Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/98 bl. 3-6
  • Gaan ons dit weer doen? Nog ’n oproep om hulppioniers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan ons dit weer doen? Nog ’n oproep om hulppioniers
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Maak die voortreflikhede van Jehovah alom bekend
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 3/98 bl. 3-6

Gaan ons dit weer doen? Nog ’n oproep om hulppioniers

1 Gaan ons wat weer doen? Gaan ons tydens die Gedenkmaalseisoen hulppionierdiens doen? Die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1997 het ons aandag getrek met die treffende opskrif: “Benodig—10 000 hulppioniers.” Ons was seker dat julle daardie oproep ernstig sou opneem. Toe die diensrapport vir Maart 1997 saamgestel is, was ons verheug om te sien dat 8 728 hulppionierdiens gedoen het! As ons die 4 803 gewone pioniers en die 174 spesiale pioniers wat daardie maand gerapporteer het hierby tel, sien ons dat 20 persent van al die verkondigers onder die Suid-Afrikaanse tak in die pionierdiens was. Gaan ons dit hierdie Gedenkmaalseisoen weer doen?

2 Ons wil almal wat verlede jaar ’n ekstra poging aangewend het om hulle velddiensbedrywighede uit te brei hartlik prys. Dit is duidelik dat julle almal deur onselfsugtige liefde vir Jehovah God en julle naaste beweeg is (Luk. 10:27; 2 Pet. 1:5-8). Verkondigers in verskillende lewensomstandighede het tyd ingeruim vir hulppionierdiens. In een gemeente het 51 verkondigers in dieselfde maand saam aan die pionierdiens deelgeneem, waaronder die meeste van die ouer manne, ’n moeder met ’n dogtertjie van 15 maande, ’n suster wat haar werk opgegee en ’n deeltydse werk gekry het sodat sy pionierdiens kon doen en ’n ouer suster wat nooit tevore pionierdiens gedoen het nie. Die kringopsiener het geskryf: “’n Ontsaglike poging word in die predikingswerk aangewend. . . . Dit het nie alleen ’n uitwerking op die gebied nie, maar ook op die gemeentes wat oorloop van geesdrif. Broers geniet dit om mekaar beter te leer ken sowel as om goeie resultate in die bediening te sien.”

3 Ook jong mense is verlede jaar betrek. ’n Dertienjarige ongedoopte verkondiger in die Verenigde State het uitgesien na die tyd wanneer sy haar toewyding aan Jehovah kon simboliseer. Nadat sy in Februarie gedoop is, het sy oor haar begeerte om in Maart hulppionierdiens te doen, geskryf: “Omdat niks my nou meer terughou nie, het ek my aansoek dadelik ingegee. . . . Die talle wonderlike ondervindinge wat ons gehad het, sou nooit ’n werklikheid geword het as dit nie vir julle liefdevolle uitnodiging was om aan die pionierdiens deel te neem nie. Ek dank Jehovah vir die voorreg wat ek gehad het om onder daardie 100 000 [in die Verenigde State] te wees wat die uitnodiging aangeneem het.” Sy het haar dit ten doel gestel om dit weer te doen.

4 Dalk was jy onder die 8 728 wat verlede Maart aan die hulppionierbedrywighede deelgeneem het, of die 7 264 in April, of die 4 564 in Mei. Gaan jy dit vanjaar weer doen? Kan jy dalk vanjaar pionierdiens doen as jy nie verlede jaar kon nie? Kan ons 10 198, die getal van diegene wat in April 1990 hulppionierdiens gedoen het, oortref? Dit was die grootste getal hulppioniers in een maand vir al die lande onder die Suid-Afrikaanse tak.

5 Spits julle toe op April en Mei: Vanjaar val die spesiale tydskrifdag op Saterdag, 4 April, en die Gedenkmaal op Saterdag, 11 April, wat April ’n uitstekende maand maak vir groter bedrywigheid in die bediening (2 Kor. 5:14, 15). Gedurende die eerste 11 dae van die maand sal ons ons daarop toespits om soveel belangstellendes moontlik na die Gedenkmaal te nooi. As jy van plan is om hulppionierdiens te doen, moet jy asseblief jou aansoekvorm ingee lank voor die datum waarop jy wil begin.—1 Kor. 14:40.

6 Aangesien Mei vyf volle naweke het, sal dit dalk vir verkondigers wat skoolgaan of ’n voltydse sekulêre werk het makliker wees om daardie maand hulppionierdiens te doen. As jy beplan om elk van die vyf naweke tien uur in die velddiens te bestee, sal jy slegs ’n verdere tien uur in die maand hoef te werk om die vereiste 60 uur te bereik.

7 Die lektuuraanbod gedurende April sowel as Mei sal ’n intekening op Die Wagtoring wees. Waar die intekening van die hand gewys word, kan die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met afsonderlike eksemplare van die tydskrifte aangebied word. Dit behoort selfs meer van ons aan te moedig om aan die pionierdiens deel te neem. Waarom sê ons so? Die tydskrifte is maklik om aan te bied en ’n genot om in die bediening te gebruik. Hulle is geskik om in alle aspekte van die diens te gebruik—in huis-tot-huis- en winkel-tot-winkelwerk, asook wanneer ons mense op straat, in parkeerterreine, in parke en by ander informele geleenthede nader. Bowenal verdedig Die Wagtoring en Ontwaak! Koninkrykswaarhede. Hulle vestig die aandag op die vervulling van Bybelprofesieë, wat bewys dat God se Koninkryk heers. Hulle raak ook lesers se lewe deur die ware behoeftes van mense te bespreek. As ons daaraan dink hoe ons lewe deur hierdie kosbare tydskrifte geraak is, sal dit ons beweeg om soveel moontlik daarvan in April en Mei te help versprei.

8 Ter voorbereiding vir hierdie verskerpte tydskrifbedrywighede sal jy daarby baat vind om hierdie artikels te hersien: “Die Wagtoring en die Ontwaak!—tydige tydskrifte van waarheid” (Die Wagtoring van 1 Januarie 1994), “Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut” (Ons Koninkryksbediening vir September 1995) en “Berei jou eie tydskrifaanbieding voor” (Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996).

9 Ouer manne neem die leiding: Om die baie verkondigers tegemoet te kom wat verlede jaar pionierdiens gedoen het, het die ouer manne in een gemeente hulle aangemoedig om een Saterdag in die maand as ’n spesiale dag van diensbedrywigheid vir die hele gemeente te maak. Reëlings is getref om op verskillende tye gedurende die dag bymekaar te kom om almal in die gemeente die geleentheid te gee om aan verskillende vorme van getuieniswerk deel te neem. Hulle het onder andere sakeondernemings besoek, op straat getuig, mense van huis tot huis besoek, herbesoeke gedoen, briewe geskryf en per telefoon getuig. Die reaksie was uitstekend, met 117 verkondigers wat deur die loop van die dag aan die velddiens deelgeneem het. Hulle het altesaam 521 uur in die bediening deurgebring en 617 tydskrifte, brosjures en boeke versprei! Die opgewondenheid van daardie Saterdag is na die Sondag oorgedra, sodat hulle byna ’n rekordbywoning by die Openbare Vergadering en die Wagtoring-studie gehad het.

10 In April en Mei moet die gemeente by elke Diensvergadering herinner word aan die tyd en plek van die volgende week se velddiensvergaderinge, veral as daar bykomende reëlings benewens die gewones getref word. Gewone pioniers sowel as verkondigers wat nie hulppionierdiens doen nie, word aangemoedig om hierdie groepreëlings te ondersteun sover hulle omstandighede dit toelaat.

11 Die diensopsiener sal met die broer wat die gebied uitdeel, moet saamkom om te reël dat die gemeente in gebied werk wat nie dikwels gedek word nie. Meer aandag kan daaraan geskenk word om terug te gaan na waar mense nie tuis was nie en om getuieniswerk op straat en van winkel tot winkel te doen. Aandgetuieniswerk kan ook beklemtoon word. Genoeg tydskrifte moet vir April sowel as Mei bestel word met die oog op die groter bedrywighede.

12 Baie verkondigers kan aan die vereistes voldoen: Die eerste sin op die aansoekvorm vir hulppionierdiens sê: “As gevolg van my liefde vir Jehovah en my begeerte om ander te help om van hom en sy liefdevolle voornemens te leer, wil ek graag my aandeel in die velddiens vergroot deur as ’n hulppionier in te skryf.” Ons liefde vir Jehovah en ons begeerte om ander geestelik te help, vorm die grondslag van ons toewyding (1 Tim. 4:8, 10). Om aan die vereistes vir hulppionierdiens te voldoen, moet ’n mens gedoop wees, goeie sedes handhaaf en in staat wees om gedurende die maand 60 uur aan die bediening te wy. Laat ons almal ons omstandighede ondersoek en kyk of party van ons wat nog nooit tevore pionierdiens gedoen het nie dit vanjaar in April of Mei kan doen.

13 Baie in die gemeentes besef dalk dat hulle ook pionierdiens kan doen wanneer hulle sien dat ander met soortgelyke omstandighede inskryf. Skoolkinders, bejaardes, dié met voltydse sekulêre werk, waaronder ouer manne en bedieningsknegte, asook ander het al met welslae aan die hulppionierdiens deelgeneem. ’n Huisvrou en moeder van twee wat ook ’n voltydse werk het, het in een maand van hulppionierdiens 60 uur in die bediening bestee, 108 tydskrifte versprei en 3 Bybelstudies begin. Hoe het sy dit gedoen? Sy het haar etensuur by die werk gebruik om in nabygeleë gebied te werk, sy het getuig deur briewe te skryf en sy het getuieniswerk in parkeerterreine en op straat gedoen. Sy het ook die beste gebruik gemaak van die dag wat sy elke week by die werk vry kry deur saam met die gemeente velddiens te doen. Hoewel sy aanvanklik gedink het dat hulppionierdiens ’n onbereikbare doelwit is, het sy met ander se aanmoediging en ’n praktiese rooster die struikelblokke oorkom.

14 Jesus het sy dissipels verseker: “My juk is sag en my vrag is lig” (Matt. 11:30). Dit is die titel van ’n bemoedigende artikel in Die Wagtoring van 15 Augustus 1995. Daarin lees ons van ’n suster met ’n veeleisende voltydse werk. Het sy gedink hulppionierdiens was vir haar buite die kwessie? Nee. Trouens, sy het dit reggekry om elke maand aan die hulppionierdiens deel te neem. Waarom? Omdat sy gemeen het dat pionierdiens haar in werklikheid help om haar balans te handhaaf. Die grootste bron van vreugde in haar besige lewe was om mense Bybelwaarhede te leer en te sien hoe hulle hulle lewe verander om God se goedkeuring te verkry.—Spr. 10:22, NW.

15 Die seëninge wat ’n mens geniet, vergoed beslis vir enige persoonlike opofferings en aanpassings wat jy moet maak om pionierdiens te kan doen. ’n Suster het oor haar ondervinding met hulppionierdiens geskryf: “Dit het my gehelp om nie aan myself te dink nie en om my meer daarop toe te lê om ander te help. . . . Ek beveel dit aan vir diegene wat dit kan doen.”

16 Jy moet ’n goeie rooster hê: Op die laaste bladsy van hierdie byvoegsel gee ons weer die roostervoorbeelde wat in Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1997 verskyn het. Dalk pas een van hulle by jou omstandighede. Dink aan jou normale roetine gedurende die maand wanneer jy hulle deurgaan. Watter projekte by die huis kan jy voor jou pionierdiens doen of tydelik tot later uitstel? Kan jy minder tyd aan vermaak of ontspanning bestee? Moenie na die vereiste totaal van 60 uur mik nie, maar stel eerder ’n daaglikse of weeklikse rooster op. Slegs 2 uur per dag of 15 uur per week is nodig om hulppionierdiens te doen. Gaan die roostervoorbeelde na en kyk, met jou potlood in die hand, hoe jy ’n persoonlike rooster kan opstel wat jou en jou gesin die beste sal pas.

17 Die gemeente se gunstige reaksie en bykomende ondersteuning vir die bediening verlede jaar het die geesdrif opgewek van ’n gewone pionier wat geskryf het: “Baie dankie vir julle liefdevolle aanmoediging om ’n ekstra poging aan te wend om die hulppionierdiens te ondersteun. . . . Julle voorgestelde roosters het baie wat nooit tevore pionierdiens gedoen het nie, gehelp om te sien dat hulle dit kan doen. . . . Ek is so bly om aan Jehovah se organisasie te behoort en die gelukkige, liefdevolle leiding van die getroue en verstandige slaaf te volg.”

18 Spreuke 21:5 verseker ons: “Die planne van die vlytige is net tot voordeel.” Spreuke 16:3 spoor ons aan: “Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.” Ja, deur Jehovah biddend met betrekking tot ons besluit te raadpleeg en ten volle op hom te vertrou vir hulp om welslae te behaal, kan ons positief wees oor ons planne om hulppionierdiens te doen. Nadat ons gesien het hoe goed ons rooster vir ’n maand of twee van hulppionierdiens werk, kan ons moontlik ’n merkie maak in die blokkie op die aansoekvorm vir hulppionierdiens waar dit sê: “Maak ’n regmerkie indien jy onafgebroke as hulppionier wil dien tot verdere kennisgewing.” Hoe dit ook al sy, ons kan daarna uitsien om weer in Augustus hulppionierdiens te doen, wanneer daar vyf volle naweke sal wees. Wanneer ons in Augustus aan die einde van die diensjaar kom, sal ’n doelbewuste poging aangewend word sodat almal soveel moontlik in die bediening kan doen.

19 Jesus het voorspel: “Hy wat geloof in my beoefen, hy sal ook self die werke doen wat ek doen; en hy sal groter werke as dié doen” (Joh. 14:12). Dit is ons vreugdevolle voorreg om as God se medewerkers te dien terwyl hierdie profesie sy groot vervulling ondergaan. Dit is nou die tyd om die goeie nuus met die allergrootste ywer te verkondig, terwyl ons die geleë tyd uitkoop om hierdie werk te doen (1 Kor. 3:9; Kol. 4:5). ’n Uitstekende manier waarop ons as Koninkryksverkondigers ons deel kan bring, is om so dikwels moontlik aan die hulppionierdiens deel te neem. Ons sien gretig daarna uit om te sien hoe groot die hulppioniers se lofsang hierdie Gedenkmaalseisoen gaan wees (Ps. 27:6). Met verlede jaar se resultate in gedagte wonder ons: ‘Gaan ons dit weer doen?’ Ons is vol vertroue dat ons sal!

[Venster op bladsy 3]

Kan jy as ’n hulppionier dien?

“As jy, ongeag jou persoonlike omstandighede, gedoop is, ’n goeie morele reputasie het, reëlings kan tref om die vereiste 60 uur per maand aan die veldbediening te wy en meen dat jy een of meer maande lank as ’n hulppionier kan dien, sal die gemeente se ouer manne jou aansoek om hierdie diensvoorreg met graagte oorweeg.”—Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsy 114.

[Venster op bladsy 6]

Hulppionierroosters

Voorbeelde van maniere waarop jy ’n rooster kan opstel vir 15 ure velddiens elke week

Oggende—Maandag tot Sondag

Dag Tyd Ure

Maandag Oggend 2

Dinsdag Oggend 2

Woensdag Oggend 2

Donderdag Oggend 2

Vrydag Oggend 2

Saterdag Oggend 2 1⁄2

Sondag Halfdag 2 1⁄2

Totale ure: 15

Twee volle dae

Enige twee dae van die week kan gekies word

Dag Tyd Ure

Woensdag Volle dag 7 1⁄2

Saterdag Volle dag 7 1⁄2

Totale ure: 15

Twee aande en die naweek

Enige twee weekaande kan gekies word

Dag Tyd Ure

Maandag Aand 1 1⁄2

Woensdag Aand 1 1⁄2

Saterdag Volle dag 8

Sondag Halfdag 4

Totale ure: 15

Middae in die week en Saterdag

Enige dag kan deur Sondag vervang word

Dag Tyd Ure

Maandag Middag 2

Dinsdag Middag 2

Woensdag Middag 2

Donderdag Middag 2

Vrydag Middag 2

Saterdag Volle dag 5

Totale ure: 15

My persoonlike diensrooster

Besluit op die aantal ure vir elke tyd

Dag Tyd Ure

Maandag

Dinsdag

Woensdag

Donderdag

Vrydag

Saterdag

Sondag

Totale ure: 15

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel