Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/91 bl. 8
  • Deel 5—Besoek van die diensopsiener

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel 5—Besoek van die diensopsiener
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulp op die regte tyd
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hoe ons met ons Gemeentelike Boekstudiehouer kan saamwerk
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Velddiensvergaderinge wat hulle doel dien
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Hoe om by jou velddiensgroep baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 11/91 bl. 8

Gemeentelike boekstudiereëling

Deel 5—Besoek van die diensopsiener

1 Die diensopsiener moet ’n evangeliedienaar en ’n onderrigter wees. Hy speel ’n sleutelrol om die gemeente te help om hulle verantwoordelikheid te vervul om die goeie nuus in hulle toegewese gebied te verkondig en ander te onderrig (Mark. 13:10). Wanneer hy sy verantwoordelikheid ernstig opneem en almal hulle samewerking gee, sal die verkondigers meer bedrewe raak in die verkondiging van die goeie nuus, en die gebied sal deegliker gedek word.

2 Die diensopsiener lê hom daarop toe om groter deelname aan die veldbediening aan te moedig. Dit word hoofsaaklik deur die Gemeentelike Boekstudie gedoen. Die diensopsiener word gewoonlik aangewys om ’n boekstudie te hou, maar een keer per maand sal sy assistent die boekstudie hou terwyl hy ’n ander groep besoek.—kmAF 12/81 bl. 1, 7.

3 Voorbereiding vir die besoek: Die diensopsiener moet vóór die week van die besoek die groep se gemeentelike verkondigerverslagkaarte nagaan. Hy moet ook reël dat hy en die boekstudiehouer bymekaarkom om die verkondigers wat by die groep aangewys is se bedrywighede te hersien. Die boekstudiehouer kan die diensopsiener in kennis stel van enige probleme wat hulle in die bediening het of behoeftes wat moontlik nie duidelik uit die verslagkaarte blyk nie. Die boekstudiehouer moet daaraan herinner word dat die studie net 45 minute lank moet wees om tyd toe te laat vir ’n dienstoespraak van 15 minute deur die diensopsiener.

4 Die doel van hierdie toespraak is om groter waardering vir die bediening aan te wakker. As verkondigers hulp in die een of ander aspek van die bediening nodig het, moet die diensopsiener praktiese wenke gee om daarop te verbeter. Sy kommentaar moet positief en aanmoedigend wees sodat niemand deur negatiewe kommentaar in die verleentheid gestel of ontmoedig word nie. Dit sal net die doel van sy besoek verydel. Sy toespraak moet almal aanmoedig om te verbeter.

5 Die diensopsiener streef daarna om persoonlike aandag aan soveel van die broers en susters te skenk as wat sy rooster toelaat. Hy kan afspreek om saam met verskillendes velddiens te doen. Terwyl hy saam met die verkondigers van huis tot huis werk, kan hy nuttige wenke gee oor maniere waarop hulle hulle aanbiedinge kan verbeter. Dit moet nie op ’n kritiese wyse gedoen word nie, maar met ’n opregte begeerte om te help. Hy kan ook aanbied om saam met verkondigers op herbesoeke of Bybelstudies te gaan. As dit lyk asof enigeen in die groep persoonlike hulp nodig het, kan hy gedurende daardie week ’n herdersbesoek doen om hulle te help. Daarna kan hy die boekstudiehouer inlig omtrent die voorstelle wat hy gedoen het. Hierdie hartlike, persoonlike aandag het al as ’n aanmoediging gedien vir sommige wat nie meer so ywerig in hulle velddiens was nie.

6 Vergadering vir velddiens: Die vergaderinge vir velddiens daardie week moet deur die diensopsiener gehou word. Hulle moet betyds begin, selfs al is net ’n paar aanwesig. Die vergadering moet nie langer as 10 tot 15 minute wees nie. ’n Bespreking van die dagteks is opsioneel. Voordat die groep uitgestuur word, moet elkeen weet waar en met wie hy gaan werk (1 Kor. 14:33, 40). Die diensopsiener moet almal aanmoedig om sonder versuim na die gebied te vertrek.

7 Die diensopsiener se gereelde besoeke aan die boekstudiegroepe kan ’n ware seën vir die gemeente wees. As elkeen van ons ons samewerking gee wanneer hy ons besoek, sal ons bediening ordelik en doeltreffend wees. Boonop sal hy vreugde uit sy werk put (Hebr. 13:17). Skaapgeaarde persone sal gevind word, en ons sal vreugde put uit die wete dat ons ons opdrag volbring het om met almal te praat wat wil hoor.—Jes. 61:1, 2; Eseg. 9:11; Joh. 17:26.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel