Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/91 bl. 1
  • Besef die belangrikheid van hedendaagse gebeure

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Besef die belangrikheid van hedendaagse gebeure
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik dinge wat nou gebeur in jou bediening
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Onderwerp vir gesprekke
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Gebruik aktuele sake om belangstelling te wek
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Bied intekeninge van huis tot huis aan
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 10/91 bl. 1

Besef die belangrikheid van hedendaagse gebeure

1 “Die gedaante van hierdie wêreld gaan verby” (1 Kor. 7:31). Dit word weerspieël in hedendaagse gebeure wat so vinnig op mekaar volg. Wat beteken dit, asook alles wat in Jehovah se organisasie plaasvind, vir jou persoonlik?—Luk. 21:28.

2 Die vervulling van Bybelprofesieë in hierdie 20ste eeu bevestig dat die hele goddelose stelsel van dinge in sy laaste dae is (Matt. 24:3-14; Luk. 21:7-11). Jesus het gesê “hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie” (Luk. 21:32). Besef jy wat dit beteken vir mense in jou gebied wat hulle nog nie aan Jehovah se kant geskaar het nie? Indien jy dit wel besef, watter invloed het dit op jou veldbediening?—Luk. 21:34-36.

3 Help ander terwyl daar tyd is: Jesus het sy dissipels aangespoor om gunstige toestande te benut om die goeie nuus bekend te maak (Joh. 9:4). Die apostel Paulus het dieselfde hieroor gesê toe hy die broers in Kolosse soos volg aangespoor het: “Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.”—Kol. 4:5.

4 Sommige het ag geslaan op die apostel se raad om die tyd uit te koop en het die gewone pionierdiens betree. Baie jongmense het die gewone pionierdiens betree terwyl hulle nog op skool is en hulle het welslae daarmee behaal. Jongmense op skool kan die tyd uitkoop deur klasmaats te help om die belangrikheid van hedendaagse gebeure en die rooskleurige vooruitsig op die toekoms onder God se Koninkryk te verstaan.—Pred. 12:1.

5 Ons kan die tyd wat ons gedurende Oktober aan die veldbediening bestee goed gebruik deur die Ontwaak! by elke geleentheid aan te bied. Hierdie publikasie gee ’n mens insig in die werklike betekenis van hedendaagse gebeure. Bied dit aan vir besorgde mense wat jy aantref terwyl jy van huis tot huis werk. Neem die inisiatief om dit vir skoolmaats of vir mense by jou werk aan te bied. Beklemtoon onderwerpe waarin jy weet mense wat jy ken veral sal belangstel. Die Ontwaak! van 8 Oktober 1991 bevat byvoorbeeld artikels oor kindermolestering. Dit is iets waaroor baie mense bekommerd is.

6 Hoe kan die jongste Onderwerp vir gesprekke gebruik word? Nadat jy jouself voorgestel het, kan jy vir die huisbewoner vra: “Waarom dink jy kom ons vandag soveel frustrerende situasies teë?” Na sy antwoord kan jy byvoeg: “Die Bybel erken dat die lewe vir baie mense sonder hoop en frustrerend is. Let op wat dit hier in Prediker 2:17 sê. [Lees.] Stem jy saam daarmee? [Laat huisbewoner antwoord.] Wat dink jy sal iemand vertroos wat baie probleme het? [Laat huisbewoner kommentaar lewer.] Hier is ’n teks wat ons ’n positiewe beskouing van die lewe gee. [Lees Psalm 37:39, 40.] Dit is waarom Jehovah se Getuies Bybelonderrig aanmoedig. Let byvoorbeeld op die onderwerp wat in ons jongste nommer van die Ontwaak! bespreek word.” Bied dan ’n intekening aan. As die persoon die intekening nie aanvaar nie, kan jy vir hom twee tydskrifte aanbied of ’n traktaat by hom laat.

7 Dit ly geen twyfel nie, ons dien Jehovah in opwindende tye. Mag dit ons aanspoor om ons geleenthede hierdie maand goed te gebruik sodat ons meer opregte mense kan help om die werklike betekenis van hedendaagse gebeure te verstaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel