Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/95 bl. 7
  • Laat jou vooruitgang duidelik wees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Laat jou vooruitgang duidelik wees
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Laat ons vooruitgang duidelik wees
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Wees progressief—Maak vooruitgang
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Jongmense—Maak julle vooruitgang duidelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Maak jou vooruitgang duidelik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 12/95 bl. 7

Laat jou vooruitgang duidelik wees

1 Dink terug aan die tyd toe jy vir die eerste keer die Koninkryksboodskap gehoor het. Eenvoudige waarhede het jou begeerte na kennis en begrip gewek. Kort voor lank kon jy sien dat jy veranderinge in jou lewenswyse moes aanbring omdat Jehovah se weë soveel hoër as jou weë is (Jes. 55:8, 9). Jy het vooruit-gang gemaak, het jou lewe toegewy en is gedoop.

2 Selfs nadat jy ʼn mate van geestelike vooruitgang gemaak het, was daar steeds swakhede wat jy moes oorkom (Rom. 12:2). Dalk het jy aan mensevrees gely, wat jou huiwerig gemaak het om aan die velddiens deel te neem. Of dalk het jy daarin te kort geskiet om die vrugte van God se gees aan die dag te lê. Jy het egter nie teruggehou nie, maar was eerder vasbeslote om vooruitgang te maak deur teokratiese doelwitte vir jouself te stel.

3 Etlike jare het dalk nou al verbygegaan vandat jy jou toegewy het. Watter vooruitgang kan jy in jouself sien wanneer jy op die verlede terugkyk? Het jy van jou doelwitte bereik? Het jy dieselfde ywer as wat jy “aan die begin gehad het”? (Heb. 3:14). Timoteus was reeds ʼn ryp Christen met jare van ondervinding toe Paulus hom aangespoor het: “Bepeins hierdie dinge; wees verdiep daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.”—1 Tim. 4:15.

4 Selfondersoek nodig: Vind ons, wanneer ons oor ons vorige lewenswandel peins, dat ons steeds van die swakhede het wat ons aan die begin gehad het? Het ons daarin gefaal om van die doelwitte te bereik wat ons gestel het? Indien wel, waarom? Al het ons goeie voornemens gehad, het ons dalk uitgestel om iets daaromtrent te doen. Miskien het ons toegelaat dat die sorge van die lewe of die druk van hierdie stelsel ons terughou.—Luk. 17:28-30.

5 Hoewel ons min omtrent die verlede kan doen, kan ons beslis iets omtrent die toekoms doen. Ons kan ʼn eerlike selfondersoek doen, bepaal waar ons te kort skiet en ons dan kragtig inspan om te verbeter. Ons moet moontlik daarin verbeter om die vrugte van God se gees, soos selfbeheersing, sagmoedigheid of lankmoedigheid, aan die dag te lê (Gal. 5: 22, 23). As ons dit moeilik vind om met ander oor die weg te kom of om met die ouer manne saam te werk, is dit belangrik dat ons nederigheid en ootmoed aankweek.—Fil. 2:2, 3.

6 Kan ons ons vooruitgang duidelik laat blyk deur na diensvoorregte te streef? Met groter inspanning sal broers dalk as bedieningsknegte of ouer manne kan kwalifiseer. Party van ons sal dalk die gewone pionierdiens kan betree. Vir baie ander is hulppionierdiens dalk ʼn bereikbare doelwit. Ander kan daarna streef om persoonlike studiegewoontes te verbeter, ʼn groter deelname aan gemeentelike vergaderinge te hê of as gemeentelike verkondigers meer produktief te wees.

7 Dit berus natuurlik by elkeen van ons om te besluit waarin ons vooruitgang moet maak. Ons kan seker wees dat ons opregte pogings om ‘tot volwassenheid voort te beurʼ grootliks tot ons vreugde sal bydra en ons meer produktiewe lede van die gemeente sal maak.—Heb. 6:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel