Maak goeie gebruik van ons ouer publikasies
Baie gemeentes het ’n voorraad ouer publikasies opgebou. Kry gerus eksemplare vir jou persoonlike teokratiese biblioteek. Jy het waarskynlik reeds toegang tot die inhoud van party van hierdie ouer publikasies op Watchtower Library. Maar dit is ook nuttig om die publikasie self te hê. Studeer jy met ’n progressiewe Bybelstudent? Spoor hom dan aan om hierdie ouer publikasies te verkry en sy persoonlike biblioteek te begin opbou. Die opsiener van die Teokratiese Bedieningskool moet seker maak dat die Koninkryksaal se biblioteek enige ouer publikasies bevat wat die gemeente in voorraad het. Hierdie publikasies is nog steeds waardevol. Dit is beter dat ons dit gebruik as dat ons dit by die gemeente se lektuurtoonbank los!