Beplan vooruit vir September
1 In afwagting van die begin van die nuwe diensjaar in September is dit goed dat almal wat in Koninkryksdiens belangstel in oënskou neem wat ons tot nou toe verrig het en wat ons graag in die volgende jaar wil doen. Soos die apostel Paulus gesê het: “Laat ons ... in die mate waarin ons vordering gemaak het, voortgaan om in dieselfde roetine ordelik te wandel.”—Filip. 3:16, NW.
2 Benut gerus die eerste naweek in September om saam met die pioniers in julle gemeente te werk, en maak ’n goeie begin met die diens vir die nuwe diensjaar. Sommige jongmense het dit hulle doelwit gemaak om vir meer van hulle medeskoliere te getuig en om ’n Bybelstudie te probeer begin. Of kan dit vir die van julle wat ouers is en wie se kinders gedurende September vakansie het ’n goeie maand wees om weer hulppionierdiens te geniet? Julle sal ook ’n ekstra Saterdag in die maand hê om julle te help om die vereistes na te kom.
3 Vir jong verkondigers bring skool huiswerk mee. Sal jy tyd reël vir teokratiese studie asook vir jou huiswerk? Dit sal jou help om aan die vereistes te voldoen vir ’n loopbaan in voltydse diens en om op die weg na die lewe te bly (Jes. 30:21). Soms meen ons dat ons te besig is om nog meer te doen. Maar kosbare tyd kan verlore gaan wanneer jy televisie kyk. Gebruik gerus daardie tyd vir prioriteitsake van ’n teokratiese aard.—1 Tim. 4:15.
4 Moenie die ure of maande soos wolke in die lug by jou laat verbygaan nie, maar deel eerder jou tyd goed in en stel doelwitte om jou lewe op so ’n wyse te gebruik dat dit Jehovah tot eer sal strek.—Pred. 11:4.