500 eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! is versprei. Hierdie ontsaglike verspreiding van lektuur bring die verantwoordelikheid mee om herbesoeke by belangstellendes te doen om hulle te help om dissipels te word.​—Matt. 28:19.

2 Dit is prysenswaardig dat hierdie verantwoordelikheid baie ernstig opgeneem word. Verlede jaar het ons altesaam 2,220,483 herbesoeke gedoen en gemiddeld 29,060 Bybelstudies elke maand gehou. Jehovah het sy seën bygevoeg en 2,156 is gedoop. Hoe bly is ons tog nie om betrokke te wees by die vervulling van Jehovah se belofte om die werk te bespoedig nie.​—Jes. 60:22, vgl. NW.

3 Sommige doen moontlik nie gereeld herbesoeke nie. Ander hou nog nie ’n tuisbybelstudie nie. Doen jy dit as jou gesondheid en omstandighede dit toelaat? Indien nie, sal jy nie graag jou bediening verder as die aanvanklike plaas van lektuur van huis tot huis wil uitbrei nie? Hoe kan jy daarna streef om doeltreffende herbesoeke te doen en Bybelstudies te hou?

WEES POSITIEF

4 Eerstens moet jy ’n positiewe gesindheid aankweek en vertrou dat Jehovah jou pogings sal seën. Heel waarskynlik het jy die waarheid geleer omdat iemand jou aanvanklike belangstelling gevoed het en ’n Bybelstudie met jou gehou het. Dit is net natuurlik om jou waardering te toon vir wat jy ontvang het deur iemand anders op soortgelyke wyse te help.​—Openb. 22:17.

5 Daar is natuurlik probleme wat oorkom moet word. Dit verg moontlik groter inspanning om reëlings met ander te tref om saans herbesoeke te doen wanneer jy heel waarskynlik meer mense tuis sal vind. Sterk godsdiensvooroordeel moet dalk afgebreek word. Jy vind miskien mense wat ons lektuur geniet maar huiwer om te studeer weens teenkanting of bespotting. As jy in ’n gevaarlike gebied woon, moet jy ekstra versigtig wees. Jy moet dalk mense se vrees vir vreemdelinge te bowe kom. Hierdie uitdagings kan oorkom word. Ander wat al suksesvol was, kan jou help om dit met welslae te bowe te kom.

6 Moenie toelaat dat huiwerigheid om verantwoordelikheid te aanvaar of ’n gevoel van onbekwaamheid jou daarvan weerhou om herbesoeke te doen en Bybelstudies te hou nie. Vertrou op Jehovah en bid om sy gees om jou te help. Hou ’n goeie huis-tot-huisverslag van alle lektuur wat versprei word en ander belangstelling. Gaan gou terug. Leer om die Genootskap se publikasies te gebruik om Bybelvrae te beantwoord. Vra ervare verkondigers om jou te help.

7 Namate jy getrou herbesoeke by belangstellendes doen en Bybelstudies hou, sal jou vreugde toeneem. Party wat jy help, sal moontlik gedurende die 1986-diensjaar as nuwe dissipels getel word en jou “aanbevelingsbrief” in die bediening word.​—2 Kor. 3:1-3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel