Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/88 bl. 1-12
  • Hou progressiewe Bybelstudies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou progressiewe Bybelstudies
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BEËINDIG ONVRUGBARE STUDIES
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel een
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Hoe die gemeente Bybelstudente kan help om tot doop te vorder
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Hoe om dissipels te maak met die Kennis-boek
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 10/88 bl. 1-12

Hou progressiewe Bybelstudies

1 Dit verg oorleg en goeie beplanning om Bybelstudente progressief te rig om dissipels te word. Studies moet met ’n duidelike doel voor oë begin en gehou word—om die student te help om ’n produktiewe dissipel van Christus Jesus te word (Matt. 13:23). Leer hulle dus om alles te onderhou wat Jesus beveel het (Matt. 28:19). Help die student om te verstaan dat die studie weekliks gehou sal word om hom te help om ’n fundamentele kennis van God se Woord te kry. Wys hom ook vriendelik daarop dat dit dringend is dat hy daadwerklike vooruitgang maak deur toe te pas wat hy leer (Spr. 22:17, vgl. NW; Filip. 3:16, NW). Maar op watter spesifieke gebiede moet vooruitgang gesien kan word?

2 Die verkondiger moet van tyd tot tyd nadink oor die vooruitgang wat die Bybelstudent maak. Vra jou af: Berei hy vir sy les voor, en slaan hy teksverwysings na wat nie aangehaal word nie? (Hand. 17:11; 1 Thess. 2: 13). Gee hy sy antwoorde in sy eie woorde, en weerspieël dit hartgrondige waardering vir die Bybelwaarhede wat hy leer? (Spr. 2:1-6). Sal dit gepas wees om hom aan te moedig om ook God se Woord en die Genootskap se publikasies te lees? Teken hy in op Ontwaak! en Die Wagtoring? Het hy in so ’n mate gevorder dat hy die dagteksvoorsiening sal waardeer?

3 Toon hy deur sy spraak, gesindheid en gedrag dat hy die Bybel se standaarde van sedelikheid aanneem? (1  Kor. 6:9, 10). Bring hy veranderings in sy persoonlikheid aan? (Ef. 4: 22-24). Beweeg hartswaardering vir Bybelwaarhede hom om informeel met familie, werkmaats of bure te praat oor die dinge wat hy leer? (Luk. 6:45). Woon hy gemeentelike vergaderinge gereeld by as hy fisies in staat is om dit te doen en sy omstandighede dit toelaat? (Hebr. 10:23-25). Oorweging van die student se vooruitgang op hierdie gebiede sal help om vas te stel in watter mate hy ‘die ingeplante woord met sagmoedigheid ontvang’.​—Jak. 1:21.

BEËINDIG ONVRUGBARE STUDIES

4 As ’n student nie betekenisvolle vooruitgang maak nadat jy hom geduldig oor ’n redelike tydperk gehelphet nie, is dit dalk die beste om die tyd beter te benut deur na verdienstelike persone te soek (Matt. 10:11-13). Dit is moontlik verstandig om, na gelang van die omstandighede, die studie te beëindig. Prys die huisbewoner opreg vir die vooruitgang wat hy gemaak het. Wys hom egter daarop dat ’n mens Bybelwaarhede moet toepas nadat jy dit geleer het. Jy kan Jesus se gelykenis van die saaier gebruik en elk van die vier soorte grond bespreek en dan toon hoe hierdie gelykenis beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om positief op die Koninkryksboodskap te reageer. Dit kan die student help om te besef wat hom verhinder het om bestendige vooruitgang te maak. Jy het moontlik die geleentheid om jou persoonlike waarnemings aan hom te meld. Wees vriendelik, maar reguit en duidelik (1  Kor. 14:8,  9). Laat hom verstaan dat die studie hervat kan word wanneer hy die nodige aanpassings gemaak het. Intussen sal jy hom van tyd tot tyd besoek om hom aan te moedig. ​—Kyk Koninkryksbediening vir Maart  1970, bladsy  4.

5 Wanneer ons mense in die gebied teëkom wat voorheen gestudeer het, is dit verstandig om uit te vind hoe lank en met wie hulle gestudeer het. Waarom het hulle opgehou? As jy die persoon ken wat voorheen die studie gehou het, sal dit goed wees om die saak met hom en die diensopsiener te bespreek voordat die studie hervat word. Daar is waarskynlik faktore waarvan jy nie bewus is nie. Sommige persone het oor die jare heen met verskeie verkondigers gestudeer sonder om ooit werklik vooruitgang te maak. Ons moet tyd bestee aan diegene wat opregte belangstelling in die waarheid toon.

6 Wanneer jy ’n Bybelstudie beëindig of een hervat wat voorheen gestaak is, kan jy dalk met die huisbewoner die goeie materiaal bespreek in die artikel “Daar is nog tyd om na ‘Jehovah terug te keer’”, op bladsye 406-408 van Die Wagtoring van 1  September 1976. Namate ons ons vermoëns verbeter om progressiewe Bybelstudies te hou, kan tallose ander nog gehelp word om die waarheid te leer, te aanvaar en na te leef. Dit kan daartoe lei dat hulle ’n goedgekeurde verhouding met Jehovah God en, uiteindelik, die ewige lewe verkry.​—Filip. 4:9; Joh. 17:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel