Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/91 bl. 7
  • Vervul ons Koninkryksbediening in die gemeente

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vervul ons Koninkryksbediening in die gemeente
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Vervul ons Koninkryksbediening as Getuies van Jehovah
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Bedieningsknegte lewer waardevolle diens
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Opsieners wat as herders oor die kudde toesig hou
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Laat die gemeente opgebou word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 4/91 bl. 7

Vervul ons Koninkryksbediening in die gemeente

1 Jehovah het deur Jesus Christus, die Hoof van die Christengemeente, verantwoordelikheid aan ’n ‘getroue bestuurder’, of huisbestuurder, opgedra (Luk. 12:42, 43). Hierdie reëling het dit vir ons moontlik gemaak om gedrukte riglyne te ontvang oor hoe ons ons ‘in die huis van God moet gedra’ (1 Tim. 3:15). Ons hoofinstrument om gedrukte materiaal te vind, is die Watch Tower Publications Index. Hoe kan dit jou help?

2 Is jy ’n ouere man? Daar is twee algemene opskrifte wat jou verantwoordelikhede bespreek: “Elders” en “Overseers”. Die gedeelte “Elders” bevat die meeste van die verwysings wat toon waar jy inligting kan vind oor hoe om verskillende mense in die gemeente te help, hoe om raad te gee, die verhoudinge binne die liggaam van ouere manne, ouere manne se verantwoordelikhede, ensovoorts. Jy kan verwysings oor kwalifikasies onder “Overseers” vind, aangesien die Bybel daardie woord gebruik wanneer hy van ouere manne praat. Onder “Overseers” is daar ook verwysings na amptelike posisies, soos “presiding overseer”, “service overseer” en “secretary”. Die hoofopskrif “Congregations” sal ook nuttige inligting verskaf.

3 Bedieningsknegte speel ook ’n noodsaaklike rol in die gemeente. Die opskrif “Ministerial Servants” noem inligting op oor julle kwalifikasies en verantwoordelikhede. Julle sal ook verwysings vind na materiaal oor die belangrikheid van diensvoorregte wat vir julle oop is en hoe om groter verantwoordelikheid na te streef.

4 Die ouere manne sowel as bedieningsknegte het voorregte wat die gemeentelike vergaderinge betref. Onder die opskrif “Meetings” kry ons verwysings oor elke aspek van die onderwerp, wat opwindende voorbeelde onder “efforts to attend” insluit. En daar is natuurlik ook hoofopskrifte vir elkeen van die vergaderinge.

5 Psalm 68:12 sê: “Die vroue wat die goeie tyding gebring het, was ’n groot skare.” Soos manlike lede van die gemeente moet susters hulle ook behoorlik gedra in die huis van God. Soms ontstaan vrae oor onderwerpe soos wanneer ’n suster ’n hoofbedekking moet dra of wat gedoen moet word wanneer daar nie ’n broer teenwoordig is wat ’n vergadering kan hou of die gemeente in gebed kan verteenwoordig nie. Die opskrif “Women” toon waar jy inligting oor hierdie onderwerpe kan kry. Die opskrifte “Sisters”, “Head Covering” en “Prayer” is ook nuttig.

6 Die slotgedeelte van 1 Timotheüs 3:15 praat van die Christengemeente as “’n pilaar en ondersteuning van die waarheid” (NW). Dit is ons voorreg om die waarheid te ondersteun terwyl ons ons behoorlik gedra in die huis van God en ons ons Koninkryksbediening in die gemeente vervul.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel