Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/93 bl. 4
  • Begin studies in die Grootste mens-boek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Begin studies in die Grootste mens-boek
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Begin Bybelstudies gedurende Desember
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gaan terug om mense te leer hoe hulle vir ewig kan lewe
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Gebruik traktate om die Grootste mens-boek aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Help ander om van God se Seun, Jesus Christus, te leer
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 6/93 bl. 4

Begin studies in die Grootste mens-boek

1 ’n Tuisbybelstudie sal vir jou sowel as vir die huisbewoner genotvol en lonend wees. Niks kan vergelyk word met die vreugde om Bybelkennis aan ander mee te deel nie.—Spr. 11:25.

2 Teken van die laaste dae: Hoe kan jy nou ’n studie begin deur hoofstuk 111 van die Grootste mens-boek te gebruik as jy die wenk in die artikel hierbo gebruik het en jou gesprek begin het met die traktaat Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? Maak die boek by hoofstuk 111 oop en lees die eerste drie paragrawe. Jy kan dan die eerste vraag aan die einde van die hoofstuk vra: “Wat gee aanleiding tot die apostels se vraag, maar wat anders het hulle blykbaar op die hart?” Help die huisbewoner om oor die vraag te redeneer, en gebruik die prent om hom te onderrig. Nadat jy die vierde tot die sesde paragraaf gelees het, kan jy die tweede vraag vra: “Watter deel van Jesus se profesie word in 70 G.J. vervul, maar wat gebeur nie op daardie tyd nie?” As dit lyk of die huisbewoner belangstel en tyd het, kan jy jou gesprek voortsit.

3 Wanneer dit lyk of ’n ander tyd vir die huisbewoner geriefliker sal wees, kan jy vra: “Sal jy graag meer wil weet oor wanneer die einde van hierdie stelsel van dinge sal aanbreek?” Jy kan dan reël om terug te gaan om die vraag te beantwoord.

4 Is ’n vreedsame wêreld moontlik? Hoe kan hoofstuk 133 nuttig wees om ’n Bybelstudie te begin as jy die traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld gebruik het om die Grootste mens-boek aan te bied?

Nadat jy 2 Petrus 3:13 gelees het, kan jy die tweede paragraaf op bladsy 3 van die traktaat lees of opsom en dan sê:

◼ “Jesus Christus, die Seun van God, sal die Koning van Jehovah se Koninkryk wees. Let op hoe die boek Die grootste mens wat nog geleef het Jesus beskryf en ons inlig oor wat hy in die toekoms gaan doen.” Lees dan die hele hoofstuk. Vra die huisbewoner die eerste vraag aan die einde van die hoofstuk: “‘Watter vreugdevolle voorreg sal die Armageddon-oorlewendes en hulle kinders geniet?’ [Laat huisbewoner antwoord. Die ander vrae kan ook so bespreek word.] Sal jy graag ’n deel van die nuwe aarde wil wees waaroor Jesus as Koning gaan regeer? Ek sal jou graag elke week in die Bybel wil wys hoe jy deel van daardie nuwe aarde kan uitmaak.”

5 Party mense sal dalk ook belangstel in ’n verdere bespreking oor Jesus Christus tydens hierdie besoek.

Jy kan sê:

◼ “In hierdie boek is daar probeer om Jesus se aardse lewe uit te beeld soos dit in die vier Evangelies uiteengesit word. Sal jy graag meer wil uitvind oor Jesus se lewe op die aarde?” As die huisbewoner instem, sal jy dalk Jesus se eerste wonderwerk, in hoofstuk 15, wil bespreek.

6 Daar is nog baie opregtes van hart wat regverdigheid liefhet en wat na oplossings soek vir die probleme waarmee hulle te kampe het. Dit is waarlik ’n baie lonende strewe om aan te bied om Jesus Christus se leringe deur middel van ’n Bybelstudie aan ander mee te deel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel