Diensvergaderinge vir September
Week wat begin met 5 September
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
20 min: “Brei jou skat van Koninkryksdiens uit.” Diensopsiener en ’n ander ouere man bespreek die hoofpunte in die artikel. Hersien die gemeente se bedrywighede vir die afgelope jaar, prys hulle en gee ook wenke waar hulle kan verbeter. Beklemtoon doelwit om persoonlike aandeel aan die bediening te vergroot.
15 min: “Kweek belangstelling in die Paradys op aarde-boek aan.” Drie of vier verkondigers, waaronder ’n jong persoon, bespreek die artikel en hou dan ’n oefensessie. Hulle demonstreer twee of drie aanbiedings en hersien dit dan terwyl hulle mekaar prys en praktiese wenke gee.
Lied 32 en slotgebed.
Week wat begin met 12 September
7 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
20 min: Christelike gedrag by die skool. Bespreking deur ouere man met drie of vier tieners. Ons jongmense word by die skool aan allerhande druk blootgestel om hulle respek vir Bybelbeginsels prys te gee. Baie van hierdie druk hou verband met bedrywighede buite die klaskamer. Sport, afsprake en sosiale funksies hou gevaar in. Ouere man bespreek “Buitemuurse bedrywighede” met tieners en gebruik die Skool-brosjure, bladsye 22-5. Jongmense se kommentare toon dat hulle te kampe het met druk om aan hierdie dinge deel te neem, en daarom waardeer hulle die raad wat gegee is.
18 min: “Hulle het nie teruggehou om te getuig nie.” Vrae en antwoorde. Beklemtoon die feit dat ons, al kan ons nie almal dieselfde hoeveelheid tyd aan die bediening bestee nie, steeds vreugde moet vind en daarna streef om heelhartig te wees.
Lied 60 en slotgebed.
Week wat begin met 19 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en enige erkennings van bydraes.
10 min: Vraebus. Vraag-en-antwoord-bespreking.
10 min: “Die video The Bible—Mankind’s Oldest Modern Book.” Vraag-en-antwoord-bespreking.
15 min: “Begin Bybelstudies met die Paradys op aarde-boek.” Bespreek met gehoor. Reël twee demonstrasies van die voorgestelde aanbiedings.
Lied 67 en slotgebed.
Week wat begin met 26 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Sit die reëlings vir die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje uiteen en moedig die broers aan om dit ten volle te ondersteun. Nooi gehoor om kortliks ondervindinge te vertel wat hulle in die ontoegekende gebied geniet het toe hulle die Paradys op aarde-boek by mense gelaat het of Bybelstudies daarmee begin het.
20 min: “Uitbreiding by Bethel duur voort.” Vraag-en-antwoord-bespreking van byvoegsel wat deur ’n ervare ouere man behartig moet word. Beklemtoon interessante aspekte van die prente op die middelste bladsye. Verwittig die gehoor van die plaaslike gemeente se bedrywighede om die uitbreidingsprogram by Bethel te ondersteun.
15 min: Bied Die Wagtoring en die Ontwaak! tydens Oktober aan. Ons tydskrifte speel ’n groot rol in die wêreldwye predikingswerk; dit was hoe miljoene die waarheid die eerste keer gehoor het. Beklemtoon hoe belangrik dit is om dit voortdurend in die werk van deur tot deur te gebruik selfs wanneer dit nie die aanbod van die maand is nie. Meld die voordele van ’n weeklikse Tydskrifdag. Bespreek hoe straatwerk en die getuieniswerk van winkel tot winkel baie geleenthede vir tydskrifverspreiding skep. Herinner die broers daaraan om verslag te hou van waar tydskrifte gelaat is met die doel om ’n tydskrifroete te begin. Bied intekeninge by elke geleentheid aan. Herinner die broers aan die twee tariewe, een vir posbestellings en die ander vir die Klubstelsel. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om goed voor te berei voor daar in die veldbediening uitgegaan word. Laat drie verkondigers, waaronder ’n jong persoon, kort tydskrifaanbiedings demonstreer.
Lied 76 en slotgebed.