Bied die goeie nuus aan—Met tydskrifte in gebied wat dikwels gedek word
1 In Handelinge 8:25 lees ons dat Petrus en Johannes ’n grondige getuienis in Samaria gegee het en toe “die evangelie aan baie dorpe” verkondig het. Ons moet vandag ook die gebied wat aan ons gemeente toegewys is ywerig dek sodat ’n grondige getuienis gegee kan word.
2 Vanweë die vinnige toename van verkondigers dek baie gemeentes hulle gebied nou taamlik dikwels. Hoewel ons aanvanklik miskien negatief sal reageer omdat ons ons gebied dikwels moet dek, moet dit nie die geval wees nie. In elke nommer van Die Wagtoring en die Ontwaak! is daar nuwe en interessante onderwerpe waaroor ons met die mense in ons gebied kan praat. En omdat ons ons gebied ook meer dikwels dek, het ons die geleentheid om ekstra tyd by elke deur te bestee.
GESELS MET MENSE
3 Baie kort tydskrifaanbiedings word nog altyd gebruik sodat ons al ons gebied kan dek en die tydskrifte wyd kan versprei. Maar dit sal veral goed wees as verkondigers wat in gebiede werk wat dikwels gedek word langer met die huisbewoners gesels. Selfs jong kinders kan vertel wat hulle interessant gevind het in die artikel. Hoe kan dit gedoen word? Dit is noodsaaklik dat ons vertroud moet wees met die artikels in die tydskrifte. Dit verg tyd en oorleg. Wanneer jy die tydskrifte lees, moet jy besluit wat by die mense in jou gebied byval sal vind. Dan, voordat jy in die diens uitgaan, moet jy deur die tydskrifte blaai en onderwerpe kies wat jy gaan aanbied. Besluit watter artikel jy gaan aanbied wanneer verskillende situasies by die deure opduik. Gebruik een van die goeie onderwerpe in ’n tydskrif as ’n uitgangspunt in jou inleiding. Vind in ’n vriendelike gesprek uit wat die huisbewoner se beskouinge is.
HOU ONS OOGMERK IN GEDAGTE
4 Ons oogmerk wanneer ons van deur tot deur gaan, is nie om te sien hoeveel tydskrifte of boeke ons kan versprei nie. Dit is ons begeerte om ander te help om juiste kennis van die waarheid op te doen. Petrus en Johannes het die woord van Jehovah grondig aan die Samaritane verkondig, en ons moet ook die nodige tyd daaraan bestee om te sien dat mense in ons gebied die geleentheid gebied word om gehoor te gee aan die waarheid.
5 Ons kan hierdie oogmerk bereik deur die tydskrifte doeltreffend as ’n grondslag vir ons gesprekke te gebruik. Ons moet vir onsself en vir ander bid sodat ons die “woord . . . gegee mag word . . . om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak”.—Ef. 6:18-20.