Diensvergaderinge vir November
Week wat begin met 7 November
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Meld een of twee gesprekspunte in elk van die jongste tydskrifte wat in ons aanbieding gebruik kan word.
18 min: “God se Woord het krag.” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in oor die belangrikheid daarvan om die Bybel gereeld te lees, wat gegrond is op die voorwoord van Ondersoek die Skrif elke dag—1994.
17 min: “Die Bybel—’n bron van bemoediging en hoop in ’n wêreld vol probleme.” Bespreek met gehoor. Reël twee demonstrasies wat toon hoe die voorgestelde aanbiedings gebruik kan word.
Lied 24 en slotgebed.
Week wat begin met 14 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Lees rekeningverslag en enige erkennings van bydraes.
17 min: “Watter soort gees openbaar jy?” ’n Toespraak. Sluit kommentare in uit Die Wagtoring van 1September 1977, bladsy 395, paragrawe 4 en 5.
18 min: “Maniere om ons Koninkrykspredikingswerk te verbeter.” Vrae en antwoorde. Nooi die gehoor om ondervindinge te vertel oor hoe goeie resultate verkry is toe die wenke in Ons Koninkryksbediening toegepasis.
Lied 37 en slotgebed.
Week wat begin met 21 November
12 min: Plaaslike aankondigings. “Herinnerings in verband met die streekbyeenkoms.” Bespreek met gehoor. Pas die materiaal plaaslik toe.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of ’n toespraak deur ’n ouere man oor die artikel “Waardeer jou heilige diens” in Die Wagtoring van 1 September 1994, bladsy 29.
18 min: “Help hulle om ‘weer hieromtrent’ te hoor.” Bespreek met gehoor. Reël twee goed voorbereide demonstrasies wat toon hoe die Bybel gebruik kan word om ’n studie te begin.
Lied 52 en slotgebed.
Week wat begin met 28 November
12 min: Plaaslike aankondigings. Demonstreer maniere om die jongste tydskrifte aan te bied. Hersien die artikel “Tydige herinnerings” in Ons Koninkryksbediening vir Desember 1993. Almal in die gemeente moet onthou om vroeg in Desember aan die bediening deel te neem en seker te maak dat hulle hulle rapporte ingee voor hulle op vakansie of na die byeenkoms toe gaan. Boekstudiehouers moet almal in hulle groep hieraan herinner.
15 min: “Die seëninge wat dit inhou om saam met ander te werk.” Vrae en antwoorde. Moedig almal aan om die velddiensvergaderinge te ondersteun wat deur die gemeente gereël word, pleks van altyd private reëlings te tref om op hulle eie uit te gaan. As ons saam met die groep werk, lei dit tot bykomende seëninge, doeltreffender diens en wedersydse aanmoediging.
18 min: Bied die Grootste mens-boek tydens Desember aan. Mense het hierdie boek baie nodig. Honderdmiljoene mense beweer dat hulle Jesus se volgelinge is en dat hulle in sy leringe glo. Mense moet weet wat hom van alle ander mense onderskei—hulle redding hang daarvan af. Die Grootste mens-boek sê in hoofstuk 133: “Ons hart word geroer wanneer ons dink aan sy verhewe moed en manlikheid, sy ongeëwenaarde wysheid, sy voortreflike vermoë as onderrigter, sy vreeslose leierskap en sy tere medelye en empatie.” Die Bybel identifiseer hom duidelik as (1) ’n Getuie (Joh. 18:37), (2) ’n Verlosser (Hand. 4:12) en (3) ’n Koning (Openb. 11:15). Laat ’n ervare verkondiger ’n demonstrasie doen waar hy van hierdie punte gebruik. Moedig almal aan om ’n deelname aan die verspreiding van hierdie boek te hê voor hulle op vakansie of na hulle streekbyeenkoms toe gaan.
Lied 61 en slotgebed.