Vraebus
◼ Moet ons vir ’n huisbewoner ekstra lektuur gee wanneer hy ons meer geld gee as die bydrae wat ons vra?
Nie noodwendig nie. Jy kan jou gesonde oordeel in hierdie verband gebruik en in ag neem in watter mate hy belangstelling toon om die lektuur te lees. Jy kan vir die huisbewoner meld dat jy vir hom die volgende nommers van ons tydskrifte sal bring vir die ekstra geld en sodoende ’n tydskrifroete begin. Op daaropvolgende besoeke kan jy lektuur by die huisbewoner laat wat in ’n bepaalde behoefte van hom voorsien. As die huisbewoner aanbied om nog ’n bydrae te gee, kan dit met dank aanvaar word. Hou in gedagte dat bydraes, benewens die lektuur wat ons druk, verskeie aspekte van ons wêreldwye werk steun, onder andere ons bouprogram, sendelinge en die spesiale pionierdiens. Sonder om nog lektuur of tydskrifte aan te bied, kan jy dus die bydrae aanvaar en dit in die Genootskap se bydraebussie by julle Koninkryksaal plaas of dit regstreeks aan die Genootskap stuur.