Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/88 bl. 1-2
  • Gee blymoedig as ’n pionier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gee blymoedig as ’n pionier
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT JY KAN DOEN
  • ONTWIKKEL ’N GOEIE ROETINE
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Kan jy hulppionierdiens doen?
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 6/88 bl. 1-2

Gee blymoedig as ’n pionier

1 “God het ’n blymoedige gewer lief” (2 Kor. 9:7). Die apostel Paulus het Jehovah se milddadigheid waardeer en het dit in sy toegewyde diens onder die Thessalonicense weerspieël. Hy het gevolglik later aan hulle geskryf: “Dit [was] ons aangenaam om aan julle ... die evangelie van God mee te deel.”​—1 Thess. 2:8.

2 Is dit hoe ons daaroor voel om hierdie geestelike skat met ander te deel? Dan kan ons dit gerus ernstig oorweeg om as ’n hulppionier te dien en om dalk in September die gewone pionierdiens te betree.

WAT JY KAN DOEN

3 Dit is onwaarskynlik dat jy as hulp- of gewone pionier sal dien as jy dit aan die toeval oorlaat. Positiewe inspanning wat uit ’n regte hartsbeweegrede spruit, sal Jehovah se seën meebring. Nader Jehovah in gebed oor die saak. Maak jou hartsbegeerte aan hom bekend (1 Joh. 5:14; 2 Thess. 3:1). Oorweeg jou omstandighede eerlik om te sien waar jy aanpassings kan maak sodat jy aan die vereistes kan voldoen. Al wat dalk nodig is vir jou om by die pionierrooster te hou, is om ’n bietjie vroeër in die oggend op te staan om saam met ander pioniers in die velddiens te werk. Of miskien sal aandgetuieniswerk jou help om dit reg te kry.

4 Jy sal dalk nuttige wenke kry as jy openhartig met ander pioniers, die diensopsiener of jou Gemeentelike Boekstudiehouer praat (Spr. 15: 22; 16:3). Gesinslede kan ons ook aanmoedig, veral as hulle mede-aanbidders is. Talle hulp- en gewone pioniers wat na gesinsverpligtinge omsien, het gevind dat hulle gesinslede hulle bystaan en verheug is oor die beter geestelike atmosfeer in die huis wanneer ’n gesinslid in die pionierdiens is.

ONTWIKKEL ’N GOEIE ROETINE

5 Dit is baie belangrik dat jy leer om volgens ’n rooster te werk. Selfs wat materiële gawes betref, het Paulus die broers in Korinthe aangeraai om ’n patroon van gereeldheid te volg om te verseker dat hulle hulle goeie voornemens uitvoer (1 Kor. 16:2). Dit is selfs van groter belang dat ons streng bly by ’n goed deurdagte roetine om aan die dringende predikingswerk deel te neem. Selftug, inisiatief en vasbeslotenheid is noodsaaklik. ​—1 Kor. 9:23, 25, 27.

6 Wees realisties in jou benadering tot die hulp- en gewone pionierdiens. Jy sal nie algeheel ideale omstandighede in hierdie ou stelsel vind nie. Jesus het gesê dat diegene wat die Koninkryk eerste stel verdrukkinge saam met beloofde vreugdes en seëninge nou, en “in die eeu wat kom, die ewige lewe” kan verwag (Mark. 10:29, 30; Hand. 14:22). Dit is dus goed om die geloof en voorbeeld na te volg van die talle wat ondanks swak gesondheid, beperkte fondse of ander ernstige struikelblokke pioniers is. Hulle sorg dat hulle niks in hierdie ou stelsel die belangrike ding in hulle lewe maak nie (1 Kor. 7: 29-31). Soos sommige pioniers dit stel, het hulle net geleer om ‘met hulle probleme saam te leef’ ten einde te kan pionier.​—Vergelyk 2 Korinthiërs 12:7-10.

7 Almal wat vrywillig uit ’n goeie hart volgens hulle persoonlike omstandighede gee, word inderdaad deur Jehovah gelukkig verklaar (Jes. 65:14). Hulle maai oorvloedig ten opsigte van innerlike vrede en tevredenheid, asook groter welslae deur mense te help om hulle aan Jehovah se kant te skaar. Jy kan sulke seëninge en talle ander geniet as jy die uitnodiging aanvaar om blymoedig as ’n hulp- of gewone pionier te gee.​—2 Kor. 9:6; Spr. 11:25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel