Gebruik die tydskrifte om die waarheid te verkondig
1 Die waarde van geloofwaardige, feitelike inligting word in die hedendaagse gemeenskap grotendeels verwater vanweë oordrewe reklame, misleidende politieke beloftes en bedrieglike internasionale stellings. Die Wagtoring en die Ontwaak! is uniek aangesien hulle alleen die waarheid aangaande God se Koninkryk bekend maak en verduidelik wat almal moet doen om die ewige seëninge wat dit sal meebring te geniet.
2 In een land het ’n amptenaar van ’n departement van inligting wat die waarde van hierdie twee tydskrifte waardeer het geredelik gehelp om toestemming vir hulle verspreiding te verkry. Hy het gesê: “Ek beskou Die Wagtoring as een van die beste tydskrifte; ek is baie bly om te kan help.” Dit is ons voorreg om ander te help deur hierdie tydskrifte wat mense lewegewende kennis kan gee te versprei (Joh. 17:3). Hoe gaan jy hierdie waardevolle tydskrifte gedurende Mei aanbied? Die volgende voorstelle sal dalk nuttig wees.
3 As jy aandag op die inleidingsartikels in “Die Wagtoring” van 15 Mei vestig, kan jy sê:
◼ “Ons gesels met mense oor die wêreld se grootste suksesboek. Weet jy wat dit is? [Wag vir ’n antwoord.] Ons verwys na die Bybel. Daar moet ’n baie goeie rede wees waarom soveel mense al die Bybel gekoop het. Die rede word in 2 Timotheüs 3:16 gevind.” Nadat jy die teks gelees het, kan jy gepaste punte in een van die artikels beklemtoon. Bied dan die intekening aan.
4 Of ná ’n kort inleiding kan jy miskien iets sê soos:
◼ “Jy het waarskynlik al opgemerk dat daar in onlangse jare wêreldwyd toenemende besorgdheid is oor die probleme waarvoor kinders te staan kom. Watter probleme waarmee kinders plaaslik te kampe het, bekommer jou?” Wag vir ’n antwoord. Noem sommige van die ernstige probleme wat kinders oor die hele wêreld ondervind, soos in die inleidingsartikels van die Ontwaak! van 8 Mei bespreek word, en vestig die aandag op die oplossing wat God se Koninkryk bied.
5 In jou aantekeninge van herbesoeke het jy moontlik ’n lys van diegene wat aanvanklik ’n bietjie belangstelling getoon het, maar waar daar nooit iets van gekom het nie. Aangesien daar nie veel reaksie was nie, meen jy dalk dat dit nie nodig is om weer terug te gaan nie. Maar jy kan hierdie lys moontlik gebruik om ’n tydskrifroete te begin. Wanneer jy ’n artikel sien wat jy meen ’n sekere persoon sal interesseer, moet jy jou daarop toelê om daardie persoon te besoek en die tydskrifte saam met ’n intekening aan te bied.
6 Informele getuieniswerk: Dit is ’n uitstekende manier om belangstelling in die tydskrifte te wek. As die treffende voorblad oordeelkundig vertoon word, kan dit tot ’n gesprek lei. ’n Suster het ’n paar nommers op haar lessenaar neergesit sodat medewerkers dit kon sien wanneer hulle verbystap; so kon sy etlike tydskrifte by mense laat. Stel jou dit ten doel om ’n paar tydskrifte byderhand te hou, en neem die inisiatief om hulle hierdie maand aan te bied wanneer jy gaan inkopies doen, skool toe gaan, met die bus ry of op ander plekke met mense in aanraking kom.
7 Met die hulp van Die Wagtoring en die Ontwaak! het ons antwoorde op belangrike vrae oor Jehovah en sy aanbidding gevind. Ons wil hierdie tydskrifte op elke moontlike manier gebruik om ander te help om “Jehovah, die God van waarheid” te leer ken.—Ps. 31:5,NW.