Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/94 bl. 1
  • Loof Jehovah se Eersgeborene!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Loof Jehovah se Eersgeborene!
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Help almal wat reeds belangstelling getoon het
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • ‘Getuig deeglik van die goeie nuus’
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Wees ywerig vir wat goed is!
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Jehovah seën ons moeite om die Gedenkmaal te herdenk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 2/94 bl. 1

Loof Jehovah se Eersgeborene!

1 Op Sondag, 9 Nisan, 33G.J., het ’n groot menigte met palmtakke in hulle hande Jehovah se eersgebore Seun, die Here Jesus Christus, geloof as “die Koning wat kom in die Naam van die Here” (Luk. 19:38; Hebr. 1:6). Jesus was op Maandag en Dinsdag, 10 en 11 Nisan, druk besig met sy openbare bediening, wat daardie laaste dae van die besigste dae van sy aardse lewe gemaak het.

2 Vandag is daar ’n selfs groter menigte met figuurlike palmtakke in hulle hande wat met ’n groot stem uitroep: “Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!” (Openb. 7:9, 10). Op 26 Maart sal ons bymekaarkom om die herdenking van Christus se dood te vier. Ons kan gerus namate hierdie datum nader kom ons pogings in die bediening verskerp en sodoende tot hierdie globale lofuitroep bydra.

3 Vermeerder jou velddiensbedrywighede: Baie verkondigers het reeds aansoek gedoen om gedurende Maart aan die hulppionierdiens deel te neem. Wil jy graag by hulle aansluit? Dan moet jy jou aansoek sonder versuim ingee. Een van die ouere manne sal met graagte enige vrae beantwoord wat jy oor die werk het.

4 Of jy nou as ’n hulppionier kan dien of nie, jy kan nogtans gedurende Maart ’n volle deelname aan die bediening hê. Die gemeente sal moontlik kan reël dat daar groepgetuieniswerk elke dag van die maand is. Genoeg gebied moet vir daardie doel opsygesit word.

5 Alle gemeentes moet ’n spesiale velddiensreëling vir Saterdag, 26 Maart, hê. Hoewel baie reëlings vir die Gedenkmaal getref moet word, wil ons almal wat Saterdagoggend aan die veldbediening kan deelneem, aanmoedig om dit te doen. Buiten huis-tot-huis-werk moet julle seker maak dat diegene wat julle uitgenooi het om die Gedenkmaal by te woon vervoer het en dat hulle presies weet hoe laat en waar die vergadering gehou gaan word.

6 Nooi ander uit en moedig hulle aan: Jesus het sy volgelinge beveel: “Doen dit tot my gedagtenis” (1 Kor. 11:24). Aangesien Jesus se gesalfde voetstapnavolgers daardie bevel gehoorsaam, is elke dienaar van Jehovah uitgenooi om die Gedenkmaalviering as waarnemer by te woon. Jy moet onder andere Bybelstudente, familielede, diegene met wie jy Bybelbesprekings gehad het, ongelowige huweliksmaats en sakekennisse uitnooi. Stel ’n lys op sodat niemand oor die hoof gesien word nie.

7 By die Gedenkmaal self sal daar bykomende geleenthede wees om belangstellendes aan te moedig. Maak seker dat julle vroeg kom sodat julle nuwelinge kan groet wat die Gedenkmaal vir die eerste keer bywoon. As ’n paar van jou Bybelstudente die Gedenkmaal bywoon, sal dit dalk prakties wees as ’n ander verkondiger gedurende die vergadering by party van hulle sit. Nooi nuwelinge uit om die gemeente se gereelde Openbare Vergadering by te woon. Die ouere man wat gekies word om die openbare toespraak te hou, moet goed voorbereid wees om ’n stimulerende toespraak te lewer.

8 Aan die einde van die Gedenkmaalviering, wanneer ons saam lied 105, “Loof Jehovah se Eersgeborene!”, sing, moet ons met tevredenheid kan terugkyk op ’n maand van ywerige teokratiese bedrywighede tot eer van Jehovah!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel