Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/96 bl. 3-8
  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1997

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1997
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Instruksies
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1996
km 10/96 bl. 3-8

Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1997

Instruksies

Gedurende 1997 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehouword.

LEERBOEKE: Die Bybel, Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk [jv-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” (1990-uitgawe) [si-AF], Kennis wat tot die ewige lewe lei [kl-AF] en Insight on the Scriptures Deel 1 [it-1] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool moet OP TYD begin en met ’n lied, gebed en woorde van verwelkoming geopen word en daarna soos volg verloop:

TOESPRAAK NR. 1:15 minute. Dit moet deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg behartig word, en dit sal op Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Wanneer die Verkondigers-boek gebruik word, moet hierdie toewysing ’n instruksietoespraak van 15 minute sonder ’n mondelinge hersiening wees; wanneer die “Hele Skrif”-boek gebruik word, moet dit ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word. Die spreker kan die prente, foto’s en tabelle in die Verkondigers-boek bespreek en dit as leermiddele gebruik.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling hou. Raad kan privaat gegee word as dit nodig is of as die spreker daarom vra.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. ’n Algemene oorsig van 30 tot 60 sekondes van die toegewese hoofstukke kan ingesluit word. Die hoofdoel is egter om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit sal in die hoofskool sowel as in die ander groepe geld. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot kort kommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpose gelees word. As die verse wat gelees moet word nie op mekaar volg nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak sal aan ’n suster toegewys word. Die onderwerp vir hierdie toespraak sal op Kennis wat tot die ewige lewe lei gebaseer word. Die agtergrond kan informele getuieniswerk, ’n herbesoek of ’n tuisbybelstudie wees, en die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die huisbewoner help om oor die materiaal te redeneer en dit te verstaan en in hoe die tekste toegepas word. Die toegewese student moet kan lees. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar ’n bykomende assistent kan gebruik word. Die student kan besluit of die huisbewoner sekere paragrawe in die boek moet lees of nie. Die klem moet op die doeltreffende gebruik van die materiaal val, nie op die agtergrond nie.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit kan aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Dit sal op ’n Bybelkarakter gebaseer word. Vir elke toewysing word die naam van ’n Bybelkarakter en ’n tema in die rooster aangegee. Inligting oor die Bybelkarakter kan onder sy naam in Insight on the Scriptures, Deel 1, gevind word. Die student moet teksverwysings in die materiaal nagaan om ’n duidelike beeld van die Bybelkarakter te kry—die gebeure in sy lewe, sowel as sy persoonlikheid, eienskappe en gesindheid. Daarna moet die student die toegewese tema van die toespraak ontwikkel en gepaste tekste kies om te ge-bruik. Bykomende tekste wat Bybelbeginsels na vore bring wat met die tema verband hou, kan ingesluit word. Die doel van die toespraak is om te toon wat ons uit die voorbeeld van die Bybelkarakter onder bespreking kan leer. Dade van getrouheid, moed, nederigheid en onselfsugtigheid bied goeie voorbeelde om na te volg; dade van ontrouheid, sowel as ongewenste eienskappe, dien as kragtige waarskuwings vir Christene om ’n verkeerde weg te vermy. Wanneer hierdie toespraak aan ’n broer toegewys word, moet dit gehou word met die Koninkryksaalgehoor in gedagte. Wanneer die toespraak aan ’n suster toegewys word, moet dit op dieselfde manier as in Toespraak nr. 3 aangebied word.

RAAD EN KOMMENTARE: Ná elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig in die volgorde van die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder op die spraakhoedanighede toespits waarop die student moet verbeter. As die student net ’n “G” kry en geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand hiervan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskooltoewysingstrokie (S-89) aandui. Diegene wat ’n deel op die program het, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd spaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar nog tyd is nadat die nodige raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat nie deur die studente gedek is nie. Die skoolopsiener moet sorg dat hy ná elke studentetoespraak nie meer as twee minute aan raad en enige ander kort kommentare bestee nie. As die broer wat die Bybelglanspunte doen raad nodig het, kan dit privaat gegee word.

DIE VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Voordat ’n student sy toespraak voorberei, moet hy die materiaal in die Skoolhandleiding noukeurig deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hy aandag moet skenk. Studente aan wie Toespraak nr. 2 toegewys word, kan ’n tema kies wat by die Bybelleesgedeelte sal pas. Ander toesprake moet om die gegewe tema op die gedrukte rooster ontwikkel word.

TYDREËLING: Niemand moet die tydgrens oorskry nie, ook nie die raadgewer se raad en kommentare nie. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die stopsein te gee, moet dit doen sodra die tyd verstreke is. As broers wat Toespraak nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig die tydgrens oorskry, moet hulle privaat raad gegee word. Die hele program, sonder die lied en gebed, is 45 minute.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd sal daar ’n skriftelike hersiening gehou word. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde gewy word. Elke student sal sy eie vraestel nasien. Die skoolopsiener sal die antwoorde op die hersieningsvrae met die gehoor deurgaan en veral aan die moeiliker vrae aandag skenk en almal help om die antwoorde goed te verstaan. As die plaaslike omstandighede dit vereis, kan die skriftelike hersiening ’n week later gehou word as wat die rooster aandui.

ROOSTER

6 Jan. Skrifgedeelte: Sagaria 1 tot 5

Lied 113

Nr. 1: Inleiding tot Sagaria (si-AF bl. 168-9 par. 1-7)

Nr. 2: Sagaria 2:1-13

Nr. 3: Die mens is nie gemaak om te sterf nie (kl-AF bl. 53 par. 1-3)

Nr. 4: Eva—Tema: Moenie teokratiese hoofskap verontagsaam nie

13 Jan. Skrifgedeelte: Sagaria 6 tot 9

Lied 215

Nr. 1: Hoe die Koninkrykswerk gefinansier word (jv-AF bl. 340 par. 1–bl. 343 par. 3)

Nr. 2: Sagaria 7:1-14

Nr. 3: ’n Bose komplot (kl-AF bl. 55-6 par. 4-7)

Nr. 4: Esegiël—Tema: Hoe om bloedskuld te vermy

20 Jan. Skrifgedeelte: Sagaria 10 tot 14

Lied 91

Nr. 1: Sagaria—Waarom nuttig (si-AF bl. 171-2 par. 23-7)

Nr. 2: Sagaria 12:1-14

Nr. 3: Hoe Satan sy komplot uitgevoer het (kl-AF bl. 56-8 par. 8-12)

Nr. 4: Esra (’n Aäronitiese priester)—Tema: Wees ywerig vir rein aanbidding

27 Jan. Skrifgedeelte: Maleagi 1 tot 4

Lied 118

Nr. 1: Inleiding tot Maleagi en waarom nuttig (si-AF bl. 172-5 par. 1-6, 13-17)

Nr. 2: Maleagi 1:6-14

Nr. 3: Hoe die sonde en die dood versprei het (kl-AF bl. 58-9 par. 13-15)

Nr. 4: Feliks—Tema: Die hoër owerhede moet gerespekteer word, hetsy hulle korrup of regverdig is

3 Feb. Skrifgedeelte: Matteus 1 tot 3

Lied 191

Nr. 1: Inleiding tot Matteus (si-AF bl 175-7 par 1-10)

Nr. 2: Matteus 2:1-15

Nr. 3: Pas op vir Satan se taktiek (kl-AF bl 59-60 par 16-18)

Nr. 4: Festus—Tema: Die resultate van ’n moedige getuienis

10 Feb. Skrifgedeelte: Matteus 4 en 5

Lied 36

Nr. 1: Die finansiering van vergaderplekke en die uitbreiding van Bethelfasiliteite (jv-AF bl. 343 par. 4–bl. 347 par. 1; kan na voorbeelde op bl. 352-401 verwys)

Nr. 2: Matteus 4:1-17

Nr. 3: Toon geloof en wees voorbereid op teenstand (kl-AF bl. 60-1 par. 19-21)

Nr. 4: Gabriël—Tema: Dra God se boodskappe getrou oor

17 Feb. Skrifgedeelte: Matteus 6 en 7

Lied 52

Nr. 1: Die Koninkrykswerk is nie kommersieel van aard nie (jv-AF bl. 347 par. 2–bl. 351 par. 6)

Nr. 2: Matteus 7:1-14

Nr. 3: God se manier om die mensdom te red (kl-AF bl. 62-3 par. 1-5)

Nr. 4: Gedalja (seun van Ahikam)—Tema: Tref voorsorg wanneer ’n waarskuwing gegee word

24 Feb. Skrifgedeelte: Matteus 8 en 9

Lied 211

Nr. 1: Getuies tot aan die uiterste van die aarde (jv-AF bl. 404 par. 1–bl. 408 par. 3)

Nr. 2: Matteus 8:1-17

Nr. 3: Waarom die Messias sou sterf (kl-AF bl. 63-5 par. 6-11)

Nr. 4: Gehasi—Tema: Hou jou hart vry van hebsug en bedrog

3 Mrt. Skrifgedeelte: Matteus 10 en 11

Lied 224

Nr. 1: Waardering het hulle beweeg om te praat (jv-AF bl. 409 par. 1–bl. 414 par. 3)

Nr. 2: Matteus 11:1-15

Nr. 3: Hoe die losprys betaal is (kl-AF bl. 65-8 par. 12-16)

Nr. 4: Gideon—Tema: God keur getroue en beskeie mense goed

10 Mrt. Skrifgedeelte: Matteus 12 en 13

Lied 133

Nr. 1: Die lig van waarheid skyn wêreldwyd (jv-AF bl. 414 par. 4–bl. 422 par. 3; kan die opsomming op bl. 422 insluit)

Nr. 2: Matteus 12:22-37

Nr. 3: Christus se losprys en jy (kl-AF bl. 68-9 par. 17-20)

Nr. 4: Goliat—Tema: Vertrou op Jehovah, nie op jou eie krag nie

17 Mrt. Skrifgedeelte: Matteus 14 en 15

Lied 145

Nr. 1: Die donker jare van die Eerste Wêreldoorlog en toe nuwe lewe (jv-AF bl. 423 par. 1–bl. 427 par. 2)

Nr. 2: Matteus 14:1-22

Nr. 3: Is God verantwoordelik vir menselyding? (kl-AF bl. 70-1 par. 1-5)

Nr. 4: Hagar—Tema: ’n Slavin en haar profetiese rol

24 Mrt. Skrifgedeelte: Matteus 16 en 17

Lied 151

Nr. 1: Ywerige bedienaars verkondig kosbare Bybelwaarhede aan ander (jv-AF bl. 427 par. 3–bl. 433 par. 1)

Nr. 2: Matteus 17:14-27

Nr. 3: ’n Volmaakte begin en ’n kwaadwillige uitdaging (kl-AF bl. 72-3 par. 6-10)

Nr. 4: Haggai—Tema: Volhard daarin om God se wil te doen

31 Mrt. Skrifgedeelte: Matteus 18 en 19

Lied 117

Nr. 1: Geestelike lig skyn in die Afrika-, Spaanse en Portugese veld (jv-AF bl. 433 par. 2–bl. 439 par. 1)

Nr. 2: Matteus 19:16-30

Nr. 3: Die werklike geskille en Jehovah se manier om dit te besleg (kl-AF bl.74-6 par. 11-15)

Nr. 4: Gam—Tema: Oneerbiedigheid kan verskriklike gevolge hê

7 Apr. Skrifgedeelte: Matteus 20 en 21

Lied 6

Nr. 1: Mense word in afgesonderde gebiede bereik en God word ondanks teenstand gehoorsaam (jv-AF bl. 439 par. 2–bl. 443 par. 2; kan die opsomming op bl. 443 insluit)

Nr. 2: Matteus 20:1-16

Nr. 3: Wat God se toelating van goddeloosheid bewys het (kl-AF bl. 76-7 par. 16-19)

Nr. 4: Haman—Tema: Trots en haat is karaktertrekke van die Duiwel se kinders

14 Apr. Skrifgedeelte: Matteus 22 en 23

Lied 172

Nr. 1: Intensief besig met die verkondiging van die goeie nuus (jv-AF bl. 444 par. 1–bl. 448 par. 2)

Nr. 2: Matteus 23:1-15

Nr. 3: Aan wie se kant skaar jy jou? (kl-AF bl. 78-9 par. 20-3)

Nr. 4: Hanna—Tema: Onselfsugtige toegewydheid bring seëninge mee

21 Apr. Skrifgedeelte: Matteus 24 en 25

Lied 193

Nr. 1: Die predikingswerk in Europa te midde van vervolging gedurende die oorlog (jv-AF bl. 448 par. 3–bl. 454 par. 2; sluit na gelang van tyd kort kommentare in oor getroue Getuies, bl. 451-3)

Nr. 2: Matteus 24:32-44

Nr. 3: Wat gebeur met ons afgestorwe dierbares? (kl-AF bl. 80-1 par. 1-6)

Nr. 4: Hanun (seun van Nahas)—Tema: Wees versigtig wanneer jy ’n ander se beweegredes beoordeel

28 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Sagaria 1-14; Mal 1-4 tot Matteus 25

Lied 217

5 Mei Skrifgedeelte: Matteus 26

Lied 205

Nr. 1: Vooruitgang ten spyte van swaar tye gedurende die oorlogsjare (jv-AF bl. 455 par. 1–bl. 461 par. 2; kan die opsomming op bl. 461 insluit)

Nr. 2: Matteus 26:31-35, 69-75

Nr. 3: Wat dit werklik beteken om tot stof terug te keer (kl-AF bl. 82-3 par. 7-10)

Nr. 4: Hasael—Tema: ’n Genadelose verdrukker vervul Bybelprofesie

12 Mei Skrifgedeelte: Matteus 27 en 28

Lied 102

Nr. 1: Matteus—Waarom nuttig (si-AF bl. 180-1 par. 29-33)

Nr. 2: Matteus 27:11-26

Nr. 3: Wat is die toestand van die dooies? (kl-AF bl. 83-4 par. 11-14)

Nr. 4: Herodes die Grote—Tema: ’n Mens se dade toon wie jy dien

19 Mei Skrifgedeelte: Markus 1 en 2

Lied 185

Nr. 1: Inleiding tot Markus (si-AF bl. 181-3 par. 1-11)

Nr. 2: Markus 1:12-28

Nr. 3: Almal wat in Jehovah se geheue is, sal opgewek word (kl-AF bl. 85-7 par. 15-18)

Nr. 4: Herodes Antipas—Tema: Die gevolge van goddelose ambisie

26 Mei Skrifgedeelte: Markus 3 en 4

Lied 166

Nr. 1: Daar word deeglik na skaapgeaardes gesoek (jv-AF bl. 462 par. 1–bl. 466 par. 2)

Nr. 2: Markus 3:1-15

Nr. 3: ’n Opstanding—Waar? (kl-AF bl. 88-9 par. 19-22)

Nr. 4: Herodes Agrippa I—Tema: Huigelary en trots lei tot die dood

2 Jun. Skrifgedeelte: Markus 5 en 6

Lied 42

Nr. 1: Onderrig met lewe in die vooruitsig (jv-AF bl. 466 par. 3–bl.470 par.2)

Nr. 2: Markus 5:21-24, 35-43

Nr. 3: God se Koninkryk en die doel daarvan (kl-AF bl. 90-1 par. 1-5)

Nr. 4: Herodes Agrippa II—Tema: Meer as intellektuele nuuskierigheid is nodig om God se guns te verkry

9 Jun. Skrifgedeelte: Markus 7 en 8

Lied 33

Nr. 1: Die predikingswerk op die eilande van die Stille Oseaan ten spyte van teenstand (jv-AF bl. 470 par. 3–bl. 474 par. 4)

Nr. 2: Markus 7:24-37

Nr. 3: God se Koninkryk is ’n regering (kl-AF bl. 91-2 par. 6-7)

Nr. 4: Herodes Filippus en Filippus die tetrarg—Tema: Familie-intrige en wêreldse status is nietigheid

16 Jun. Skrifgedeelte: Markus 9 en 10

Lied 111

Nr. 1: ’n Groot rivier van waarheid vloei in Afrika (jv-AF bl. 475 par. 1–bl. 480 par. 6)

Nr. 2: Markus 9:14-29

Nr. 3: Hoe ons weet dat God se Koninkryk ’n werklikheid is (kl-AF bl. 92-3 par. 8-11)

Nr. 4: Herodias—Tema: Die dwaasheid daarvan om vernaamheid na te streef

23 Jun. Skrifgedeelte: Markus 11 en 12

Lied 119

Nr. 1: Die ware skape word geïdentifiseer (jv-AF bl. 481 par. 1–bl. 484 par. 4)

Nr. 2: Markus 11:12-25

Nr. 3: Waarom God se Koninkryk die mensdom se enigste hoop is (kl-AF bl. 94-5 par. 12-13)

Nr. 4: Hiskia (koning van Juda)—Tema: Geloof en ywer is nie oorerflik nie

30 Jun. Skrifgedeelte: Markus 13 en 14

Lied 127

Nr. 1: Nog werkers neem deel aan die oes (jv-AF bl. 484 par. 5–bl. 488 par. 1)

Nr. 2: Markus 14:12-26

Nr. 3: Waarom Jesus nie onmiddellik ná sy hemelvaart begin heers het nie (kl-AF bl. 95-6 par. 14-15)

Nr. 4: Hiram (koning van Tirus)—Tema: Dit kan voordelig wees om vriendelike bure te hê

7 Jul. Skrifgedeelte: Markus 15 en 16

Lied 187

Nr. 1: Markus—Waarom nuttig (si-AF bl. 186 par. 31 -3)

Nr. 2: Markus 15:16-32

Nr. 3: Wanneer het die vasgestelde tye van die nasies begin en geëindig? (kl-AF bl. 96-7 par. 16-18)

Nr. 4: Hobab—Tema: Neem ’n besluit om Jehovah te dien

14 Jul. Skrifgedeelte: Lukas 1

Lied 189

Nr. 1: Inleiding tot Lukas (si-AF bl. 187-8 par. 1-9)

Nr. 2: Lukas 1:5-17

Nr. 3: Dit is nóú die laaste dae (kl-AF bl. 98-9 par. 1-4)

Nr. 4: Hofni—Tema: ’n Bevoorregte posisie gee ’n mens nie die reg om goddeloos op te tree nie

21 Jul. Skrifgedeelte: Lukas 2 en 3

Lied 195

Nr. 1: Nog lowers van Jehovah in die Ooste en Europa (jv-AF bl. 488 par. 2–bl. 495 par. 2)

Nr. 2: Lukas 2:1-14

Nr. 3: Wat is party kenmerke van die laaste dae? (kl-AF bl. 99-103 par. 5-7)

Nr. 4: Hulda—Tema: Jehovah het ’n onverskrokke profetes geïnspireer

28 Jul. Skrifgedeelte: Lukas 4 en 5

Lied 156

Nr. 1: Hoe meer mense met die goeie nuus bereik is (jv-AF bl. 495 par. 3–bl. 500 par. 4; kan die opsomming op bl. 501 insluit)

Nr. 2: Lukas 4:31-44

Nr. 3: Verdorwe mensegedrag is vir die laaste dae voorspel (kl-AF bl. 103-4 par. 8-12)

Nr. 4: Husai—Tema: ’n Lojale vriend bly nie stil nie

4 Aug. Skrifgedeelte: Lukas 6 en 7

Lied 201

Nr. 1: Groot byeenkomste en Christelike gedrag lewer ’n getuienis (jv-AF bl. 502 par. 1–bl. 507 par. 4)

Nr. 2: Lukas 6:37-49

Nr. 3: Twee unieke kenmerke van die laaste dae (kl-AF bl. 105 par. 13-14)

Nr. 4: Himeneus—Tema: Pas op vir afvalliges!

11 Aug. Skrifgedeelte: Lukas 8 en 9

Lied 143

Nr. 1: Die lande is wit vir die oes (jv-AF bl. 508 par. 1–bl. 513 par. 1)

Nr. 2: Lukas 9:23-36

Nr. 3: Reageer op die bewyse dat dit nóú die laaste dae is (kl-AF bl. 106-7 par. 15-17)

Nr. 4: Isak—Tema: Gehoorsaamheid openbaar die mate van geloof

18 Aug. Skrifgedeelte: Lukas 10 en 11

Lied 34

Nr. 1: Getuig vir mense waar en wanneer dit ook al moontlik is (jv-AF bl. 513 par. 2–bl. 517 par. 2)

Nr. 2: Lukas 11:37-51

Nr. 3: Bose geeste bestaan wel! (kl-AF bl. 108 par. 1-3)

Nr. 4: Jesaja—Tema: Kweek ’n gesindheid van “stuur my” aan

25 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Matteus 26-28; Mr 1-16 tot Lukas 11

Lied 155

1 Sept. Skrifgedeelte: Lukas 12 en 13

Lied 123

Nr. 1: Jehovah bespoedig die werk (jv-AF bl. 517 par. 3–bl. 520 par. 1; kan die opsomming op bl. 520 insluit)

Nr. 2: Lukas 13:1-17

Nr. 3: Bose engele skaar hulle aan Satan se kant (kl-AF bl. 109 par. 4-5)

Nr. 4: Isboset—Tema: ’n Bang maar regverdige man

8 Sept. Skrifgedeelte: Lukas 14 tot 16

Lied 29

Nr. 1: Ywerige sendelinge en die rol van die Gileadskool (jv-AF bl. 521 par. 1–bl. 524 par. 3)

Nr. 2: Lukas 14:1-14

Nr. 3: Verwerp alle vorme van spiritisme (kl-AF bl. 111 par. 6-8)

Nr. 4: Ismael (seun van Abraham)—Tema: Geseën deur God, maar nie as Abraham se erfgenaam nie

15 Sept. Skrifgedeelte: Lukas 17 en 18

Lied 131

Nr. 1: Hoe Gileadsendelinge anders was (jv-AF bl. 525 par. 1–bl. 531 par. 4)

Nr. 2: Lukas 17:22-37

Nr. 3: Waarom die Bybel spiritisme veroordeel (kl-AF bl. 112-13 par. 9-11)

Nr. 4: Ittai—Tema: Wees lojaal teenoor diegene wat die leiding neem

22 Sept. Skrifgedeelte: Lukas 19 en 20

Lied 204

Nr. 1: ’n Nuwe taal word geleer en nuwe velde word geopen (jv-AF bl. 532 par. 1-bl. 537 par. 2)

Nr. 2: Lukas 19:11-27

Nr. 3: Die Bybel toon hoe bose geeste te werk gaan (kl-AF bl. 113-14 par. 12-13)

Nr. 4: Jakob (seun van Isak)—Tema: Wees onberispelik en streef geestelike doelwitte na

29 Sept. Skrifgedeelte: Lukas 21 en 22

Lied 86

Nr. 1: Hoe die liefde en ywer van sendelinge die Koninkrykswerk bevorder het (kl-AF bl. 537 par. 3–bl. 541 par. 3)

Nr. 2: Lukas 22:24-38

Nr. 3: Hoe om bose geeste te weerstaan (kl-AF bl. 114-15 par. 14-15)

Nr. 4: Jael—Tema: Moedige en besliste optrede het profesie vervul

6 Okt. Skrifgedeelte: Lukas 23 en 24

Lied 218

Nr. 1: Lukas—Waarom nuttig (si-AF bl. 192-3 par. 30-5)

Nr. 2: Lukas 23:32-49

Nr. 3: Hoe om jou geloof te versterk (kl-AF bl. 115-16 par. 16-17)

Nr. 4: Jaïrus—Tema: Beoefen geloof in Jesus Christus

13 Okt. Skrifgedeelte: Johannes 1 tot 3

Lied 31

Nr. 1: Inleiding tot Johannes (si-AF bl. 193-5 par. 1-9)

Nr. 2: Johannes 1:19-34

Nr. 3: Volhard in jou stryd teen bose geeste (kl-AF bl. 116-17 par. 18-20)

Nr. 4: Jakobus (seun van Sebedeus)—Tema: Wees ’n ywerige navolger van Christus

20 Okt. Skrifgedeelte: Johannes 4 en 5

Lied 10

Nr. 1: Toegerus om Jehovah ondanks teenstand te dien (jv-AF bl. 541 par. 4–bl. 546 par. 6)

Nr. 2: Johannes 4:39-54

Nr. 3: ’n Godvrugtige lewenswyse bring geluk mee (kl-AF bl. 118-19 par. 1-4)

Nr. 4: Jakobus (seun van Josef en Maria)—Tema: Moet nooit moed opgee met familielede nie

27 Okt. Skrifgedeelte: Johannes 6 en 7

Lied 150

Nr. 1: Die krag agter die goeie nuus (jv-AF bl. 547 par. 1–bl. 551 par. 1)

Nr. 2: Johannes 6:52-71

Nr. 3: Eerlikheid lei tot geluk (kl-AF bl. 119-20 par. 5-6)

Nr. 4: Jafet—Tema: Eerbiedige optrede bring seëninge mee

3 Nov. Skrifgedeelte: Johannes 8 en 9

Lied 121

Nr. 1: ‘Ontoeganklike gebiede’ word met die goeie nuus bereik (jv-AF bl. 551 par. 2–bl. 553 par. 4)

Nr. 2: Johannes 9:18-34

Nr. 3: Vrygewigheid bring geluk mee (kl-AF bl. 120 par. 7-8)

Nr. 4: Jedutun (’n Levitiese musikant)—Tema: Loof Jehovah met musiek

10 Nov. Skrifgedeelte: Johannes 10 en 11

Lied 162

Nr. 1: Die goeie nuus word in die openbaar en van huis tot huis verkondig (jv-AF bl. 556 par. 1–bl. 560 par. 3)

Nr. 2: Johannes 10:22-39

Nr. 3: Bewaar jou denkvermoë en vermy wat sleg is (kl-AF bl. 121-2 par. 9-10)

Nr. 4: Joas (koning van Juda)—Tema: Respekteer al Jehovah se getroue dienaars

17 Nov. Skrifgedeelte: Johannes 12 en 13

Lied 200

Nr. 1: Hoe die verantwoordelikheid om te getuig, nagekom is (jv-AF bl. 561 par. 1–bl. 565 par. 2)

Nr. 2: Johannes 12:1-16

Nr. 3: Getrouheid aan ’n mens se huweliksmaat bring geluk in die huwelik mee (kl-AF bl. 122-3 par. 11-13)

Nr. 4: Joas (koning van Israel)—Tema: Jehovah keur nie halfhartigheid goed nie

24 Nov. Skrifgedeelte: Johannes 14 tot 16

Lied3

Nr. 1: Getuieniswerk in openbare plekke en opleiding sodat elkeen van sy geloof rekenskap kan gee (jv-AF bl. 565 par. 3–bl. 570 par. 2)

Nr. 2: Johannes 16:1-16

Nr. 3: Wees geen deel van die wêreld nie (kl-AF bl. 123-5 par. 14-15)

Nr. 4: Jojagin—Tema: Jehovah se woord faal nooit nie

1 Des. Skrifgedeelte: Johannes 17 en 18

Lied 96

Nr. 1: ’n Kenmerk van God se ware Getuies (jv-AF bl. 570 par. 3–bl. 574 par. 4)

Nr. 2: Johannes 18:1-14

Nr. 3: Waarom ware Christene nie Kersfees of verjaarsdae vier nie (kl-AF bl. 126 par. 16-17)

Nr. 4: Jojada (hoëpriester)—Tema: Bevorder ware aanbidding met wysheid en moed

8 Des. Skrifgedeelte: Johannes 19 tot 21

Lied 87

Nr. 1: Johannes—Waarom nuttig (si-AF bl. 198-9 par. 30-5)

Nr. 2: Johannes 19:25-37

Nr. 3: Hou aan om Christus se dood te herdenk (kl-AF bl. 127 par. 18)

Nr. 4: Jojakim—Tema: Niks kan verhinder dat God se woord vervul word nie

15 Des. Skrifgedeelte: Handelinge 1 tot 3

Lied 55

Nr. 1: Inleiding tot Handelinge (si-AF bl. 199-200 par. 1-8)

Nr. 2: Handelinge 1:1-14

Nr. 3: Hoe Bybelbeginsels op werk en ontspanning van toepassing is (kl-AF bl. 127-8 par. 19-20)

Nr. 4: Jonadab (seun van Regab)—Tema: Gee lojale ondersteuning aan diegene wat die leiding neem in die aanbidding van Jehovah

22 Des. Skrifgedeelte: Handelinge 4 tot 6

Lied 2

Nr. 1: Die vervaardiging van Bybellektuur vir gebruik in die bediening (jv-AF bl. 575 par. 1–bl. 579 par. 3)

Nr. 2: Handelinge 5:27-42

Nr. 3: Toon respek vir lewe en bloed (kl-AF bl. 128-9 par. 21-3)

Nr. 4: Joram (seun van Agab)—Tema: Ongelowige mense kan nie God se seën verwag nie

29 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Lukas 12-24; Joh 1-21 tot Handelinge 6

Lied 177

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel