Inleidings om belangstelling te wek
1 Jesus het inleidings meesterlik gebruik. Of hy nou met ’n groot groep of met een persoon gepraat het, Jesus het sy gehoor geboei deur hulle persoonlik in die bespreking te betrek. Hy het vir sy luisteraars getoon hoe nuttig sy onderwerp is.—Matt. 5:3-12; Joh. 4:7-30.
2 Voorbereiding is nodig: As ons belangstelling in ons boodskap wil wek, moet ons ons inleiding aanpas sodat dit die individu raak, betrekking het op die dinge waaroor hy besorg is en toon dat die Koninkryksboodskap hom persoonlik sal help.
3 Wanneer ons vir die bediening voorberei, moet ons die dinge waarin die mense in die gemeenskap belangstel in ag neem. Het ’n onlangse nuusberig almal se belangstelling gaande gehad? Waarin sal jongmense belangstel? ’n Ouer persoon? Getroude mans, vrouens of ouers? Pleks van dieselfde inleiding by elke deur te gebruik, is dit gewoonlik doeltreffender om verskeie inleidings voor te berei en gereed te wees om hulle volgens die huisbewoner se reaksie aan te pas. Sommige verkondigers het al sukses behaal deur verskillende inleidings in die Redenering-boek voor te berei en te gebruik elke keer wanneer hulle in die huis-tot-huis-bediening uitgaan (rsAF bl. 9-15). Sodoende het hulle altyd ’n nuwe en interessante benadering.
4 Gedurende Augustus kan jy ’n aanbieding soos dié gebruik:
◼ “Goeiemôre. Ons het met ’n paar van jou bure gesels oor watter eienskappe hulle graag sou wou sien in iemand wat oor ander regeer. Mag ek vra watter een of twee eienskappe jy dink die belangrikste is? [Laat huisbewoner antwoord. Wys dat jy luister. Stem saam as dit gepas is.] Het jy geweet dat die Bybel die kwalifikasies beskryf van die Een wat gekies is om oor die mensdom te regeer? Dit is hier in Jesaja 9:5, 6 opgeteken. [Lees.] Hoe dink jy sal dit wees om onder so ’n persoon se heerskappy te wees?” Laat huisbewoner antwoord en vestig dan sy aandag op Psalm 146:3, 4 en die materiaal in die Redenering-boek op bladsy 349-50 oor die gewaarborgde voortreflikheid van Jesus se heerskappy. Of jy kan hoofstuk 133 van die Grootste mens-boek gebruik om die bespreking voort te sit.
5 As jy met godsdienstige mense praat, kan die volgende aanbieding doeltreffend wees wanneer jy die Grootste mens-boek aanbied.
Nadat jy op gepaste wyse gegroet het, kan jy sê:
◼ “Wat verwag God van ons as Christene? Die Bybel vermaan ons om die voorbeeld van die wêreld se grootste mens, Jesus Christus, te volg. [Lees 1 Petrus 2:21.] Hy het sy volgelinge geleer om hulle naaste lief te hê, sedelik rein te bly en vir die koms van God se Koninkryk te bid. Ons redding hang daarvan af of ons Jesus as ons Verlosser erken en gehoorsaam. [Lees Johannes 14:6.] Jesus was nie sommer enige mens nie. Hierdie boek beskryf hom as die grootste mens wat nog geleef het. Aangesien ons van hom afhanklik is vir redding, dink jy nie dat ons soveel moontlik moet leer oor sy werk en wat hy geleer het nie? Hierdie boek is spesiaal met daardie doel voorberei, en ek wil graag hierdie eksemplaar vir jou aanbied.”
6 As ons Jesus se metodes volg deur belangstelling te wek en mense in besprekings te betrek, toon ons vir opregtes hoe belangrik geestelike dinge is.