Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/11 bl. 3
  • Was jy voorheen ’n gewone pionier?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Was jy voorheen ’n gewone pionier?
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan jy ingaan by “’n groot deur wat tot bedrywigheid lei”?
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Pioniers bring en ontvang seëninge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Kan jy weer by die pioniergeledere aansluit?
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • “Jy sal ’n goeie pionier wees!”
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 3/11 bl. 3

Was jy voorheen ’n gewone pionier?

1. Watter voorreg het baie al geniet, maar wat moes party doen?

1 Deur die jare heen het duisende mense die voorreg geniet om as voltydse bedienaars ander “te leer en die goeie nuus . . . bekend te maak” (Hand. 5:42). Maar party moes om verskeie redes ophou pionier. As jy voorheen ’n gewone pionier was, het jy al jou huidige omstandighede ondersoek om te sien of jy weer die pionierdiens kan betree?

2. Waarom moet diegene wat in die verlede gepionier het, hulle huidige omstandighede ondersoek?

2 Omstandighede verander: Die situasie wat daartoe gelei het dat jy moes ophou pionier, bestaan dalk nie meer nie. As jy byvoorbeeld opgehou pionier het omdat jy nie aan die maandelikse vereiste van 90 uur kon voldoen nie, kan jy weer begin noudat die vereiste na 70 verminder is? Het jou werkbehoeftes of gesinsverantwoordelikhede verminder sedert jy die pionierdiens verlaat het? Een suster wat om gesondheidsredes opgehou pionier het, kon later op 89-jarige ouderdom weer begin. Aangesien sy vir meer as ’n jaar nie in die hospitaal opgeneem is nie, het sy gemeen dat haar gesondheid haar sal toelaat om weer te pionier!

3. Hoe kan gesinslede saamwerk om iemand in hulle gesin te help om te pionier?

3 Miskien het jy nie voorheen gepionier nie, maar het iemand in jou gesin opgehou pionier om vir ’n familielid, soos ’n bejaarde ouer, te sorg (1 Tim. 5:4, 8). Kan jy of ander in die gesin meer doen om te help, indien dit die geval is? Bespreek die situasie as ’n gesin (Spr. 15:22). Wanneer gesinslede saamwerk sodat een van hulle kan pionier, kan almal tereg voel dat hulle ’n aandeel daaraan het.

4. Wat kan jy doen as dit nie nou vir jou moontlik is om weer te begin pionier nie?

4 Moenie mismoedig voel as jou huidige omstandighede jou nie toelaat om weer te begin pionier nie. Jou gewilligheid om dit te doen, behaag Jehovah (2 Kor. 8:12). Gebruik die vaardighede wat jy as ’n pionier aangeleer het, nou in jou bediening. Maak jou begeerte ’n saak van gebed, en wees op die uitkyk na geleenthede om jou omstandighede te verander (1 Joh. 5:14). Dalk sal Jehovah mettertyd “’n groot deur wat tot bedrywigheid lei” vir jou oopmaak sodat jy weer eens die vreugde van gewone pionierdiens kan ondervind!—1 Kor. 16:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel