Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/96 bl. 1
  • Hanteer jy God se Woord reg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hanteer jy God se Woord reg?
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Hanteer God se Woord reg’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Hanteer God se Woord reg
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Word bekwaam in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Gebruik “die swaard van die gees” op vaardige wyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 11/96 bl. 1

Hanteer jy God se Woord reg?

1 Jesus Christus was die grootste onderrigter wat nog op die aarde geleef het. Hy het op ’n manier gepraat wat mense se harte geraak het, tot hulle gemoed gespreek het en hulle beweeg het om goeie werke te doen (Matt. 7:28, 29). Hy het altyd God se Woord as die grondslag van sy onderrigting gebruik (Luk. 24:44, 45). Hy het Jehovah God die eer gegee vir alles wat hy geweet het en ander kon leer (Joh. 7:16). Jesus het vir sy volgelinge ’n uitstekende voorbeeld gestel deur God se Woord reg te hanteer.—2 Tim. 2:15.

2 Die apostel Paulus is ook ’n uitstaande voorbeeld omdat hy die Woord van God op bekwame wyse hanteer het. Hy het meer gedoen as om net die Skrif vir ander te lees; hy het dit wat hy gelees het, verduidelik en daaroor geredeneer en uit God se Woord bewys dat Jesus die Christus was (Hand. 17:2-4). Die welsprekende dissipel Apollos was eweneens “goed vertroud met die Skrif”, en hy het dit reg hanteer deur ’n kragtige getuienis van die waarheid te gee.—Hand. 18:24, 28.

3 Wees ’n onderrigter van God se Woord: Hedendaagse Koninkryksverkondigers het uitstekende welslae behaal in die onderrigting van opregtes van hart deur na die Bybel te verwys en daaruit te redeneer. In een geval kon ’n broer Esegiël 18:4 saam met verwante tekste gebruik om met ’n pastoor en drie van sy gemeentelede oor die toekoms van die goddeloses en die regverdiges te redeneer. As gevolg hiervan het ’n paar kerklidmate begin studeer, en een van hulle het eindelik die waarheid aangeneem. In ’n ander geval is ’n suster gevra om vir die opponerende man van ’n belangstellende te verduidelik waarom Jehovah se Getuies nie Kersfees en verjaarsdae vier nie. Toe sy die skriftuurlike antwoorde direk uit die Redenering-boek gelees het, het hy gesê dat hy daarmee saamstem. Sy vrou was so verheug oor sy gunstige reaksie dat sy gesê het: “Ons sal na julle vergaderinge toe kom.” En die man het ook so gesê!

4 Gebruik die hulpmiddels wat beskikbaar is: Ons Koninkryksbediening en die Diensvergaderingprogram voorsien goeie riglyne om ons te help om God se Woord reg te hanteer. Baie verkondigers het al hulle waardering uitgespreek vir die verskeidenheid voorgestelde aanbiedings wat tot ons voordeel verskyn en gedemonstreer word en baie tydig en doeltreffend is. Redenering uit die Skrif bevat ’n oorvloed van gedagtes oor hoe om meer as 70 hoofonderwerpe wat in God se Woord bespreek word goed te verduidelik. Kennis wat tot die ewige lewe lei bevat ’n beknopte oorsig van al die basiese Bybelleringe wat nuwelinge moet verstaan. Studies 24 en 25 in die Teokratiese Bedieningskool-handleiding wys ons hoe bekwame onderrigters tekste behoorlik inlei, lees en toepas. Ons moet goed gebruik maak van al hierdie hulpmiddels wat tot ons beskikking is.

5 Wanneer ons die Woord van God reg hanteer, sal ons vind dat dit ‘lewend is en krag uitoefen en die gedagtes en bedoelinge van die hart kan onderskei’ van diegene vir wie ons preek (Heb. 4:12). Die welslae wat ons daarmee behaal, sal ons beweeg om die waarheid met selfs groter vrymoedigheid te spreek!—Hand. 4:31.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel