Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/93 bl. 8
  • Begin Bybelstudies gedurende Desember

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Begin Bybelstudies gedurende Desember
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Gaan terug om mense te leer hoe hulle vir ewig kan lewe
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Begin studies in die Grootste mens-boek
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help ander om van God se Seun, Jesus Christus, te leer
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Die Bybel—god se gids vir alle mense
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 12/93 bl. 8

Begin Bybelstudies gedurende Desember

1 Jesus het sy dissipels beveel om onderrigters van die goeie nuus te wees (Matt. 28:19). Ons vernaamste manier om ander te leer, is deur Bybelstudies met hulle te hou. Neem jy aan hierdie werk deel? Indien nie, hoe kan jy ’n studie begin en sodoende ’n groter deelname daaraan hê om ander te leer?

2 Ons het moontlik ’n traktaat by die huisbewoner gelaat en hom belowe dat ons sou terugkeer om die inhoud daarvan met hom te bespreek.

Wanneer ons na ’n huisbewoner teruggaan by wie ons die traktaat “Sal hierdie wêreld bly voortbestaan?” gelaat het, kan ons sê:

◼ “Toe ek ’n paar dae gelede hier was, het ons bespreek hoe dringend die tye is waarin ons leef en dat Jesus die toestande van ons dag akkuraat beskryf het. Ek wil graag ’n paar minute neem en kortliks van die inligting bespreek in die traktaat wat ek by jou gelaat het. Kyk wat sê dit onder die tussenhofie ‘Die teken’.” Blaai na bladsy 3 van die traktaat en bespreek die eerste twee of drie paragrawe onder daardie tussenhofie en lees die tekste wat aangegee word na gelang van die tyd. Beklemtoon hoe Jesus se profesie vandag vervul word. Tref reëlings om terug te gaan en die ander paragrawe onder hierdie tussenhofie te bespreek. Moedig die huisbewoner aan om die materiaal te lees voordat jy weer kom.

3 Of jy kan iets sê soos:

◼ “Die vorige keer toe ons gesels het, het ek die traktaat Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? by u gelaat. Ons het oor Jesus Christus se rol in wêreldaangeleenthede gesels. Ons het sy woorde gelees wat hier in die Bybel in Johannes 17:3 opgeteken is. [Lees.] Aangesien dit noodsaaklik is om van God en Jesus te leer as ons die ewige lewe wil hê, is dit die moeite werd om alles in ons vermoë te doen om sulke kennis in te neem. Toe Jesus op die aarde was, het hy die talle wonderlike eienskappe van God weerspieël. Is dit nie redelik om te verwag dat hoe meer ons oor Jesus en sy bediening te wete kom hoe meer sal ons oor sy Vader te wete kom nie? [Laat die huisbewoner antwoord.] Kyk wat sê hierdie boek, Die grootste mens wat nog geleef het.” Lees die eerste en tweede paragrawe op die tiende bladsy van hoofstuk 116. Beklemtoon dat hierdie boek al die inligting oor Jesus in die vier Evangelieverslae bevat en hierdie materiaal in die volgorde plaas waarin die gebeure plaasgevind het. Vestig die huisbewoner se aandag op spesifieke hoofstuktitels, prente sowel as die kaart voor in die boek. Lig die persoon in dat jy graag hierdie puik publikasie teen ’n bydrae van R9,00 by hom wil laat.

4 Nadat ons ’n huisbewoner gegroet het wat die “Grootste mens”-boek geneem het, kan ons sê:

◼ “Soos ek tydens my vorige besoek genoem het, is die Grootste mens-boek met die oog op Bybelstudie saamgestel. Ek wil graag kortliks vir jou wys hoe jy dit die effektiefste kan gebruik.” Maak die boek oop by hoofstuk 1, “Boodskappe vanuit die hemel”. Vestig die huisbewoner se aandag op die gedrukte vrae. Lees die eerste vraag en bespreek dan die inleidende paragrawe. Skakel die prent op die tweede bladsy hierby in. Behandel nou die res van die vrae en vestig die aandag op die antwoorde soos die tyd dit toelaat. Tref reëlings om terug te gaan en die gesprek voort te sit voordat jy vertrek.

5 Deur ’n positiewe gesindheid te behou, goed voor te berei en van elke geleentheid gebruik te maak, sal ons goed toegerus wees om gedurende Desember ’n Bybelstudie te begin.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel