Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/94 bl. 1
  • Maniere om ons Koninkrykspredikingswerk te verbeter

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maniere om ons Koninkrykspredikingswerk te verbeter
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Berei jou eie tydskrifaanbieding voor
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Toon persoonlike belangstelling—Deur voorbereid te wees
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Hoe om ’n tydskrifaanbieding voor te berei
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Hoe om nuwelinge op te lei om te preek
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 11/94 bl. 1

Maniere om ons Koninkrykspredikingswerk te verbeter

1 Ons predikingswerk is nou dringender as ooit tevore. Of mense gaan lewe of sterwe, sal van hulle reaksie op die goeie nuus afhang (1 Pet. 4:5,6, 17; Openb. 14:6,7). Daarom moet ons altyd na maniere soek om ons Koninkrykspredikingswerk te verbeter. Wat is ’n paar van hierdie maniere?

2 Berei goed voor: Gebruik die jongste nommer van Ons Koninkryksbediening en kies ’n aanbieding wat jy meen by die meeste mense in jou gebied byval sal vind. Dit is belangrik om wat jy sê by plaaslike omstandighede aan te pas. Of jy verkies dalk om jou eie aanbieding voor te berei en om gedagtes en Bybeltekste te gebruik wat jy persoonlik doeltreffend gevind het. Jy het ’n inleiding nodig wat belangstelling sal wek. (Sien die Redenering-boek, bladsye 9-15.) Miskien beplan jy om ’n gedagteprikkelende vraag te stel of die huisbewoner se kommentaar te vra oor die een of ander nuusberig wat van plaaslike belang is. Wanneer jy jou aanbieding gereed het, kan jy dit saam met ’n gesinslid of ’n ander verkondiger oefen wat wenke kan gee oor hoe jy daarop kan verbeter.

3 Gesels met mense: Ons doel is om ’n belangrike boodskap oor te dra. Ons kan dit doen deur ons luisteraar by ’n sinvolle gesprek te betrek. As die huisbewoner ’n beswaar opper of sy mening lug, moet jy sorgvuldig luister na wat hy sê. Sy kommentare sal jou help om ’n skriftuurlike antwoord te gee van die hoop wat in jou is (1 Pet. 3:15). As sy beskouing nie met die Bybel ooreenstem nie, kan jy taktvol sê: “Baie mense dink so. Maar hier is ’n ander beskouing van die saak.” Lees dan ’n gepaste teks en vra die huisbewoner wat hy daarvan dink.

4 Stel ’n aanpasbare rooster op: Dit sal nie veel help as jy goed voorbereid is maar daar nie mense is om mee te gesels nie. Vandag is dit algemeen om net ’n paar huisbewoners tuis te vind wanneer ons hulle besoek. Indien dit in jou gebied die geval is, kan jy jou rooster probeer verander sodat jy van huis tot huis kan werk wanneer meer mense tuis is. Jy vind dalk dat die beste tyd om hulle te besoek oor naweke is; ander sal jy makliker by die huis vind gedurende die week, maar vroeg saans. In party gebiede vind verkondigers dat dit beter is om op wêreldse vakansiedae velddiens te doen omdat hulle meer mense tuis vind. Gewoonlik is mense in ’n ontspanne luim en meer bereid om dan te gesels. Dit sal raadsaam wees as jy jou inleiding by die geleentheid aanpas en dan jou kommentare by ’n skriftuurlike tema laat aansluit.

5 Ondersoek die doeltreffendheid van jou aanbieding: Vra jou ná elke deur af: ‘Het ek die huisbewoner se hart bereik? Het ek hom aangemoedig om sy mening te lug en dan ag geslaan op wat hy sê? Het ek hom taktvol geantwoord? Het ek, met die oog op die omstandighede, die regte benadering gebruik?’ Dit sal miskien raadsaam wees om nou en dan saam met ’n ervare verkondiger of pionierte werk en dan sorgvuldig na sy aanbiedings te luister met die doel om jou eie bekwaamheid in die bediening te verbeter.

6 As jy vaardig in jou werk is, sal jy Koninkrykswaarhede kan verkondig wat ‘jou sal red sowel as die wat jou hoor’.—1 Tim. 4:16; Spr. 22:29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel