Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/88 bl. 1-2
  • Die voordele van gehoorsaamheid aan goddelike onderrig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die voordele van gehoorsaamheid aan goddelike onderrig
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Program vir die spesiale byeenkomsdag vir 2010
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • “Voedsel op die regte tyd”
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 8/88 bl. 1-2

Die voordele van gehoorsaamheid aan goddelike onderrig

1 Hoe meer ons die dwaasheid van ongehoorsame mense waarneem, hoe meer kan ons besef hoe voordelig dit is om aan goddelike onderrig gehoorsaam te wees. Die wêreld se filosofie van doen-wat-jy-wil het talle aanhangers daarvan onnodig laat ly. Jesus Christus het egter vir Christene die voorbeeld gestel. Die Bybel toon dat hy altyd aan sy Vader gehoorsaam was, en hy is ryklik beloon vir hierdie getroue handelwyse.​—Joh. 8:29; Hebr. 5:8; Filip. 2:7-11.

2 “Die voordele van gehoorsaamheid aan goddelike onderrig” is die tema van die program vir die spesiale byeenkomsdag wat in September sal begin. Praktiese wenke en tydige raad sal aangebied word om ons in verskeie aspekte van die Christelike leefwyse te help. Byvoorbeeld: Hoe kan ouers hulle kinders help om ’n stewige greep op die waarheid te kry en dit hulle eie te maak? Hoe kan elke gesinslid sy vreugde in sy diens aan Jehovah vermeerder? Wat kan elke lid van die gemeente doen wat hom as individu en die organisasie as ’n geheel tot voordeel sal strek? Dit is ’n paar van die dinge wat op die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag bespreek sal word.

3 Daar sal aandag gegee word aan die belangrikheid daarvan om goddelike onderrig te volg wanneer ons voor toetse van Christelike gehoorsaamheid te staan kom ten opsigte van ons werkgewers en wanneer ons met die hoër owerhede te doen kry. Omdat ons deur ’n wettelose gemeenskap omring word, moet Christene versigtig wees om die Skriftuurlike beskouing teenoor sulke owerhede te handhaaf en verkeerde gesindhede wat vandag in die wêreld heers te vermy.

4 Die programrooster is ’n bietjie gewysig. Gedurende die 1989-diensjaar sal die Wagtoring,-opsomming op die program aangebied word, hetsy dit op Saterdag of Sondag gehou word. Dit beteken dat gemeentes wat hulle spesiale byeenkomsdag op Saterdag het nie ’n Wagtoring-studie of openbare vergadering vir die volgende dag sal reël nie. Die ouere manne sal in plaas daarvan omvattende groepgetuieniswerk kan reël.

5 Ons het betuigings van waardering gehoor oor hoe nuttig die eerste spesiale byeenkomsdag was. Talle is aangemoedig en versterk deur die heilsame geestelike onderrig oor persoonlike Bybelstudie en die informasie oor die vooruitgang van die organisasie.

6 Die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 1989-diensjaar sal ongetwyfeld ook van groot nut vir ons wees namate ons daarna streef om ons Voorbeeld, Jesus Christus, na te volg. Moet geen deel daarvan mis nie. Mag ons almal voortgaan om die voordele van gehoorsaamheid aan goddelike onderrig te geniet.​—Hebr. 10:23-25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel