Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/88 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ons baat vind by die Koninkryksaal se biblioteek?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Hoe om ’n teokratiese biblioteek in te rig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die Teokratiese Bedieningskoolbiblioteek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Nuwe reëling vir Koninkryksaalbiblioteke
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 5/88 bl. 3

Vraebus

• Waarom moet jy ’n persoonlike biblioteek aanskaf?

Een grondliggende rede is dat persoonlike studie belangrik vir Jehovah se Getuies is (Joh. 17:3). Dit is gerieflik om ’n biblioteek by die huis te hê sodat jy navorsing kan doen, vrae kan beantwoord en vir Christenvergaderinge kan voorberei. Ons moet die waarde van maklike toegang tot betroubare Skriftuurlike informasie nie gering ag nie.

Nog ’n rede om ’n tuisbiblioteek te hê, hou verband met die feit dat elke Christen ‘sy eie pak van verantwoordelikheid moet dra’ (Gal. 6:5). Wanneer vrae ontstaan, is dit ’n goeie gewoonte om eers ons eie navorsing te doen en dan eers, indien nodig, ander te vra. Ons kan ons onderskeidingsvermoë en begrip ontwikkel deur ywerige studente van God se Woord te wees en ’n tuisbiblioteek goed te gebruik.​—Hebr. 5:11-14, vgl. NW.

Sommige kinders is deur hulle ouers gehelp om hulle eie persoonlike biblioteek aan te skaf, met die oog op huidige sowel as toekomstige behoeftes. ’n Goeie persoonlike biblioteek is ongetwyfeld ’n waardevolle besitting in ’n Christenhuis.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel