Vervul ons Koninkryksbediening as Getuies van Jehovah
1 As Getuies van Jehovah het ons die grootste voorreg op aarde. Ons verteenwoordig Jehovah in ’n universele hofsaak waartydens almal wat as gode aanbid word, teregstaan (Jes. 41:1, 23; 43:12). Om ons te help sodat ons ons hoop behoorlik kan verdedig, het Jehovah ’n goeie biblioteek voorsien (1 Pet. 3:15, NW). Die Watch Tower Publications Index is ’n belangrike sleutel om die informasie te vind wat jy nodig het. As ons met party van sy vernaamste kenmerke vertroud is, sal dit ons help om dit beter te gebruik.
2 Ons almal behoort die hoofopskrif “Jehovah” goed te ken. Kan jy onder daardie opskrif in die 1986-1989 Index verwysings vind wat verduidelik waarom Jehovah die kwaad tydelik toelaat? Jy sal ook die gesentreerde opskrif “Name” in die 1930-1985 Index sowel as in die jongste Index vind. Verwysings na alles wat oor die naam Jehovah gepubliseer is, is hier saamgevat.
3 Nog ’n opskrif wat baie belangrik is, is “Jehovah’s Witnesses”. Dit gee verwysings oor Jehovah se Getuies as ’n organisasie. Weet jy wat ons amptelike standpunt is oor universiteitsopleiding, lykskouings, as jy iemand uit selfverdediging doodmaak of openbare welsynsorganisasies? Jy sal sulke vrae se verwysings onder die onderhofie “attitude toward—”vind. Verder word die hedendaagse geskiedenis van Jehovah se Getuies in verskillende lande aangegee, en ’n omvattende lys kommentare oor Jehovah se Getuies word onder die gesentreerde opskrif “Statements by Others” gevind.
4 Informasie oor hoe Jehovah se volk hulle Koninkryksbediening in hedendaagse tye vervul het, kan opgespoor word deur verskeie hoofopskrifte te gebruik. Onder die opskrif “Dates” is daar ’n gesentreerde opskrif “Clarification of Beliefs”. Verwysings na belangrike verduidelikings van ons begrip van leringe, profesieë en profetiese afbeeldings verskyn volgens jaartal. “Dates of Prophetic Significance” volg amper onmiddellik daarna. Dit is jaartalle toe profesieë of profetiese afbeeldings vervul is of in vervulling begin gaan het.
5 Lewensverhale van getroue knegte van Jehovah is vir ons ’n bron van bemoediging en onderrigting. Hulle kan ons help om ’n vaste grondslag vir die toekoms in ons kinders en ons Bybelstudies te bou. Jy sal hierdie lewensverhale onder die persoonsname en die artikel se titel onder “Life Stories of Jehovah’s Witnesses” vind.
6 Die skriftuurlike lering van twee bestemmings vir diegene wat deur Jehovah goedgekeur word—’n hemelse en ’n aardse bestemming—is eie aan Jehovah se volk. Die hoofopskrif waaronder ons verwysings vind oor diegene wat “die hemelse roeping” ontvang, is “Congregation of God” (Hebr. 3:1; Hand. 20:28; 1 Tim. 3:15). Ander opskrifte is “Remnant” en “144 000”. Twee opskrifte, naamlik “Great Crowd” en “Other Sheep”, is die vernaamste opskrifte in verband met diegene wat die hoop koester om vir ewig op die aarde te lewe.—Openb. 7:9; Joh. 10:16.
7 Hetsy ons jonk of oud is, die voorreg om een van Jehovah se Getuies te wees, behels elke aspek van ons lewe. Toekomstige artikels in Ons Koninkryksbediening sal toon hoe die Index ons in ons bediening, in die gemeente, in die gesin en in die veld kan help.