Vraebus
◼ Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons briewe skryf aan huisbewoners wat ons nie tuis kon vind nie?
Weens verskeie redes raak dit vir ons al hoe moeiliker om met mense in aanraking te kom wanneer ons hulle tuis besoek. Party verkondigers het gevind dat briefskrywery ’n praktiese manier is om hulle te bereik. Hoewel dit goeie resultate kan oplewer, is dit nodig om op ’n paar herinneringe te let wat ons kan help om sekere probleme te vermy:
Moenie die Genootskap se terugsendadres gebruik nie. Dit sou verkeerdelik aandui dat die brief van ons kantoor gestuur is, wat onnodige probleme en soms ekstra uitgawes teweegbring.
Maak seker dat jy die regte adres en voldoende posseëls op het.
Moenie die brief aan “Die inwoner” rig nie; gebruik ’n spesifieke naam.
Moenie briewe in die deur los wanneer niemand tuis is nie.
Kort briewe is die beste. Sluit eerder ’n traktaat of ’n tydskrif by die koevert in as om ’n lang boodskap te probeer skryf.
Getikte briewe is baie makliker om te lees en skep ’n gunstiger indruk.
Briewe word nie as herbesoeke beskou tensy jy voorheen persoonlik vir die individu getuig het nie.
As jy aan iemand skryf wat in die verlede belangstelling getoon het, moet jy ’n adres of telefoonnommer voorsien sodat die persoon met jou in aanraking kan kom. Verduidelik ons Bybelstudieprogram.
Nooi die persoon na die vergaderinge van die plaaslike gemeente. Verskaf die adres en vergaderingtye.
Moenie aanhou om briewe aan mense te stuur wat nie tuis was nadat jy die gebiedskaart teruggegee het nie; die verkondiger wat nou die gebied het, is daarvoor verantwoordelik dat dit gedek word.