Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/93 bl. 4
  • Help ander om ’n groot skat te herken

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om ’n groot skat te herken
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Boek wat ware leiding bied
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gaan terug om belangstelling in die Bybel aan te wakker
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gaan terug om mense te leer hoe hulle vir ewig kan lewe
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Wakker belangstelling aan in God se Koninkryk van vrede
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 9/93 bl. 4

Help ander om ’n groot skat te herken

1 Wanneer ons die goeie nuus van die Koninkryk aan ander verkondig, moet een van ons doelwitte wees om opregtes van hart te help om die uitmuntende waarde van God se Woord te besef (Filip. 3:8). Ons Bybellektuur speel ’n belangrike rol in die verspreiding van die Koninkryksboodskap. Die Paradys op aarde-boek het byvoorbeeld honderdduisende mense gehelp om Jehovah te dien as gevolg van die Bybelwaarhede wat hulle geleer het.

2 Ons bediening behels meer as om net lektuur te laat by enigeen wat bereid is om dit te neem. Ons moet die boodskap op ’n aantreklike manier aanbied, aandagtig luister na wat die huisbewoner sê en dan gereed wees om met hom ‘uit die Skrif te redeneer’.—Hand. 17:2.

3 Hoe kan dit gedoen word? Ons inleidings kan die weg baan vir huisbewoners om te toon of hulle waarlik in die Bybel en sy boodskap belangstel.

Jy kan sê:

◼ “Ons besoek jou om die betekenis te bespreek van wat vandag om ons in die wêreld gebeur. Baie mense het belangstelling verloor in God en in sy standaarde vir die lewe soos dit in die Bybel uiteengesit word. Dit het mense se gesindheid teenoor mekaar grootliks beïnvloed. Het jy dit opgemerk? [Laat die huisbewoner antwoord. Jy kan spesifieke voorvalle noem.] Let asseblief op die gesindheid van diegene wat in 2 Timotheüs 3:1-5 gemeld word, en sê vir my of dit vir jou na die hedendaagse wêreld klink. [Lees; laat die huisbewoner antwoord.] Is daar gegronde redes om in die toekoms beter toestande te verwag?” As die huisbewoner belangstelling toon, kan jy na die prente op bladsye 12 en 13 van die Paradys op aarde-boek blaai en die aandag op paragrawe 12 en 13 vestig. As die aanbod van die hand gewys word, kan die Vreedsame nuwe wêreld-traktaat aangebied word.

4 As ’n ouer die deur oopmaak, kan ons ons gesprek só begin:

◼ “Ons gesels met mense wat belangstel in hoe ons gesinsprobleme beter die hoof kan bied. Ons probeer almal ons bes, maar as daar iets is wat ons kan help om groter sukses te behaal, stel ons belang, nie waar nie? [Laat die huisbewoner antwoord.] Die Bybel gee leiding in hierdie saak, soos ons in Kolossense 3:12-14 vind. [Lees.] Wat is dus nodig om ’n suksesvolle gesinslewe te geniet? Let op wat in hierdie publikasie gesê word in die hoofstuk ‘Hoe om ’n gelukkige gesinslewe te geniet’.” Lees paragraaf 3 op bladsy 238 van die Paradys op aarde-boek. As die huisbewoner te besig is of nie gunstig reageer nie, kan jy ’n onlangse tydskrif oor gesinsake of die traktaat Put genot uit jou gesinslewe probeer aanbied.

5 Ons wil nooit ons doel uit die oog verloor nie, naamlik om ’n deeglike getuienis oor die Koninkryk te gee (Matt. 24:14). As ons die Bybel en die wonderlike voorsiening van teokratiese lektuur goed gebruik, kan ons vol vertroue op Jehovah se seën staatmaak om gedurende hierdie betekenisvolle tye sy wil te kan volbring.—Gal. 6:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel