Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/94 bl. 7
  • Kan jy weer by die pioniergeledere aansluit?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy weer by die pioniergeledere aansluit?
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Was jy voorheen ’n gewone pionier?
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Gaan jy binnekort die pionierdiens betree?
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Toon die “gees van die geloof”
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 8/94 bl. 7

Kan jy weer by die pioniergeledere aansluit?

1 Gedurende die afgelope vyf jaar het duisende gewone pioniers dit nodig gevind om die pionierdiens te staak. Was jy een van hulle? Indien wel, het jy ongetwyfeld rede gehad om hierdie voorreg te laat vaar. Miskien was dit iets onverwags en buite jou beheer. Bestaan daardie rede nog? Indien jou gesondheid, geldelike probleme of gesinsverpligtinge jou genoodsaak het om op te hou, kan jy jou afvra of jou omstandighede verbeter het. Kan jy ’n paar redelike aanpassings maak wat jou in staat sal stel om weer eens die seëninge van gewone pionierdiens te geniet? Het jy dit al oorweeg om weer aansoek te doen?

2 Soos jy weet, vereis dit goeie organisasie en sorgvuldige beplanning as jy welslae as ’n pionier wil behaal. Hoewel daar gewoonlik nie baie tyd vir ontspanning is nie, is ’n pionier se kort tydjies van ontspanning dikwels meer bevredigend asook lonender (Spr. 19:17; Hand. 20:35). As jy in die diens besig bly, word jy beskerm teen die selfsugtige, gemaksugtige lewenstyl wat die wêreld najaag. Jehovah het beloof dat hy jou geestelik ryk sal maak as jy selfopofferend is en Koninkryksbelange eerste stel. Jy sal beslis ware vreugde en voldoening verkry deur Jehovah heelhartig te dien.—Spr. 10:22; Kol. 3:23,24.

3 Moet ons die voltydse bediening beskou as ’n voorreg wat net deur ’n spesiale groepie persone geniet kan word? Nee. Met die oog op ons toewydingsgelofte behoort elke Christen die voltydse bediening ernstig te oorweeg tensy omstandighede dit onmoontlik maak.—Mark. 12:30.

4 As jou gesondheid en skriftuurlike verantwoordelikhede jou beslis nie toelaat om tans as pionier te dien nie, kan jy daarvan verseker wees dat Jehovah dit besef en verstaan. Hy sal jou beloon vir jou getrouheid in wat jou omstandighede ook al toelaat (1 Kor. 4:2; 2 Kor. 8:12). Maar as jou omstandighede nou gunstig lyk om die pionierdiens weer te betree, kan jy die presiderende opsiener gerus nader en hom om ’n aansoekvorm vra.

5 Kan jou gesin help? Jy het dalk die pionierdiens gestaak omdat jy gesinsverpligtinge moes nakom. Is dit moontlik dat ander gesinslede nou kan help sodat jy die pionierdiens weer kan betree? Dit is moontlik dat sommige weer as pioniers kan dien as hulle net ’n bietjie hulp ontvang om na sekere verantwoordelikhede om te sien.

6 Goeie samewerking en ’n bietjie ekstra inspanning aan die kant van ander gesinslede kan dit moontlik maak. Daar kan geldelike hulp of hulp met vervoer verleen word, sowel as gereelde afsprake om saam in die diens te werk. Daar is dalk ander maniere waarop hulle kan help. As omstandighede jou nie toelaat om weer hierdie diensvoorreg te geniet nie, kan sulke hulp dalk aan ’n ander gesinslid verleen word wat dit wel kan doen.

7 Waarom bespreek julle nie hierdie saak as ’n gesin nie? Daar bestaan dalk ’n goeie moontlikheid dat julle dit ’n gesamentlike projek kan maak. As nog ’n pionier by die geledere kan aansluit, kan die hele huisgesin tereg voel dat hulle ’n aandeel daaraan het. So ’n ruimhartige gees sal nie net bydra tot die Koninkryksgetuienis in die gebied nie, maar sal die gesin ook geestelik nader aan mekaar bring.—Luk. 6:38; Filip. 2:2-4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel