Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/03 bl. 3
  • Nuwe reëling vir Koninkryksaalbiblioteke

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe reëling vir Koninkryksaalbiblioteke
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan ons baat vind by die Koninkryksaal se biblioteek?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Die Teokratiese Bedieningskoolbiblioteek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Biblioteke—Poorte na kennis
    Ontwaak!—2005
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 4/03 bl. 3

Nuwe reëling vir Koninkryksaalbiblioteke

Gemeentes regoor die wêreld vind al jare lank baat by die gebruik van hulle Koninkryksaalbiblioteek, wat voorheen die Teokratiese Bedieningskool-biblioteek genoem is. In die verlede moes elke gemeente sy eie biblioteek hê. Maar met soveel Koninkryksale wat nou deur meer as een gemeente gebruik word, waarvan party anderstalige gemeentes is, sal dit moontlik die beste wees om in elke Koninkryksaal ’n goed toegeruste biblioteek vir elke taalgroep te hê, waarby die jongste publikasies gereeld gevoeg word. In Koninkryksale waar daar meer as een saal is, moet elke saal ’n biblioteek vir elke taalgroep hê wat daar vergader.

Hierdie reëling behoort te help om plek en koste te bespaar. Daarbenewens sal die samesmelting van twee of meer gemeentes se biblioteke heel waarskynlik ’n beter toegeruste biblioteek tot gevolg hê. Ná die samesmelting kan ekstra boeke gebêre en later gebruik word wanneer nuwe Koninkryksale gebou word. As die Koninkryksaal ’n rekenaar met Watchtower Library op CD-ROM het, sal party dit moontlik baie handig vind.

Elke Koninkryksaalbiblioteek moet een broer hê wat daaroor toesig hou, verkieslik een van die Teokratiese Bedieningskool-opsieners. Hy moet gereeld gepaste publikasies by die versameling voeg en die binneblad van elkeen netjies merk om te toon dat dit aan die Koninkryksaalbiblioteek behoort. Ten minste een keer per jaar moet hy kyk of die biblioteek volledig is en seker maak dat die publikasies in ’n goeie toestand is. Die publikasies in hierdie biblioteke mag nie uit die Koninkryksaal geneem word nie.

Die Koninkryksaalbiblioteek is steeds ’n voorsiening wat almal in die gemeente baie waardeer. Mag ons toon dat ons dit persoonlik waardeer deur goed daarna te kyk en dit te gebruik om “die kennis van God” te vind.—Spr. 2:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel