Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/87 bl. 8
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Voortdurende vermeerdering vereis die vereenvoudiging van prosedures
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Aanpassing in die uurvereistes vir pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Het die deur tot die pionierdiens nou vir jou oopgegaan?
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 7/87 bl. 8

Vraebus

• Hoe word die uurvereiste vasgestel vir iemand wat die pionierdiens na die begin van die diensjaar betree?

Gewone pioniers moet aan die vereiste van 1 000 uur voldoen wanneer hulle ’n hele diensjaar dien, wat op 1 September begin en op 31 Augustus eindig. Pioniers wat na die begin van die diensjaar begin, moet voldoen aan ’n uurvereiste ooreenkomstig die aantal maande wat in daardie diensjaar oor is. Iemand wat byvoorbeeld op 1 Maart as gewone pionier begin, sal teen die einde van die diensjaar op 31 Augustus ses maande pionierdiens gedoen het en moet ’n minimum van 500 uur gerapporteer het.

Ons spoor pioniers kragtig aan om daarna te streef om elke maand 90 uur te rapporteer, ongeag wanneer hulle begin. As ’n pionier beplan om elke maand 90 uur aan die veldbediening te bestee, behoort hy kring- en streekbyeenkomste te kan bywoon asook vakansie te neem sonder om ver agter te raak in sy jaarlikse uurvereiste. As hy by ’n rooster van 90 uur per maand hou, sal hy nie onder druk verkeer om ’n groot agterstand in ure in te haal namate die einde van die diensjaar nader kom nie.

Die omstandighede van party pioniers, soos die wat seisoenwerk doen, kan vereis dat hulle die manier waarop hulle aan die jaarlikse uurvereiste voldoen, wysig. Maar elke pionier moet by ’n rooster hou wat hom in staat sal stel om teen die einde van die diensjaar aan die uurvereiste te voldoen, hetsy dit 1 000 uur vir die hele diensjaar is of daardie deel van 1 000 uur wat ooreenkom met die aantal maande wat hy gedurende die diensjaar as pionier gedien het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel