Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/92 bl. 12
  • Gebruik ’n motiverende inleiding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik ’n motiverende inleiding
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Gebruik doeltreffende inleidings
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Doeltreffende inleidings
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Gebruik jy die Redenering-boek?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Wanneer ons in gebied werk wat gereeld gedek word
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 10/92 bl. 12

Gebruik ’n motiverende inleiding

1 Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! is nuttig om die saadjies van waarheid in lesers se gedagtes en hart se saai. Ons moet derhalwe aan doeltreffende maniere dink waarop ons hierdie tydskrifte in die huise van mense kan kry wat by die geestelike skatte in die tydskrifte kan baat vind.

2 Hoe kan huisbewoners beweeg word om ons tydskrifte te neem en hulle te lees? Baie hang af van hoe ons die tydskrifte aanbied. Daar is uitstekende wenke vir die voorbereiding van doeltreffende inleidings op bladsye 9-15 in die Redenering-boek.

3 Wanneer jy Die Wagtoring van 1 Oktober aanbied, kan jy moontlik die derde wenk onder die hofie “Aktuele sake” op bladsye 9-10 in die Redenering-boek gebruik.

Nadat jy jou voorgestel het, kan jy sê:

◼ “As jy kon kies, watter van die talle probleme waarmee die wêreld nou te kampe het, sou jy eerste opgelos wou sien?” Luister na die huisbewoner se antwoord en erken die probleme waaroor hy besorg is. Dan kan jy voortgaan en iets sê soos: “Kyk watter oplossing bied die Bybel vir sulke probleme. [Lees Jesaja 9:5, 6.] Die ware oplossing vir al die mensdom se probleme lê dus in die regverdige heerskappy van die Messias, Jesus Christus.” Blaai dan na bladsy 8 en vestig die huisbewoner se aandag op die laaste drie paragrawe van die artikel “Die Messias—’n Ware hoop?”

4 Daar is twee ander inleidings onder die hofie “Werkgeleenthede/Behuising” op bladsy 14 in die Redenering-boek wat jy saam met Die Wagtoring van 1 Oktober kan gebruik. Jy kan hierdie gedagtes en vrae in jou eie woorde stel of net herhaal wat in die Redenering-boek staan. Nadat jy waardering vir die persoon se gedagtes uitgespreek het, kan jy voortgaan deur die aandag te vestig op die interessante verklaring in die eerste paragraaf op bladsy 4 onder die tussenhofie “Is daar geen oplossing nie?” Wys dan op die seëninge wat die Messias se heerskappy sal bring deur Jesaja 65:21-23 te lees.

5 As jy die Ontwaak! van 8 Oktober gebruik wat handel oor “Jy kan negatiewe emosies te bowe kom”, kan jy die derde inleiding onder die hofie “Lewe/Geluk” op bladsy 12 van die Redenering-boek gebruik. Nadat jy die toepassing van Psalm 1:1, 2 verduidelik het, kan jy die huisbewoner se aandag op ’n gepaste gedagte in die Ontwaak! vestig.

6 Jy sal heel waarskynlik huisbewoners teëkom wat sê dat hulle hulle eie godsdienslektuur het. Jy kan verduidelik dat ons ook publikasies vir ons eie gebruik het (soos Ons Koninkryksbediening); maar ons tydskrifte word deur miljoene mense gelees wat nie Getuies van Jehovah is nie.

7 Paulus het in 1 Korinthiërs 3:6 gesê: “Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.” As ons wil hê dat Jehovah die saadjies van waarheid in die harte van belangstellendes moet laat groei, moet ons ons daarop toelê om hierdie saadjies doeltreffend te saai deur motiverende inleidings te gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel