Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/94 bl. 12
  • Wees tydskrifbewus gedurende Oktober

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees tydskrifbewus gedurende Oktober
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied intekeninge by elke geleentheidaan
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2013
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 10/94 bl. 12

Wees tydskrifbewus gedurende Oktober

1 Gedurende Oktober het ons die geleentheid om vir soveel mense moontlik intekeninge op Die Wagtoring en die Ontwaak! aan te bied. As ons tydskrifbewus wil wees, moet ons die tydskrifte sorgvuldig lees en dink aan hoe die artikels by mense in ons gebied byval sal vind.

2 Jy moet eers met die voorbladartikels vertroud raak. Kies artikels wat jy meen by die mense in jou gebied byval sal vind. Behoort die meeste mense aan dieselfde godsdiens? Wat is hulle grootste bekommernisse? Met dit in gedagte behoort jy ’n doeltreffende aanbieding te kan voorberei. Kyk na die volgende aanbiedings:

3 As jy “Die Wagtoring” van 1O ktober aanbied, kan jy die aandag vestig op die artikel “Die Bybel—Wat is die werklike waarde daarvan?” Jy kan sê:

◼ “’n Mens tref in feitlik elke huis in ons gemeenskap ’n Bybel aan. Baie wat ’n Bybel het, meen dat dit iets spesiaals bevat.” Jy kan dan ’n direkte vraag vra, soos: “Wat dink jy maak die Bybel uniek?” of: “Wat dink jy sal meer mense help om by die Bybel baat te vind?” Ná die huisbewoner geantwoord het, kan jy moontlik hierdie gepaste kommentare maak: “Daar is kragtige bewyse dat die Bybel deur God geïnspireer is en dat dit ’n betroubare gids vir ons is. Dit bevat kennis wat tot die ewige lewe kan lei. [Lees Johannes 17:3.] Hierdie artikel in Die Wagtoring verduidelik hoe jy persoonlik die Bybel kan gebruik om antwoorde op jou vrae oor die toekoms te vind. Ek sal met graagte reël dat jy op hierdie uitstekende tydskrif inteken teen ’n bydrae van slegs R30,00 per jaar.” As die huisbewoner die intekening van die hand wys, kan jy hom aanmoedig om die twee tydskrifte te neem. Sodoende kan jy ook ’n gereelde tydskrifroete begin.

4 As jy “Die Wagtoring” van 15 Oktober gebruik, verkies jy miskien die volgende eenvoudige benadering:

◼ “Byna almal het al ’n geliefde aan die dood afgestaan. Hierdie artikel vra die vraag: ‘Wat is die toestand van die dooies?’ Wat dink jy gebeur wanneer iemand sterf? [Laat die huisbewoner antwoord.] As jy wil weet hoe die Bybel daardie vraag beantwoord, sal ek graag hierdie eksemplaar van die tydskrif by jou wil laat. Ons bied hierdie maand vir die publiek ’n intekening op hierdie uitstekende tydskrif aan teen R30,00 per jaar.” Wees voorbereid om die traktaat Watter hoop vir afgestorwe dierbares? aan te bied as die huisbewoner iets bondigers verkies.

5 Die “Ontwaak!” van 22 Oktober ondersoek nog een van die talle bewyse dat valse godsdiens te kort skiet. Deur die artikels oor “Wanneer godsdiens kant kies in oorlog” te gebruik, kan jy hierdie vraag vra:

◼ “Wat dink jy sou Jesus van al die geweld om ons gedink het as hy vandag hier was? [Laat die huisbewoner antwoord.] Jesus het ons geleer om almal lief te hê, selfs ons vyande. Nogtans kies baie godsdienste wat beweer dat hulle Christelik is kant in politieke konflik. Hoedink jy raak dit mense wat volgens Jesus se leringe wil lewe? [Laat die huisbewoner antwoord.] Hierdie nommer van die Ontwaak! bespreek daardie kommerwekkende vraag en verduidelik hoe God se Koninkryk die antwoord sal voorsien.”

6 Lê jou daarop toe om die intekening by elke deur aan te bied, al het jy nie die geleentheid om ’n gedagte uit die Bybel te bespreek nie. Wanneer mense nie ’n intekening kan bekostig nie, kan jy aanbied om die tydskrifte gereeld te bring sodra dit beskikbaar gestel word. Laat ons almal gedurende Oktober ’n ywerige aandeel hê aan die verspreiding van hierdie uitstekende tydskrifte van waarheid.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel