Vraebus
■ Wanneer moet Gemeentelike Boekstudies gehou word?
Dit is gewoonlik praktieser en geriefliker dat daar verskeie boekstudiegroepe is wat op verskillende plekke in die gemeente se gebied bymekaarkom, in plaas daarvan dat almal by die Koninkryksaal bymekaarkom. Hierdie vergadering moet op ’n tyd gehou word wat die gerieflikste is vir die meeste wat dit bywoon. Dit is gewoonlik op ’n aand gedurende die week wanneer daar geen ander vergaderinge of diensbedrywighede is nie. Maar dit kan voordelig wees om ’n boekstudie gedurende die dag te reël vir bejaardes wat huiwerig is om saans uit te gaan en vir diegene wat nagskof werk. In enkele gevalle is dit dalk prakties om ’n boekstudie wat gedurende die dag gehou word oor die naweek tehê.
Die ouere manne kan op gepaste wyse navraag doen om uit te vind watter vergaderingtye “vir die meeste verkondigers gerieflik is”, sowel as vir belangstellendes (omAF bl. 62). Die tyd wat gekies word, moet op ’n dag en ’n uur wees wat nie te veel inbreuk sal maak op velddiensreëlings of dit sal beperk nie.