Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/97 bl. 9
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Teokratiese Bedieningskoolbiblioteek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Hoe kan ons baat vind by die Koninkryksaal se biblioteek?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Hoe om ’n teokratiese biblioteek in te rig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Maak goeie gebruik van ons ouer publikasies
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 4/97 bl. 9

Vraebus

◼ Watter publikasies moet in die Teokratiese Bedieningskool-biblioteek gesit word?

’n Oorvloed geestelike publikasies is tot die voordeel van God se volk voorsien. Aangesien baie verkondigers nie self al hierdie publikasies besit nie, maak die Teokratiese Bedieningskool-biblioteek by die Koninkryksaal dit moontlik om navorsing in publikasies te doen wat dalk nie andersins beskikbaar sou wees nie. Dit moet dus goed toegerus wees met ’n verskeidenheid Bybelvertalings, die nuutste publikasies van die Genootskap, eksemplare van Ons Koninkryksbediening, bundels van Die Wagtoring en Ontwaak! en die Watch Tower Publications Indexes. Daarbenewens behoort daar ’n goeie moderne woordeboek te wees. Indien beskikbaar, kan ensiklopedieë, atlasse of naslaanwerke oor grammatika en geskiedenis nuttig wees. Ons moet egter hoofsaaklik aandag gee aan die publikasies wat deur “die getroue en verstandige slaaf” voorsien word.—Matt. 24:45.

Daar word berig dat boeke van ’n twyfelagtige aard in sommige gevalle in die Teokratiese Bedieningskool-biblioteek gesit is. Dit sal nie gepas wees om fiksieboeke, Bybelkommentare wat hoër kritiek beklemtoon of boeke oor filosofie of spiritisme in te sluit nie. Die Teokratiese Bedieningskool-biblioteek moet slegs materiaal insluit wat diegene wat dit gebruik in staat sal stel om volgehoue geestelike vooruitgang te maak.—1 Tim. 4:15.

Die skoolopsiener is vir die biblioteek verantwoordelik, hoewel ’n ander broer toegewys kan word om hom te help om daarna om te sien. Hy moet toesien dat die biblioteek op datum gehou word, met nuwe publikasies wat bygevoeg word sodra hulle beskikbaar word. Elke boek moet duidelik op die binneblad gemerk word met die naam van die gemeente waaraan dit behoort. Die boeke moet jaarliks nagegaan word om te sien of enige herstel of vervang moet word.

Almal kan saamwerk om na die biblioteek om te sien. Die boeke moet versigtig hanteer en gebruik word. Kinders moenie toegelaat word om daarmee te speel nie en niemand moet daarin skryf of onderstreep nie. ’n Netjiese teken kan opgesit word om die broers daaraan te herinner dat die boeke nie uit die Koninkryksaal geneem moet word nie.

Met nuwe gemeentes wat voortdurend gestig word, sal talle biblioteke waarskynlik nie baie groot wees nie. Party verkondigers wat ons ouer publikasies besit, kan oorweeg om dit aan die gemeente te skenk. Die ouer manne sal dalk die Genootskap se herdrukke van die Watchtower-bundels wil bestel. Op hierdie maniere sal die Teokratiese Bedieningskool-biblioteek baie nuttig wees om almal te help om die verborge skatte van God se Woord te ontdek, wat kennis, wysheid en begrip gee.—Spr. 2:4-6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel