Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/91 bl. 1
  • Deel 5—Die voordele van heelhartige diens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel 5—Die voordele van heelhartige diens
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 1—Die waarde van waardering vir Jehovah
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Jehovah Waardeer Diens Wat Met Jou Hele Siel Verrig Word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Dien met jou hele siel!
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Deel 4—Georganiseer om ons bediening doeltreffend te vervul
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 11/91 bl. 1

Wees heelhartig in die veldbediening

Deel 5—Die voordele van heelhartige diens

1 Jehovah voorsien sy heelhartige knegte van eindelose voordele (Ps. 116:12). Hoe kan ons Jehovah se volle seën in ons bediening geniet? Watter voordele wag op ons? Wat moet ons doen om seker te maak dat ons sy goedkeuring en guns geniet?

2 Persoonlike inspanning is nodig: Die mate waarin jy godgegewe voordele ontvang, hang grootliks af van jou persoonlike inspanning om God se wil te doen. Paulus het aangaande die bediening geskryf: “Elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang” (1 Kor. 3:8). Ons moet dus soveel in die bediening doen as wat ons kan. Die apostel Paulus het die persoonlike beloning gehad om talle mense, selfs hele gemeentes, te help om God te leer ken. Hoe verheug was hy tog om te sien hoe standvastig hulle in die geloof is! (1 Thess. 2:19, 20). Jou omstandighede laat jou moontlik nie toe om só betrokke te raak by die bediening as wat Paulus was nie. Maar sou dit nie ’n ryk seëning wees om iemand of selfs ’n gesin van skaapgeaardes te help om op die pad na die lewe te begin wandel nie? Wat ’n aansporing is dit tog om hard te werk in die huis-tot-huisbediening en om herbesoeke te doen en Bybelstudies te hou!

3 Verdere voordele: ’n Groot voordeel van heelhartige diens is dat ’n mens, as ’n medewerker, nader aan Jehovah en Jesus Christus kom (Matt. 11:29, 30; 1 Kor. 3:9). Watter vreugde is dit tog om te voel hoe God se gees jou in die bediening help! (Matt. 10:20; Joh. 14:26). Daarbenewens versterk dit ons band van liefde en eenheid as ons ywerig saam met ander in die gemeente werk.

4 Ons kan nie ten volle deur Jehovah bevoordeel word as ons nie ons volle steun gee aan die organisasie wat hy gebruik om sy wil in hierdie laaste dae te volbring nie. (Vergelyk 2 Konings 10:15.) Wanneer ons die leiding wat ons deur God se kanaal ontvang noukeurig en heelhartig volg en aktief by gemeentelike bedrywighede betrokke is, word ons geestelik teen Satan se slinkse strikke beskerm. Ons kan ’n produktiewer aandeel in die bediening hê.

5 Hierdie reeks van vyf artikels oor hoe ons heelhartig in die veldbediening kan wees, het ’n aantal faktore beklemtoon wat hierby betrokke is. Kan jy onthou wat nodig is om waardering vir Jehovah op te bou en wat ’n mens beweeg om heelhartig te wees? (Julie). Waarom is voorbereiding noodsaaklik om entoesiasme vir die veldbediening op te bou? Hoe kan ons voorberei? (Augustus). Hoe kan bekwame verkondigers ander help om heelhartig te wees? (September). Hoe kan goeie persoonlike organisasie ons help om heelhartig in die bediening te wees? (Oktober). Pas jy hierdie wenke toe?

6 Jehovah wil hê dat ons onsself moet bevoordeel deur hom te gehoorsaam (Jes. 48:17, NW). Daarbenewens word diegene wat na jou luister ook deur heelhartige diens bevoordeel (1 Tim. 4:15, 16). Jy kan seker wees dat Jehovah sal sien wanneer jy jou ywerig toelê op die werk wat nou gedoen moet word en dat jy die ewige lewe ‘as regmatige beloning sal ontvang’.—Kol. 3:23, 24.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel