Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/94 bl. 3-4
  • Dien Jehovah sonder dat jou aandag afgelei word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dien Jehovah sonder dat jou aandag afgelei word
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Dien Jehovah sonder om afgelei te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Bly ons wakker deur nie afgelei te word nie?
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • ‘Wees gereed’
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • ‘Skenk meer as die gewone aandag’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 4/94 bl. 3-4

Dien Jehovah sonder dat jou aandag afgelei word

1 “Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is!” (Ps. 144:15, NW). Is hierdie woorde van koning Dawid selfs gedurende hierdie bose dae nog waar? (Ef. 5:16). Ja! Christene put steeds vreugde uit hulle diens aan Jehovah. Dinge is nie altyd vir ons maklik nie. Satan veroorsaak vir ons probleme gedurende hierdie “swaar tye”, maar ons voel nie mismoedig nie (2 Tim. 3:1‚2). Die verslegtende toestande is verdere bewys dat die tyd op hande is vir God se Koninkryk om hierdie verdorwe ou wêreld te vernietig en dit met ’n rein, nuwe wêreld te vervang (2 Pet. 3:13). Die duisternis van hierdie wêreld verdof of blus nie die vlam van ons gelukkige hoop nie; ons Koninkrykshoop skyn eerder al hoe helderder. Is jy nie bly dat jy Jehovah as ’n lig in hierdie donker wêreld dien nie?—Filip. 2:15.

2 As individue moet ons voortdurend op ons diens aan Jehovah let. Waarom? Omdat Satan ons altyd van ons diens probeer aflei. Een woordeboek definieer “aflei” as “laat wegdraai”, “om (die aandag) af te trek of op iets anders te vestig of te verdeel” en “om teenstrydige emosies of motiewe op te wek of verwarring daarmee te skep”. Sedert Satan na die aarde toe neergewerp is, slaag hy daarin om die mensdom te “verlei”. Hy gebruik baie dinge om die mens se aandag van die ware geskille van ons dag af te lei (Openb. 12:9). Jehovah se Getuies span hulle al die afgelope honderd jaar in om die Koninkryk te verkondig, maar hoeveel mense sien die allerbelangrikste geskille in ten opsigte van die heiliging van God se naam en die regverdiging van sy soewereiniteit deur God se Koninkryk? Betreklik min (1 Joh. 5:19). As Satan miljarde mense op hierdie aarde se aandag kan aflei, bestaan daar ’n voortdurende gevaar dat hy ons aandag kan aflei of ons aandag in beslag kan neem sodat ons Jehovah se diens verlaat. Ongelukkig is sommige van ons broers verwar deur die dinge wat Satan gebruik om hulle aandag af te lei. Hulle het toegelaat dat hulle verstand in verskillende rigtings afgelei word. Vandag is daar allerhande dinge waardeur mense se aandag afgelei word. Beskou net ’n paar daarvan.

3 Ekonomiese probleme en die liefde vir materiële dinge: Werkloosheid en die hoë lewenskoste veroorsaak kommer in die meeste lande ter wêreld. Ons moet weliswaar ons en ons gesinne van voedsel, klere en onderdak voorsien. Maar as ons toelaat dat ons ons te veel oor die lewensbenodigdhede bekommer, sal hierdie bekommernisse ons denke oorheers. Ons fisiese oorlewing, pleks van ons ondersteuning van die Koninkryksgeskil, kan die belangrikste plek in ons lewe inneem. Die apostel Paulus het in Hebreërs 13:5‚ 6 raad in hierdie verband gegee. Jesus Christus gee ons die versekering dat diegene wat eers die Koninkryk soek hulle nie hoef te kwel nie; Jehovah voorsien wat ons werklik nodig het (Matt. 6:25-34). Pioniers en ander voltydse knegte deur die hele wêreld kan bevestig dat dit die gevalis.

4 Satan se wêreld bevorder die liefde vir materiële dinge. Die verkryging van meer besittings of die beveiliging daarvan is die dryfkrag in die lewe van miljoene mense. Soortgelyke dinge het mense se aandag in Jesus se dag afgelei. ’n Ryk jong heerser het Jesus gevra wat hy moet doen om die ewige lewe te kry. Jesus het geantwoord: “As jy volmaak [of, volkome] wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My” (Matt. 19:16-23). Hierdie jong man se baie materiële besittings het blykbaar verhinder dat hy God heelhartig dien. Sy hart was by sy rykdom. Jesus het geweet dat die jong man daarby baat sou vind as hy ontslae geraak het van hierdie dinge wat hom verhinder het. Hulle het verhinder dat hy volkome toegewy aan God was. Wat van jou? Vind jy dat jy langer ure by jou sekulêre werk deurbring net om die lewenstyl te handhaaf waaraan jy gewoond geraak het? Het dit jou diens aan Jehovah beïnvloed? Verdring jou materiële besittings Koninkryksbelange? (Matt. 6:24). Kan jy jou lewe vereenvoudig om meer tyd aan geestelike belange tewy?

5 Alledaagse dinge: As ons nie versigtig is nie, kan ons so verdiep raak in die alledaagse dinge dat ons geestelike aangeleenthede begin verwaarloos. Dink aan die mense van Noag se dag. Hulle was so besig met sosiale aangeleenthede, om te eet en te drink, te trou en te sien dat hulle kinders trou dat hulle nie ag geslaan het op Noag se waarskuwingsboodskap oor die naderende Vloed nie. Voordat hulle dit besef het, het die Vloed gekom en hulle almal weggevoer. Die feit dat hulle toegelaat het dat ander dinge hulle aandag in beslag neem, het vir hulle vernietiging beteken. Jesus het gesê: “So sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Matt. 24:37-39). Ja, die meeste mense is vandag so behep met hulle eie lewe dat hulle nie aandag kan skenk aan die waarskuwingsboodskap wat ons aan hulle bring nie. Hulle openbaar ’n ontsettende onverskilligheid ten opsigte van geestelike dinge.

6 Is jou lewe so vol sosiale bedrywighede dat geestelike sake al hoe minder aandag kry? By een geleentheid het Martha en Maria Jesus as ’n gas na hulle huis toe genooi. Maria het aandagtig geluister na wat hy gesê het. Maar Martha “was baie besig om alles klaar te maak”. Martha was te begaan daaroor om ’n goeie gasvrou te wees. Sy het nie besef hoe belangrik dit is dat sy tyd inruim om na Jesus te luister nie. Hy het Martha vriendelik daarop gewys dat veelvuldige voorsienings nie nodig is nie; geestelike dinge behoort meer aandag te kry. Moet jy hierdie raad toepas? (Luk. 10:38-42). Jesus het ook gewaarsku dat ons op onsself moet let dat ons nie te veel eet en drink en dit ons sinne afstomp nie. Ons moet in hierdie kritieke tyd van die mensegeskiedenis heeltemal wakker wees.—Luk. 21:34-36.

7 Die najaging van plesier: Een van die vernaamste dinge wat die Duiwel gebruik om die aandag van die Koninkryksgeskil af te trek, is die najaging van plesier. Miljoene in die Christendom het plesier in die plek van God gestel. Hulle verkies die een of ander tydverdryf bo ’n ernstige belangstelling in God se Woord (2 Tim. 3:4). Heilsame vermaak en ontspanning is natuurlik op sigself nie verkeerd nie. Maar die oormatige tydsbesteding elke week aan dinge soos televisie, rolprente, video’s, sport, wêreldlike leesstof of stokperdjies kan veroorsaak dat ’n bedrieglike hart ontwikkel en ons van Jehovah afvallig maak (Jer. 17:9; Hebr. 3:12). Hoe kan dit gebeur? Jy vind dalk dat jou gedagtes tydens Christelike vergaderinge dwaal; jy wens dalk selfs dat die vergadering moet eindig sodat jy weer by jou plesier kan kom. Kort voor lank sal jy na redes soek om eerder tuis te bly as om vergaderinge by te woon of aan die velddiens deel te neem. Dit is nóú die tyd om openhartig te bepaal of hierdie genietinge jou aandag van geestelike dinge afgelei het (Luk. 8:14). Is dit moontlik dat van die kosbare ure wat deur vermaak verkwis word eerder aan geestelike ontwikkeling bestee kan word?

8 Tydrowende bysake: Party het betrokke geraak by pogings om die alledaagse probleme in die hedendaagse gemeenskap op te los. Christene moenie betrokke raak by die wêreld se eindelose debatte oor maatskaplike kwessies of sy vergeefse stryd om onregverdighede reg te stel nie (Joh. 17:16). Dit maak alles deel uit van Satan se plan om die aandag af te lei van die Bybel se raad en die grondliggende feit dat daar net een langtermynoplossing is—God se Koninkryk. As ons persoonlik leed of onreg aangedoen is, moet ons daarteen waak dat ons wraaksugtig of so ontsteld raak dat ons vergeet wie ons is—Getuies van Jehovah. Dit is in die eerste plek Jehovah wat veronreg is, en dit is sý naam wat ons moet heilig.—Jes. 43:10-12; Matt. 6:9.

9 Hoewel almal ’n mate van goeie gesondheid wil behou, kan ’n mens behep raak met gesondheidsake deur oormatig aandag te skenk aan die skynbaar eindelose teorieë en geneesmiddels wat bestaan. Daar is soveel mense wat ’n wye verskeidenheid diëte, vorme van behandeling en terapieë vir fisiese en emosionele probleme aanbeveel, en baie daarvan is in stryd met mekaar. Wat iemand ten opsigte van sy gesondheid doen, is ’n persoonlike besluit, solank dit nie strydig is met Bybelbeginsels nie. Laat ons altyd ons volle vertroue in God se Koninkryk stel as die ware oplossing vir al die mens se kwale.—Jes. 33:24; Openb. 21:3‚ 4.

10 Wees standvastig, onbeweeglik: Terwyl die wêreld se einde nader kom, sal Satan harder probeer om jou aandag van jou diens aan Jehovah af te lei. “Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof” (1 Pet. 5:9). Hoe? Jy moet jou met God se gedagtes voed (Matt. 4:4). Moenie toelaat dat die dinge wat die wêreld gebruik om ’n mens se aandag af te lei jou en jou gesin beroof van die tyd wat julle nodig het om oor God se Woord te peins of in stilte daaroor na te dink nie. Bespreek opbouende ondervindinge en ander geestelike sake saam tydens gesinsmaaltye. Bly altyddeur by ’n gereelde rooster vir persoonlike studie en vergaderingvoorbereiding.

11 Wanneer bekommernisse dreig om jou te verontrus, moet jy jou las in gebed op Jehovah werp. Wees verseker dat hy oor jou besorg is (1 Pet. 5:7). Laat die vrede van God jou hart en sinne bewaar (Filip. 4:6‚7). Moenie toelaat dat dinge jou aandag aflei en jou geestelike insig vertroebel nie. Hou Jehovah, soos Jesus, altyddeur voor oë (Hand. 2:25). Hou jou oë gevestig op jou doel, soos Spreuke 4:25-27 ons aanspoor: “Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, wyk nie regs of links af nie.”

12 Woon al die vergaderinge getrou by en dissiplineer jouself om aandag te skenk wanneer jy uit God se Woord onderrig word (Hebr. 2:1; 10:24, 25). En stel jou dit ten doel om eerder produktief in die bediening te bly as om plesier in hierdie verdorwe wêreld na te jaag. Dit is wat blywende vreugde en tevredenheid verskaf (1 Thess. 2:19‚ 20). Laastens moet jy nie toelaat dat enigiets of enigiemand jou van jou heilige diens aflei nie. “Wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.”—1 Kor. 15:58.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel