Hou aan om ouer publikasies aan te bied
1 Dit is altyd aangenaam om dinge te onthou wat ons vreugde verskaf en tot voordeel gestrek het. Hoeveel te meer is dit die geval as ons terugdink aan ’n nuwe publikasie wat ons by ’n byeenkoms ontvang het, aangesien ons weet dat dit spesifiek voorsien is om ons geestelikheid te vergroot!—2 Pet. 3:1, 2.
2 Die huidige dienskampanje, waartydens ons die uitsonderlike sakformaatboeke van vorige jare aanbied, het talle van ons aan die waarde van hierdie publikasies herinner. Verkondigers en belangstellendes wat nog nie hierdie boeke gelees het nie, sal sekerlik hulle eie eksemplare wil kry. Ons kan daarvan seker wees dat as ons hierdie ouer publikasies by die mense in ons gebied laat, dit grootliks sal help om verdere belangstelling in die Koninkryksboodskap aan te wakker.
OUER BOEKE WAT ONS KAN GEBRUIK
3 Baie van ons was bly om in 1974 die boek Is hierdie lewe al wat daar is? te ontvang. Hoe goed was dit tog om uiteensettings te sien van onderwerpe soos die siel, die ryk man en Lasarus, die vuur van Gehenna en die vooruitsig dat miljarde mense uit die dood opgewek gaan word! Dit was inderdaad ’n waardevolle toevoeging tot ons teokratiese biblioteek.
4 ’n Ander interessante publikasie was die boek Is die Bybel werklik die Woord van God?, wat in 1969 by die “Vrede op Aarde”-Streekbyeenkomste uitgereik is. Dit lewer meesterlik bewys dat die Bybel inderdaad God se Woord is. Ons is steeds bly om hierdie boek te gebruik om ander te help om sulke geloof te hê.
BY ELKE GELEENTHEID
5 Aangesien ons hierdie publikasies as ’n belangrike deel van ons eie teokratiese biblioteek beskou, moet ons ’n spesiale poging aanwend om voort te gaan om hulle gedurende Februarie in die veld aan te bied. As ons Is hierdie lewe al wat daar is? aanbied, kan ons sê: “Wat dink u hou die toekoms in, noudat mense oral met so baie probleme te kampe het? [Laat huisbewoner antwoord.] Daar is ’n oplossing waarop ons kan reken.” Dan kan jy die tekste in die jongste ‘Onderwerp vir gesprekke’ lees en na gedagtes in ’n gepaste hoofstuk, soos hoofstuk 15,16,17 of 18, verwys. Die boek kan teen Rl,80 aangebied word.
6 Jy gaan moontlik die Woord van God-boek aanbied. Indien wel, kan jy gerus die grondige redes vir Bybelondersoek op bladsy 6 bespreek. Hoofstuk 7 bevat ook uitstekende informasie wat ons kan gebruik om die boek aan te bied. Die voorbeelde op bladsye 83 en 84 kan die huisbewoner help om te sien dat die Bybel konsekwent is. Ja, hierdie publikasies gee ’n mens goeie rede om te glo dat die Bybel werklik die Woord van God is.
7 Jy sal moontlik gedurende Februarie twee of meer van die sakformaatboeke saam wil aanbied. Hou jou aanbieding positief.
8 Bid dat Jehovah jou pogings sal seën om ander te help om voordeel te trek uit die uitstekende informasie in die boeke wat ons in Februarie sal aanbied.