Hoe die gesin by die Index baat kan vind
1 Waar dit van gesinslede praat, sê 1 Timotheüs 5:4: “Laat hulle dan eers leer om in hulle eie huisgesin godvrugtige toegewydheid te beoefen” (NW). Ons moet inderdaad leer om godvrugtige toegewydheid in ons optrede teenoor ons gesinslede te beoefen. Daarvoor het ons goddelike leiding nodig, aangesien dit ’n deel van ons Christelike plig is om na ons gesinslede om te sien. Die Watch Tower Publications Index kan ons help om riglyne te vind vir verskeie situasies wat in ons gesinslewe kan opduik.
2 ’n Gesin ontstaan wanneer ’n man en vrou trou (Gen. 2:24). Oorweeg jy dit ernstig om te trou? Onder die opskrif “Marriage” sal jy die onderhofie “selecting a mate” vind. Dit sal jou verwys na nuttige raad oor hierdie soms moeilike onderwerp. Die Index het ook die volgende onderhofies: “husband’s role” en “wife’s role”, wat albei verwysings gee na inligting waarby diegene wat wil trou en diegene wat reeds getroud is baat sal vind. Daarbenewens verwys onderhofies soos “communication”, “closeness in” en “peace” na materiaal wat die huwelik kan verryk. Wanneer probleme ontstaan, kan die onderhofie “problems in” jou help om nuttige raad te vind oor hoe om dit op te los.
3 Kinders is ’n erfdeel van Jehovah (Ps. 127:3). Hoe kan ouers hulle kinders “in die tug en vermaning van die Here” grootmaak? (Ef. 6:4). Die riglyne wat Jehovah deur sy Woord en die getroue diensknegklas voorsien, is baie belangrik. Ouers moet weet hoe hulle kinders voel en wat hulle behoeftes is. Nuttige raad en voorstelle kan deur die Index se opskrifte “Children” en “Youths” gevind word. En wat van die inskerping van Jehovah se wet in hulle jong harte? Die opskrif “Child Training” verwys jou na insiggewende besprekings oor elke aspek van ouerskap, onder andere hoe om kinders te help om ’n persoonlike verhouding met Jehovah op te bou en ’n verlange na die waarheid aan te kweek.—1 Pet. 2:2.
4 Voorafbeplande gesinsbybelbesprekings is noodsaaklik vir ’n gelukkige gesin (Deut. 6:6-9; Jes. 54:13; Ef. 5:25, 26). Verwysings na idees oor hoe om genotvolle gesinsbesprekings te hou, kan onder die opskrif “Families” gevind word. Die onderhofie “Bible study” in die jongste Index het onderhofies soos “making it effective”, “making it enjoyable” en “making it interesting”. Julle kan gerus ook van tyd tot tyd een van die lewensverhale van Jehovah se Getuies bespreek. Onder die opskrif “Full-Time Ministry” sal jy verwysings vind oor lewensverhale met titels soos: “A Choice I’ve Never Regretted” en “Receiving the Requests of My Heart”. Nog sulke verhale kan onder “Missionaries” gevind word. ’n Volledige lys kan onder “Life Stories of Jehovah’s Witnesses” gevind word.
5 Die Watch Tower Publications Index is ’n wonderlike instrument om raad en idees vir die gesinslewe te versamel. Mag dit jou help om groot vreugde te put uit die vervulling van jou verantwoordelikhede in die gesin.