Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 6 JUNIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Doen aan die hand hoe jongste tydskrifte gepas aangebied kan word en moedig alle verkondigers aan om op tweede Saterdag in Junie aan tydskrifwerk deel te neem.
15 min: “Verkondig die goeie nuus van huis tot huis.” Vrae en antwoorde. Illustreer punt wat in paragraaf 3 gestel word deur ’n kort, voorbereide plaaslike ondervinding. Laat een of twee voorbereide verkondigers na paragraaf 4 vertel hoe hulle persoonlik baat gevind het by deelname aan die huis-tot-huisbediening. Wanneer paragraaf 7 bespreek word, kan gewone pionier kortliks demonstreer hoe om aanbod by besige huisbewoner te maak.
20 min: “Doen die noodsaaklike dinge om God te behaag.” Vraag-en-antwoorddekking. Beklemtoon kortliks voorskrifte uit brief van 15 Desember 1987 aan alle gemeentes wanneer paragraaf 2 bespreek word.
Lied 20 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 13 JUNIE
12 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Rekeningverslag. Spreek waardering uit vir geldelike ondersteuning wat gemeente gee. Sluit Genootskap se erkenning van enige bydraes wat deur gemeente gestuur is in. Hersien gemeente se reëlings vir ontoegekende gebied, waar van toepassing. Gebruik gedagtes uit byvoegsel tot brief van 1 Mei 1988. Spoor heelhartige ondersteuning van kampanje aan.
18 min: “Gee blymoedig as ’n pionier.” Vrae en antwoorde. Gebruik laaste vyf minute om onderhoud te voer met verkondigers wat gedurende hierdie maand of volgende maand hulppionierdiens begin doen. Of voer onderhoud met gewone pionier wat as hulppionier begin het. Wat het hierdie verkondigers gehelp om die pionierdiens te betree?
15 min: Maak gesellighede geestelik opbouend. Toespraak deur presiderende opsiener, gebaseer op materiaal in Ons bediening-boek, bladsye 135 en 136. (Kyk Ontwaak! van 8 November 1986, bladsye 10-12, vir bykomende gedagtes.)
Lied 192 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 20 JUNIE
12 min: Plaaslike aankondigings. Twee of drie kort demonstrasies van gepaste tydskrifaanbiedings vir hierdie Saterdag. Vra gehoor om bykomende gesprekspunte as tyd toelaat.
15 min: Plaaslike behoeftes. As daar geen spesifieke behoefte is nie, kan presiderende opsiener of diensopsiener bemoedigende verslag gee en praat oor vooruitgang van plaaslike bediening. Sluit kommentaar in oor dekking van gebied, gemiddelde ure, studies wat gehou word en nuwe studies wat begin is, aantal wat tot dusver gedurende diensjaar pionierdiens gedoen het, en so meer. Prys broers vir goeie werk wat gedoen word.
18 min: “Jesus se lewe en bediening.” Geesdriftige toespraak met voorbeelde van maniere om hierdie reeks artikels in Die Wagtoring te gebruik. Gebruik ouers hierdie artikels om kinders te help groei in liefde vir Jesus en waardering vir wat hy vir die mens gedoen het? Volwassenes vind ook by bespreking van hierdie artikels baat. As tyd toelaat, kan gekose ondervindings oor gebruik van hierdie artikels vertel word.
Lied 21 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 27 JUNIE
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Spoor verkondigers aan om op eerste Sondag in Julie aan die velddiens deel te neem. Vertel ondervindinge wat vooraf gekies is wat die verspreiding van Oorlewing- en Geluk-boeke van huis tot huis beklemtoon.
20 min: “Bied die goeie nuus aan—Met die Redenering-boek.” Gehoorbespreking. Vleg kort plaaslike ondervindinge in om wenke vir gebruik van Redenering-boek toe te lig. As tyd toelaat, kan verkondigers kommentaar lewer oor hoe hulle hul bediening verbeter het deur die Redenering-boek. in die velddiens te gebruik.
15 min: “Jongmense vra ...” Ouere man lei ’n bespreking deur ’n paar voorbeeldige jong verkondigers oor waarde van hierdie artikels in Ontwaak! Kan kommentare insluit oor hoe hulle persoonlik daarby baat gevind het of hoe hulle hierdie artikels gebruik het om ander te help.
Lied 121 en slotgebed.