Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/00 bl. 3
  • Gebruik aktuele sake om belangstelling te wek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik aktuele sake om belangstelling te wek
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik dinge wat nou gebeur in jou bediening
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Die predikingswerk in ’n wêreld wat voortdurend verander
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Besef die belangrikheid van hedendaagse gebeure
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Inleidings vir gebruik in die veldbediening
    Redenering uit die Skrif
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 9/00 bl. 3

Gebruik aktuele sake om belangstelling te wek

1 Sal jy graag voortdurend goeie idees wil hê om jou bediening vars te hou en mense se belangstelling in die Bybel se boodskap aan te wakker? Gebruik dan dinge wat in die wêreld en in julle gemeenskap gebeur om gesprekke aan te knoop. Jy kan gebruik maak van dinge wat plaaslik en in die land gebeur of van internasionale nuusberigte. Hierdie dinge verander voortdurend (1 Kor. 7:31). Neem die volgende voorbeelde.

2 Ekonomiese probleme en die lewenskoste is werklike bekommernisse vir mense. Jy kan dus sê:

◼ “Het jy die nuusberigte gehoor dat die prys van [meld die item] weer opgaan?” Of jy kan kommentaar lewer oor werkloosheid as ’n groot firma baie werkers afgedank het. Na gelang van hoe jy die bespreking wil voortsit, kan jy dan vra: “Het jy al ooit gewonder waarom dit so moeilik is om ’n bestaan te maak?” of “Dink jy dat dit maar altyd moeilik sal wees om die pot aan die kook te hou?”

3 Berigte van geweld, soos tragedies in gesinne of onder leerlinge, bied die grondslag vir nog ’n bespreking. Jy kan vra:

◼ “Het jy in die koerant gelees van [meld die tragedie in die gemeenskap]?” Vra dan: “Wat dink jy is die rede vir soveel geweld in die wêreld?” of “Dink jy daar sal ooit ’n tyd kom wanneer ons veilig sal voel?”

4 Nuus oor verwoestende oorstromings, aardbewings of burgerlike onrus in verskillende dele van die wêreld is ook onderwerpe wat belangstelling wek. Jy kan byvoorbeeld vra:

◼ “Is God verantwoordelik vir [meld natuurramp]?” Of jy kan na die jongste geval van burgerlike onrus verwys en sê: “As almal vrede wil hê, waarom is dit so moeilik om dit te bewerkstellig?”

5 Let op na aktuele sake wat jy in jou inleiding kan gebruik. Daar is nuttige wenke onder “Aktuele sake” op bladsye 9-10 in die Redenering-boek. Moet egter nie kant kies in politieke of maatskaplike geskille nie. Vestig eerder die aandag op die Skrif en God se Koninkryk as die enigste permanente oplossing vir die mensdom se probleme.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel