Vraebus
● In watter mate moet ’n ongedoopte verkondiger aan die veldbediening deelneem voordat hy vir doop goedgekeur kan word?
Iemand wat aan die vereistes voldoen om ’n ongedoopte verkondiger te wees, het reeds op verskeie maniere sy sterk begeerte geopenbaar om een van Jehovah se Getuies te wees (Ps. 110:3). ’n Ywerige studie van die Skrif het ’n verandering in sy denke, houding en leefwyse teweeggebring. Weens ’n hartgrondige begeerte om Jehovah te behaag en Sy wil te doen, gaan so ’n ernstige Bybelstudent gereeld met Jehovah se volk om by gemeentelike vergaderinge, kring- en streekbyeenkomste (Hebr. 10:24, 25). Benewens die gereelde bywoning van sulke Christelike vergaderinge het sy hart hom waarskynlik ook beweeg om openbare belydenis van sy geloof te maak deur by die vergaderinge kommentaar te lewer, en hy het waarskynlik al vir die Teokratiese Bedieningskool ingeskryf.—Ps. 40:10,11; omAF bl. 73.
As ’n Bybelstudent die waarheid aanneem en toon dat hy die waarde van die Koninkryksboodskap opreg waardeer, mag hy die voorreg geniet om aan die huis-tot-huisbediening deel te neem. Dit is die vernaamste werk van Jehovah se Getuies (Matt. 24:14; 28:19; omAF bl. 111). In hierdie verband het die verkondiger wat die studie hou sowel as die ouere manne ’n ernstige verantwoordelikheid om seker te maak dat die student se hele lewe in ooreenstemming met Christelike beginsels is. Hy moet ’n opregte begeerte hê om een van Jehovah se Getuies te wees en die voorreg waardeer om aan die Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk deel te neem.—Gal. 6:6, NW; wAF88 11/15 bl. 17; omAF bl. 98-9, 174.
Daar hoef nie baie tyd te verloop vandat ’n Bybelstudent aan die vereistes voldoen om saam met ons aan die bediening deel te neem tot hy hom vir waterdoop aanbied nie. Teen dié tyd is sy leefwyse reeds in volle ooreenstemming met Christelike beginsels, maar hy kom nog ondervinding in die openbare bediening kort. Hy moet genoeg tyd gegun word om te toon dat hy vasbeslote is om gereeld en ywerig aan die veldbediening deel te neem.—Ps. 40:9; Rom. 10:9, 10, 14, 15.
Teen die tyd dat die persoon gereed is om gedoop te word, sal hy heel waarskynlik die goeie nuus gereeld aan ander verkondig en meer as net ’n uur of twee per maand aan die veldbediening bestee (wAF84 6/1 bl. 7 par. 2]. Dit is vanselfsprekend dat elkeen wat vra om gedoop te word se persoonlike omstandighede, soos agtergrond, ouderdom, beperkinge, ensovoorts, in ag geneem sal word. Die ouere manne moet hulle deur die raad op bladsye 174-5 van Ons Bediening-boek laat lei: “Ons stel belang in diegene wie se hart op Jehovah gerig is en wat die betekenis van fundamentele Bybelwaarhede snap. Met julle liefdevolle hulp sal dopelinge aangespoor en gehelp word om in die Christelike bediening te tree, behoorlik voorbereid om daardie belangrike toewysing te vervul.”—Matt. 16: 24, NW; Joh. 4:34; 1 Pet. 2:21.