Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/93 bl. 8
  • Wees aanpasbaar in jou bediening

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees aanpasbaar in jou bediening
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Gebruik doeltreffende inleidings
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Doeltreffende inleidings
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Gebruik jy ’n gepaste inleiding?
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Inleidings om belangstelling te wek
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 3/93 bl. 8

Wees aanpasbaar in jou bediening

1 Daar is al gesê dat afwisseling die lewe krui. Dikwels kan ’n ander benadering van ’n onderwerp dit interessanter maak. Dit is eweneens die geval met ons bediening. As ons nie sorg aan die dag lê nie, kan ons aanbiedinge van huis-tot-huis maklik stereotiep raak. As ons dieselfde inleidings keer op keer gebruik, kan dit vir ons sowel as die huisbewoners vervelend raak. Wees dus aanpasbaar in jou bediening. Maar hoe kan jy dit doen?

2 Pleks van iets te sê soos: ‘Goeiemôre. Ons besoek ons bure om vir hulle die goeie nuus van die Koninkryk te vertel’, kan jy gerus aan maniere dink waarop jy jou inleidende woorde kan afwissel. Die Redenering-boek bevat volop inligting oor inleidings. Op bladsye 9-15 is daar inleidings oor 18 verskillende onderwerpe. En daar is twee, drie of meer moontlike inleidings vir die meeste onderwerpe.

3 As jy die brosjure “Gee God werklik vir ons om?” gebruik, kan hierdie inleiding uit die gedeelte “Lewe/Geluk” op bladsy 12 nuttig wees:

◼ “Ons praat met mense wat waarlik besorg is oor die hedendaagse gehalte van die lewe. Baie wonder: Is ’n waarlik gelukkige lewe moontlik? Hierdie brosjure bevat ’n bemoedigende en gedagteprikkelende beskouing.” Maak die brosjure by bladsy 25 oop, en lees een of twee interessante punte uit paragrawe 15 en 16.

4 Party Koninkryksverkondigers—veral dié wat jonk en nuut is, maar ook dié wat ouer is—het gevind dat hulle met behulp van die traktate ’n interessante benadering by die deure kan gebruik.

’n Jong verkondiger kan die traktaat “Sal hierdie wêreld bly voortbestaan?” gebruik en sê:

◼ “Ek het ’n kort boodskappie vir u oor die toekoms van hierdie wêreld. Ek wil graag vir u hierdie traktaat met die titel Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? gee.” Die ouer verkondiger wat saam met die jong persoon werk, kan dan besluit of hy, na gelang van die huisbewoner se reaksie, nog iets moet sê of lektuur moet aanbied.

5 As die huisbewoner belangstelling toon, kan die ouer verkondiger sê:

◼ “Kyk na hierdie twee prentjies, die een van ’n vliegtuig wat gedurende oorlogstyd bomme gooi en die ander een van ’n uitgehongerde kind. [Blaai na bladsy 5.] Kyk na hierdie prentjies van ’n aardbewing en van ’n siek man in ’n hospitaalbed. [Pouseer.] Die Bybel toon dat sulke verskriklike dinge binnekort sal eindig.” Lees dan Openbaring 21:4, 5 en Psalm 46:9, 10.

6 Wanneer jy die Openbaring-boek aanbied, kan jy gerus die positiewe beskouing van die toekoms beklemtoon soos uiteengesit in Openbaring 21:3, 4. Lees dan paragraaf 7 op bladsy 303 van die boek. Vra die huisbewoner of dit realisties is om te glo dat God hierdie beloftes sal vervul. ’n Kort bespreking van Bybelprofesieë wat reeds vervul is, behoort die huisbewoner se vertroue te versterk in God se vermoë om die mensdom te seën.

7 Alle Koninkryksverkondigers moet teokratiese belange bevorder deur waar moontlik die saad van waarheid te plant en voort te bou op die belangstelling wat getoon is. As ons ons deel gedoen het, kan ons met ’n blye gemoed enige verdere groei in Jehovah se hande laat. Ons het die beste nuus om vir ons bure te vertel. As ons altyd voorbereid is, kan ons aanpasbaar wees wanneer ons die Koninkryksboodskap oordra en goeie oordeel aan die dag lê wanneer ons ons publikasies aanbied.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel