Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/91 bl. 9
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Opsieners wat die leiding neem—die sekretaris
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Verhuis jy?
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Deel 3—Help ander om vooruitgang te maak
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 2/91 bl. 9

Vraebus

● Wat moet gedoen word wanneer ’n verkondiger na ’n ander gebied trek om met sy oorplasing na ’n nuwe gemeente te help?

Sodra ’n verkondiger van ’n ander gemeente af kom, moet die gemeentelike sekretaris by die verkondiger die naam van sy vorige gemeente en die naam en adres van die sekretaris van daardie gemeente kry. Hy moet dan aan die sekretaris van die vorige gemeente skryf en die verkondigerverslagkaart en ’n bekendstellingsbrief aanvra. Die sekretaris wat hierdie versoek ontvang, moet sonder versuim daarop reageer.—Sien Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsye 104-5.

Die verkondiger wat gaan trek, kan ook help deur te sorg dat hy die korrekte naam van die gemeente wat hy verlaat sowel as die naam en adres van die sekretaris het. Daarna kan hy by sy aankoms in die nuwe gemeente hierdie informasie aan die sekretaris aldaar gee sodat hy onmiddellik werk daarvan kan maak. Velddiensrapporte wat by die nuwe gemeente ingegee word, kan gehou word totdat die verslagkaart ontvang is. Daarna kan die verkondiger se bedrywighede op die verslagkaart geskryf word en by die gemeente se volgende maandelikse rapport ingesluit word.

In party gevalle ken die verkondiger dalk reeds die naam en adres van die sekretaris in die gemeente waarheen hy trek. Indien wel, hoef die ouere manne nie te wag totdat dit aangevra word nie. Die verslag van die verkondiger se bedrywighede en ’n bekendstellingsbrief kan onmiddellik gepos word aan die sekretaris van die gemeente met wie die verkondiger sal omgaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel