Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/93 bl. 9
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Kan jy hulppionierdiens doen?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Gaan ons dit weer doen? Nog ’n oproep om hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 4/93 bl. 9

Vraebus

◼ Hoe moet hulppionierdiens beskou word?

Hulppionierdiens moet as ’n voorreg sowel as ’n ernstige verantwoordelikheid beskou word. Tienduisende verkondigers word elke maand aangestel om as hulppioniers te dien, en party doen dit onafgebroke. Ons prys hierdie ywerige verkondigers wie se omstandighede hulle toelaat om elke maand wat hulle hulppionierdiens doen die vereiste 60 uur aan die velddiens te bestee. Ouere manne en ander moet die verkondigers wat aansoek doen om hulppionierdiens aanmoedig om hulle aanstelling ernstig te beskou en dit nie ligweg op te neem nie.

Diegene wat een of meer maande as hulppionier wil dien, moet net soos die gewone pioniers eers die koste bereken (Luk. 14:28). Dit sluit in dat hulle voor die tyd vasstel of hulle redelikerwyse die vereiste ure aan die veldbediening kan bestee sonder dat ander Christelike verantwoordelikhede verwaarloos word. ’n Mens moet eers jou persoonlike omstandighede biddend oorweeg voordat jy besluit om as ’n hulppionier aansoek te doen. Jy moenie deur emosies beweeg word omdat ander aansoek doen nie. Dit moet ’n weldeurdagte besluit wees, wat insluit dat jy ’n rooster opstel om die vereistes na te kom. Dit is belangrik om die aansoekvorm noukeurig te lees en in jou eie hart te besluit of jy eerlik ja kan antwoord op wat vereis word.

Dit sluit natuurlik ekstra inspanning in. Party maande in die jaar bied ’n mens ’n beter geleentheid om “ywerig besig” te wees met die verkondiging van die goeie nuus (Hand. 18:5). Dit sluit die Gedenkmaalseisoen van Maart en April in, asook die maande wanneer die kringopsiener die gemeente besoek. Baie verkondigers volg met graagte ’n ietwat streng rooster sodat hulle gedurende hierdie tye van spesiale bedrywighede ’n groter aandeel aan die predikingswerk kan hê, want hulle besef dat hulle soms ryk seëninge as gevolg daarvan smaak (2 Kor. 9:6). Baie verkondigers wend spesiale pogings aan om gedurende die vakansiemaande en enige maand in die jaar wat vyf vol naweke het pionierdiens te doen. Maar wanneer hulle aansoek doen, besef hulle hoe belangrik dit is om die beginsel ‘Laat jou ja ja wees’, te volg deur hulle heel beste te doen om elke maand wat hulle as hulppioniers dien 60 uur of meer te rapporteer.—Matt. 5:37.

Verkondigers wat nie pionierdiens kan doen nie, kan help deur saam met die hulppioniers te werk en definitiewe reëlings met hulle te tref. Dit help die pioniers as jy langer saam met hulle in die diens kan werk, indien dit moontlik is. Pioniers waardeer veral die ondersteuning van ander verkondigers tydens die vroeë oggend, laat middag of vroeë aand. Hulppioniers is bly as hulle genooi word om saam met ander herbesoeke te doen en tuisbybelstudies te hou. Diegene wat die hulppioniers op hierdie manier kan ondersteun, sal groter geluk smaak omdat hulle gee.—Hand. 20:35.

Die ywer van die talle hulppioniers word hoog op prys gestel. Diegene wat by hulle aansluit, kan groot seëninge verwag (Spr. 10:4). Wanneer kan jy weer ’n keer die vreugdes smaak wat met groter bedrywighede in die hulppionierdiens gepaardgaan?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel