Blood-boekie gaan bestudeer word
1 Die Engelse boekie Jehovah’s Witnesses and the Question of Blood sal vanaf 26 Junie tot 7 Augustus 1988 by die Gemeentelike Boekstudie bespreek word. Studievrae in Engels wat gebruik moet word, verskyn in hierdie maand se byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening.
2 Hierdie boekie, wat vir die eerste keer in 1977 gedruk is, bevat inligting wat uiters belangrik is vir Jehovah se Getuies sowel as vir ander wat graag wil ag slaan op wat God se Woord oor die heiligheid van bloed sê. Talle nuwelinge in die gemeente wat hierdie inligting moontlik nie voorheen bestudeer het nie, sal dit besonder nuttig vind as die Blood-boekie nou weer bespreek word. Dit sal almal help om beter toegerus te wees om enige noodsituasie te hanteer wat as ’n uitdaging vir ons Skriftuurlike standpunt oor die voortdurende bloedoortappingkwessie kan opduik.
3 Julle gemeente het heel waarskynlik genoeg boekies in voorraad dat elkeen wat die studie bywoon ’n eksemplaar sal kan bekom. Indien nie, moet die diensopsiener onmiddellik probeer om ekstra eksemplare van nabygeleë gemeentes te kry of saam met die ander lektuur van die Genootskap te bestel. Baie gemeentes het ’n groot voorraad van die Blood-boekie, en dit kan na ander gemeentes in die gebied oorgedra word deur die vorm vir die oordrag van lektuur (S-19) te gebruik. Kringopsieners is moontlik in ’n posisie om die broers in hierdie opsig te help. Moet asseblief nie meer bestel as wat julle vir die beplande boekstudies nodig het nie.
4 Alle verkondigers word aangemoedig om goed voor te berei en elke week vir die bespreking van hierdie belangrike inligting teenwoordig te wees. Maak seker dat nuwe belangstellendes genooi word om dit ook by te woon, en reël dat hulle hul eie eksemplaar van die Blood-boekie vir hierdie bespreking het.