Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/92 bl. 1
  • Die mensdom moet nou na God soek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die mensdom moet nou na God soek
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Inleidings vir die mensdom se soeke na God
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Die mensdom se soeke na God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Getuig vir “alle soorte mense”
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Begin studies in Die mensdom se soeke na God
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 6/92 bl. 1

Die mensdom moet nou na God soek

1 Daar was gedurende hierdie 20ste eeu groot bevolkingsverskuiwings weens oorloë, onderdrukking en ekonomiese druk. En met vinniger reismetodes en kommunikasiemiddele is dit asof die wêreld kleiner word. Dit het verskillende gosdiensgroepe in nouer kontak met mekaar gebring. Gevolglik is godsdiens dikwels in die nuus omdat dit oral mense se lewe beïnvloed.

2 Ons predikingswerk word ook hierdeur geraak. Dit is nie meer vreemd om mense te ontmoet wat ’n godsdiensagtergrond het waarmee ons nie bekend is nie.

3 Die boek Die mensdom se soeke na God is voorsien om ons te help om ander godsdienste en hulle geskiedkundige agtergrond beter te verstaan. Dit beantwoord honderde vrae oor die basiese opvattings van die wêreld se hoofgodsdienste. Ons gaan hierdie boek gedurende Junie in ons bediening gebruik. Watter onderwerpe uit hierdie waardevolle hulpmiddel kan ons beklemtoon om opregte mense aan te moedig om meer omtrent God te leer?

4 Een fundamentele vraag wat dwarsdeur die boek ondersoek word, is die volgende: Het die mens ’n onsterflike siel wat ná sy dood voortleef en die lewe in ’n hiernamaals geniet? Amper elke godsdiens leer hierdie konsep in die een of ander vorm. Ander vrae wat in die boek bespreek word, is die volgende: Is daar ’n plek soos die hel waar siele gepynig word? Wat is die ware hoop vir afgestorwenes? Is daar een God of is daar baie gode? Ons kan die huisbewoner se aandag vestig op die vrae op bladsye 17-18 van die boek. Selfs wanneer ons met ’n ateïs of ’n agnostikus praat, kan vrae 4 en 5 sy aandag trek en tot ’n goeie gesprek lei.

5 Die hele mensdom moet nou na God soek en sy guns verkry. Wêreldgebeure toon dat Armageddon vinnig nader kom. Dit is ’n tyd vir ywerige optrede. Wat ’n voorreg het ons tog om ander aan te moedig om Jehovah nou te soek terwyl hy nog te vinde is! (Jes. 55:6, 7). Hoe help die boek Die mensdom se soeke na God mense in hulle soeke na God? Dit voorsien gedagteprikkelende inligting vir mense van verskillende agtergronde. Paragraaf 26 op bladsy 297 wys Moslems byvoorbeeld daarop dat die ware Christelike godsdiens nie die leerstelling van die Drie-eenheid leer nie. Let ook op hoe paragraaf 43 op bladsy 229 Jode se belangstelling kan wek oor die gebruik van God se naam.

6 Ons het alle rede om geesdriftig te wees wanneer ons hierdie boek aanbied. As ons goed bekend is met die inhoud daarvan sal ons geleenthede vind om die belangstelling van opregte mense van allerlei godsdiensagtergronde te wek. Laat ons ywer vir hierdie diens toon.

7 Jehovah is ’n vrygewige en genadige God. Hoe goedgunstig is sy uitnodiging tog om omtrent hom te leer! Daar is moontlik nog baie wat lowers van Jehovah gaan word. Ons sal gedurende Junie, met behulp van die boek Die mensdom se soeke na God, baie in die Christendom sowel as diegene van nie-Christelike en godlose agtergronde kan help om Jehovah “in gees en waarheid” te begin aanbid (Joh. 4:23, 24). Laat ons volhard in ons pogings om waarheidsoekers te vind en hulle dan te help sodat hulle hulle verhouding met die God van waarheid kan versterk. Hy kan gevind word!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel