Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/90 bl. 4
  • Bied die goeie nuus aan—Deur Bybelstudies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die goeie nuus aan—Deur Bybelstudies
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • BAIE GELEENTHEDE
  • GEBRUIK ONDERSKEIDINGSVERMOË
  • Begin Bybelstudies—Nou is die geleë tyd
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Waardeer jy ons lektuur?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Hoe om tuisbybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bied jy Bybelstudies aan?
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 5/90 bl. 4

Bied die goeie nuus aan—Deur Bybelstudies

1 Die afgelope diensjaar is meer as 43 000 Bybelstudies elke maand in Suid-Afrika gehou. Moontlik het bykans die helfte van die 44 000 verkondigers in hierdie land ’n aandeel in hierdie vreugdevolle werk gehad. As bykans die helfte van die verkondigers aan hierdie werk deelgeneem het, is dit vanselfsprekend dat die res nie daaraan deelgeneem het nie. Hoe kan meer van ons die spesiale bevrediging smaak om iemand anders die waarheid te leer?

2 Omdat ons God en ons naaste liefhet, wil ons die waarheid aan ander verkondig. Maar ons het Jehovah se hulp in ons bediening nodig (1 Kor. 3: 6, 7). Sal dit derhalwe nie raadsaam wees om tot Jehovah te bid en te vra dat hy ons help om ’n tuisbybelstudie te begin nie? (1 Joh. 5:14, 15). Daarna moet ons in harmonie met ons versoek optree en soveel as ons omstandighede ons toelaat in die veldbediening doen en by elke geleentheid wat hom voordoen ’n tuisbybelstudie aanbied.

BAIE GELEENTHEDE

3 Ons het die afgelope paar jaar miljoene boeke, boekies en brosjures by mense in die gebied gelaat. Daar is onder meer Paradys op aarde-, Ware vrede-, en Waarheid-boeke in die huise van duisende mense wat nie Getuies van Jehovah is nie. Dit beteken tallose geleenthede om nuwe Bybelstudies te begin.

4 Wanneer ’n huisbewoner sê dat hy goed vertroud met ons werk is of dat hy reeds ons lektuur het, moet ons hom vertel hoe bly ons daaroor is. (Sien Redenering-boek, bladsy 20.) As hy ’n publikasie het, kan ons vriendelik voorstel dat hy dit gaan haal en ons toelaat om hom ’n paar interessante gedagtes te wys wat hom en sy gesin tot voordeel sal strek. Indien hy positief reageer, kan ons ’n tuisbybelstudie aanbied.

5 Andersyds kan ons die inisiatief neem en vra of die huisbewoner van ons lektuur het. Dit kan veral met welslae gedoen word in gebied waar ons baie lektuur versprei het. Na ’n vriendelike inleiding, kan ons sê dat baie mense in die buurt weens ons herhaalde besoeke van ons lektuur het. Ons stel daarin belang om te sien dat mense voordeel trek uit die inligting wat gepubliseer is. Dan kan ons die huisbewoner vra of hy van ons lektuur het. As hy het, kan ons vriendelik vra of ons dit mag sien en dan aanbied om hom te wys hoe ons dit bestudeer. ’n Kort demonstrasie kan tot ’n tuisbybelstudie lei. As hy nie van ons lektuur het nie, kan ons die huidige aanbod maak of hom direk vra of sy gesin daarvan sal hou om ’n gratis tuisbybelstudie te hê.

GEBRUIK ONDERSKEIDINGSVERMOË

6 Aangesien mense besig is, is dit wys om onderskeidingsvermoë te gebruik en nie te lank te bly nie. Die eerste paar studies kan dalk tot ongeveer 15 minute beperk word. As die huisbewoner weet dat nie baie van sy tyd in beslag geneem sal word nie, sal hy dalk gewillig wees om gereelde besoeke van ons te ontvang. As die studie eers gevestig is en die huisbewoner se belangstelling gewek is, kan meer tyd aan die studie bestee word. Party sal natuurlik van die begin af langer wil studeer.

7 Daar is skaapgeaardes in die veld wat ons hulp nodig het, en baie van hulle het ons lektuur. Sommige sug en steun ongetwyfeld oor al die gruwels wat vandag op die aarde gedoen word (Eseg. 9:4). Dit is ons voorreg om nie net lektuur wat die Koninkryk bekendmaak te versprei nie, maar ook om deur middel van Bybelstudies opregtes van hart met die waarheid te bereik.—Matt. 28:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel