Berei voor vir tydskrifbedrywighede in April
Soos ons Kalender vir 1996 aandui, sal die Here se Aandmaal vanjaar op 2 April gevier word. Aangemoedig deur hierdie groot geleentheid moet ’n ieder en ’n elk gedurende April ywerig aan tydskrifverspreiding deelneem. Die afgelope paar jaar het ons in April ’n baie spesiale Tydskrifdag geniet. Vanjaar is 20 April daarvoor opsygesit. Watter tydige tydskrifte sal ons tog nie aanbied nie! Die Wagtoring van 1 April sal handel oor die Streekbyeenkoms van verlede jaar se openbare toespraak “Loof die Koning van die ewigheid!” Die Wagtoring van 15 April sal handel oor die tema van verlede April se spesiale toespraak “Die einde van valse godsdiens is naby”. Vanjaar se spesiale toespraak op 21 April, “Bly onberispelik te midde van ’n krom geslag”, behoort ons tot groter bedrywigheid aan te spoor. Ons sal die Ontwaak! van 22 April aanbied oor die onderwerp “Wanneer daar nie meer oorloë sal wees nie”.
Ná verlede jaar se Koninkryksnuus-kampanje behoort hierdie April ’n uitstekende maand vir tydskrifverspreiding te wees. Dit is nou die tyd om daarvoor te beplan. Baie sal as hulppioniers wil dien. Na gelang van die behoefte, moet ekstra tydskrifte vir April bestel word. Reëlings kan getref word vir Tydskrifdae, waaraan soveel moontlik kan deelneem—oggend, middag en/of aand. Laat ons almal “daders van die woord” word. Mag ons ook kan sê, soos aangaande die Messias in Psalm 69:10 voorspel is: “Die ywer vir u huis het my verteer.”—Jak. 1:22; Joh. 2:17.