Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/92 bl. 1
  • Doeltreffende huis-tot-huis-werk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Doeltreffende huis-tot-huis-werk
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Skenk voortdurend aandag aan jou leer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Bied Die Goeie Nuus Aan—In gebied wat gereeld gedek word
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Bied die goeie nuus aan—Met tydskrifte in gebied wat dikwels gedek word
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Voer jy jou bediening deeglik uit?
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 8/92 bl. 1

Doeltreffende huis-tot-huis-werk

1 Die “evangelie” word vandag wêreldwyd verkondig (Matt. 24:14). Dit word hoofsaaklik deur middel van die huis-tot-huis-bediening gedoen.—Hand. 20:20, 21, NW.

2 Ons aanbiedings moet die mense wat ons teëkom persoonlik raak. Mans, vroue en jongmense stel in verskillende dinge belang. Dit sal dus goed wees om ’n verskeidenheid skriftuurlike onderwerpe voor te berei waarin die mense in ons gebied waarskynlik sal belangstel.

3 Gebruik publikasies goed: As ons goed vertroud is met die inhoud van die Grootste mens-boek sal dit ons help om doeltreffend met mense oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe te praat. Die prente en illustrasies is doeltreffende hulpmiddels. ’n Mens kan jongmense se belangstelling wek met die opwindende verhaal “Jesus maak ’n skrikwekkende storm stil” in hoofstuk 44. Iemand wat siek is of weens ’n gebrek ly, sal ongetwyfeld vertroos word deur hoofstuk 57, “Medelye met die geteisterdes”. Hoofstuk 90, “Die opstandingshoop”, sal die belangstelling van enigiemand wek wat al ’n geliefde verloor het. ’n Bespreking oor onrusbarende wêreldtoestande kan ’n inleiding bied tot hoofstuk 111, “Die teken van die laaste dae”.

4 As ons bekwaam in die bediening wil wees, moet ons opregte persoonlike belangstelling in mense toon (Filip. 2:4). Ons moet probeer om ’n Koninkrykstema te bespreek wat die persoon en sy behoeftes raak. Probeer om die persoon se sienswyse te verstaan deur hom pertinente vrae te vra. Luister aandagtig na sy antwoorde. Sy antwoorde kan jou help bepaal in watter onderwerp hy sal belangstel. Ons wil mense help om die belangrikheid van die Koninkryksboodskap te sien en hulle wys hoe hulle meer daaromtrent kan leer. Een egpaar het gesê dat hulle ’n Bybelstudie aanvaar het omdat die broer wat hulle besoek het opregte persoonlike belangstelling in hulle getoon het.

5 In gebied wat dikwels gedek word: Doeltreffendheid is veral belangrik in gebied wat dikwels gedek word. ’n Doeltreffender bediening help ons om ons gebied uit te brei (wAF88 7/15 bl. 15-20). Pleks van te maak of ons nog nooit by ’n sekere huis was nie, kan ons die huisbewoner se gesindheid in die verlede in ag neem en dit tot ons voordeel gebruik. Ons kan na ons vorige besoek verwys en dan voortbou op ons vorige gesprek. Wenke vir aanbiedings wat in die vorige nommers van Ons Koninkryksbediening en in die Redenering-boek verskyn het, kan aangepas word volgens die behoeftes in die gebied.

6 Jehovah hou geduldig die deur oop sodat nog mense by Koninkrykseëninge kan baat vind. Jesus se bediening was doeltreffend vanweë sy liefde vir mense (Mark. 6:34). Doen ons ons bes om sy voorbeeld te volg? (1 Pet. 2:21). Laat ons voortdurend ’n volle en doeltreffende deelname aan die bediening hê.—2 Tim. 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel